07 January 2008

ATTIE SE PYNGEDAGTES: "N NUWE BEGIN"


Die begin van elke jaar word deur die meeste Westerse Kulture gesien as ‘n geleentheid om ‘n nuwe blaadjie om te slaan. Die woorde “Nuwe Jaar Voornemens” is die mees bespreekte onderwerp en mense is vinnig om jou mee te deel hoe hul van plan is om hul nuwe jaar die begin te maak van vele veranderinge. Daar word dus gewag met groot opgewondenheid om van die “OU JAAR” afskeid te neem. Die mens maak dit 'n belangrike gebeurtenis wanneer daar afskeid geneem word van die ou jaar. Daar word onder andere vir ou laas na die laaste sonsondergang van die vorige jaar gekyk (dit is wat ek gedoen het vir 2007), die duur sjampanje word oopgemaak en of die jaar wat op sy rug lê word in oënskou geneem en beoordeel. Die aanbreek van die nuwe word dus op verskillende maniere gedoen, maar in effek kom dit daarop neer dat almal op ‘n manier hulself oortuig dat dit die einde is van ‘n tydperk en dat die nuwe jaar ‘n nuwe begin is.

As enige mens egter hierdie totale simboliek in oënskou neem, dan sal jy agter kom dat die verandering vanaf die ou na die nuwe neem slegs 59 sekondes. Tog beteken daardie selfoortuiging vir die mens baie en het dit al vele se lewens verander of dit goed en of sleg was. Die teenoorgestelde is egter ook ‘n realiteit dat dit soms ook geen effek op sommige se lewens het nie en vind vele hulself aan die einde van elke jaar weer in ‘n situasie waar hul nuwe jaar voornemens maak net om agter te kom dat dit maar in effek dieselfde voornemens is wat die vorige jaar ten doel gestel was.

Daar is egter nie regtig ‘n nuwe begin van ‘n jaar nie. Dit is maar slegs die begin van iets volgens ‘n idée wat deur die mens daar gestel is. Daar is wel ‘n akademiese einde aan die jaar, maar nie ‘n fisiese en natuurlike einde aan die jaar nie. Inteendeel is daar geen einde nie. Die natuur en ons bestaan as mens is nie afhanklik van wanneer die jaar eindig en of begin nie. Koms ons kyk wat leer die geskiedenis ons?

Die meeste Westerse kulture vier die nuwe jaar volgens die “Gregorian” kalender. Hiervolgens is die nuwe jaar inderdaad op die 1ste Januarie van elke jaar. Gedurende die middeleeue het die meeste Europese lande egter van die “Julian” kalender gebruik gemaak en die nuwe jaar op die 25ste Maart gevier. Die dag was genoem: “Annunciation Day” en gevier as die geleentheid waarop Maria in kennis gestel is dat sy geboorte sou skenk aan Jesus. Die “Gregorian” kalender is in 1582 in werking gestel en met die instelling het die meeste Rooms Katolieke lande nuwe jaar aanvaar as die 1ste Januarie.

Die begin van die nuwe jaar word ook deur sekere gelowe en kulture op ander dae gevier. So word die Joodse nuwe jaar gevier gedurende September en die Chinese nuwe jaar gedurende Februarie/Maart. Dit is dus duidelik dat nie regtig ‘n begin is waar ons kan sê maar vandag is die begin van ‘n nuwe jaar en sodoende baie ander gebeurtenisse in ons lewens nie.

Met bogenoemde in gedagte kan die volgende lewenstyl dus met gemaak deel wees van ons as mens: ‘n Begin is elke dag. Alles wat jy al ooit wou doen, wat jy al ooit gedroom het, waarheen jy nog ooit wou gaan, wie jy nog wou sien, jou droomhuis ag en vele ander dinge. Al hierdie drome is binne jou bereik. Die oplossing is egter nie om daaraan te begin werk op die eerste dag van elke nuwe jaar nie, maar gedurig en jouself gedurig bewus te maak van waarheen jy oppad is. Eugene F. Ware se woorde: “All glory comes from daring to begin” slaan die spyker op die kop deurdat die grootste uitdaging vir sukses is om met daardie droom of enige taak te begin. Hierdie nuwe begin moet nie net elke begin van elke jaar wees nie, maar so gereeld as moontlik. Jy moet jouself gedurig herinner daaraan dat ek is besig met ‘n nuwe begin.

