09 January 2008

Ons nuwe huisie

‘n Mens hoor altyd dat bouwerk so stresvol is. As ‘n mens ‘n kwitasie kry, maal die prys met drie en die tydperk met 4, het ek eenkeer op die Home Channel gehoor. Nou het ek dit ook ervaar.

Toe ek en Suné een Sondag in April 2007 gaan skouhuise kyk kom ons toe af op die nuwe ontwikkeling, Quaggas Rust. Oulike ontwikkeling so tussen duur plotte uit op die Haldonweg pad. Net agter die gewilde Langenhovenpark woonbuurt. Dinge is oorvol daar en daar kan nie meer te veel gebou word daar nie. Dinge moet wegbeweeg van daar af. Die prys van die 3 slaapkamer is wat 2 slaapkamers kos in Langenhovenpark. Dit is toe mooi in die helfte tussen die varsity en Sune se skool. Sune is toe in die wolke met die plekkies en ons neem toe een.

Bouwerk sal September rond begin. Die eenheid wat ons gevat het, bouplan A, was in die laaste fase en sal April 2008 klaar wees. Toe het die bouery begin met al die plan B’s. Ons was elke Sondag daar om die vordering te aanskou en te inspekteer. Toe hulle die eerste A gebou het sien ons toe dat ons baie meer hou van die B. Gelukkig kan ons toe ruil. Maar na die eerste fase toe, wat die 1ste Desember sou klaar wees. Mooi, dan kan ons sommer na die honeymoon intrek.
Ons kon nie die spoed glo waarmee die mense bou nie. 5 weke voor die tyd het ons nog net fondasies gehad. ‘n Week later het die plek ‘n dak op. Toe kom die tyd dat ons teels, kaste en matte moet kies. Toe kom dit uit dat die bouers dink ons trek eers einde Januarie 2008 in en die agent het vir ons gesê ons huis sal reg wees 15 Desember, nadat die datum geskuif is van 1 Desember af. Toe se die ooms hulle sal hulle bes probeer om klaar te maak, en dat hulle ons dievolgende week sal laat weet hoe hulle vorder. Gelukkig was daar nie verdere bou onderbrekings nie, en kon ons die 15de Desember intrek. So 3 dae voor ons trek toe gaan kyk ons hoe die finishing touches vorder. Toe deel die bouer ons weer mee dat daar nog nie krag by die kompleks is nie. Alhoewel die ontwikkelaar al in Julie die deposito betaal het, het die munisipaliteit nog nooit die nodige drade gelê en bokse opgesit nie. Maar daar sal Vrydag as ons intrek krag wees. Mooi. Vrydag begin om die bokse oor te trek. Toe se die elektrisiën vir ons dat dit nog ‘n week gaan vat om krag te kry.


Wat moet ons doen? Als is gereël om die volgende dag die meubels te trek. Phillip se pa bring spesiaal dit trok ding van Welkom af, en die ouers is al amper oppad Bloem toe. Ons moet maar trek. Saterdag met al die hande is die meubels sommer vinnig op hulle plek. Wat gaan ons doen as die son sak. Ons het ‘n yskas en die tv by die ou huis gelos. Sl maar daar gaan kosmaak. Na die eerste aand in die verlate kompleks het ek sommer besluit om nie weer daar te slaap voor ons nie diefwering op het nie. Die volgende week maar so tussen die twee huise gelewe. Die dag toe ons ry vir Kersfees na die outlaws toe het ons darem krag gekry.

Met ons terugkeer na Nuwejaar is die diefwering opgesit en begin dit elke dag meer en meer voel soos ons huisie. Dit is maar klein maar alles het darem ‘n plekkie om te staan. Watch this space. Oor ‘n paar weke as ons afdakke op is, en ons muur wat darem al uitgemerk is op is, sal ek van
die eindproduk nog ‘n paar foto’s stuur.






Vir nog ‘n paar weke moet ons maar vasbyt met al die stof om ons en die modder en grond wat in die huis ingetrap word. Hoop dat julle gou by ons sal kom kuier!!!

2 comments:

Stefan said...

Mila, ek dink die huise lyk baie nice. Sal kom dak natmaak. Ek sien daar lê nog baie tuinmaak werk vir jou voor. Ek reken vir jou verjaardag moet almal maar vir jou plante koop. Die plek sal vinnig soos julle huis begin voel en kort voor lank is daar nie 'n lekkerder plek om te wees as in jou eie huis nie. Mag julle baie gelukkige herhinderinge daar skep.

S.W. said...

My boet,

Maar jy gaan moet tuinmaak laat dit spat daar! Lyk darem nie of daar klippe (of jong rotse) is soos ons ou plek in Pietersburg nie. 50 sakke klippe daar uitgehaal...

Ons het nou amptelik nog 'n afslaanplek gekry vir as ons in die Republiek is. Nou moet ons net begin werk aan jou keuse van rugbyspan en dan is alles sommer klopdisselboom.