Jy moet dus wees soos Meister Eckhart wat sê: “Be willing to be a beginner every single morning”. As jy dit doen dan het jy ‘n sekere gevoel van opgewondenheid. Jy sien uit na die dag, want ‘n nuwe begin gee jou altyd nuwe krag. Dit is soos ‘n nuwe werk wat jou daardie kriewel gevoel van opgewondenheid gee, want jy sien uit na die nuwe uitdagings wat vir jou wag.

Die moelikste stap is egter om daardie eerste stap te gee. Dinge lyk soms moeilik in die begin, maar dit is altyd die aanvanklike gevoel. Die belangrikste is dat jy nie terugval nie. Jy moet jouself net gedurig oortuig dat dit maar nog die begin is. Ons moet dus poog om weg te bly van wat kon gewees het en waar ons wou gewees het, maar moet ons liewer elke dag benader en onsself oortuig dat as ek die beste uit vandag maak dan kan ek dalk steeds opeindig waar ek nog altyd wou wees.

Almal moet dus prober om elke dag aan te pak met die leuse van Dan Custer in hul gedagte:

“Every morning is a fresh beginning. Every day is the world made new. Today is a new day. Today is my world made new! I have lived all my life up to this moment, to come to this day. This moment--this day--is as good as any moment in all eternity. I shall make of this day--each moment of this day--a heaven on earth. This is my day of opportunity.”

Die meeste bekende mense wat ons vandag ken het hierdie beginsel deelgemaak van hul woordeskat en gedagtegang en het hul alles uit die lewe gekry wat hulle wou hê.
Martin Luther King Jr. het onder andere gesê:
“Take the first step in faith. You don't have to see the whole staircase, just take the first step.”
Robyn Davidson se woorde:
“The two important things I did learn were that you are as powerful and strong as you allow yourself to be, and that the most difficult part of any endeavor is taking the first step, making the first decision.”
Joe Sabah bevestig die gedagte deur te sê dat:
“You don't have to be great to start, but you have to start to be great.”
So Boede ter opsomming van hierdie pyngedagte wil ek dus die Boedies ‘n wonderlike en fantastiese 2008 toewens. Al julle drome en doelwitte sal waar word. Alles wat ons nog altyd wou doen of bereik of wil wees is binne onsself. Ons moet slegs die beginsels hierbo toepas en die wêreld sal vir ons ‘n nuwe plek wees.

As ons wel nuwe jaar resolusies het, laat dit dan wees om elke dag ‘n nuwe begin te maak. Om te besef dat elke dag is ‘n geleentheid om te wees wat jy nog altyd wou wees.

Adrian Montzinger

2 comments:

Stefan said...

Attie, voorspoedige nuwejaar vir jou ook. Ek like jou post. Ek reken mens leef teveel vir die toekoms en vergeet van vandag. Ek stem saam dat elke oomblik so goed is soos enige ander in die toekoms. My wens vir die Boedies is dat hulle minder bekommerd sal wees oor die toekoms en meer in die hede sal lewe. Vat die lewe eendag op 'n slag!

Anonymous said...

Attie, jy's baie filoslofies. maar ek is seker jy weet waarvan jy praat....


Kom ek gee jou 'n paar dingetjies om te onthou.

Die lewe is kort. Maak tyd om lief te hê. Kyk na die reën. Blaai deur foto albums. Lag oor gister, droom van môre en lewe vir elke dag.

Breek die reëls en vergewe dadelik. Lag onbeheersd en moenie spyt wees oor dit wat jou laat glimlag. Sluit die agterdeur van 'n seerkry verlede en sluit 'n nuwe voordeur oop vir 'n gelukkige 2008. Wy