30 July 2007

Sterkte in London!!

Toe ek die twee van hulle so langs die braaier sien Saterdagaand het ek besef dat dit 'n baie langtyd gaan wees voor Mila en Schalk weer so sal staan en braai en kuier, want hierdie is die laaste braai wat ek en Mila saam met Schalk sal hê voor hy, Elzna en Will London toe gaan. Ek gaan die vinnige kuiertjies mis en die kere wat jy van Potch af gekom het en gou gestop het vir koffie. Ek het jou al gesê ek wil nie hê jy moet gaan nie, maar dat ek dit sê vir selfsugtige redes, want ek wil nie hê die kuiers moet opraak nie.
Ons gaan julle mis, dis verseker. Ek kry 'n knop in my keel hier waar ek sit en tik. Jy's, soos Mila gesê het, 'n broer vir ons, een met wie mens kan praat oor die dinge in die lewe. Een waarvoor mens kan raad vra, verby wie mens idees kan hardloop en weet jy gaan 'n eerlike opinie kry. Ek gaan jou mis Schalk, ek gaan die kuiers mis en die bier by News Cafe en ons gaan jou veral mis as die Boedies kuier en julle nie daar kan wees nie. Ons gaan julle mis, maar die Boedies weet hoekom jy die besluit geneem het en ons weet dit was nie 'n vinnige besluit nie. Ons het saam met jou geredeneer oor London en so ons verstaan jou redes. Daarom bid ons dat die Here julle sal sëen, dat hy julle sal lei en dat julle drome in London sal waar word. Mag julle 'n suksesvolle en gelukkige tyd daar deurbing en mag julle elke oomblik daarvan geniet.
Eending kan jy verseker weet, die Boedies is en sal altyd 100% agter julle staan. Sterkte in London, Boet!


Boedies voor met Currie Beker Superbru.


Die spanning raak net al groter in die Currie Beker Superbru kompetisie, veral na die Boedies die naweek 'n goeie vertoning gelewer het wat hulle voor geplaas het in vanjaar se kompetisie. Meeste van die Boedies het "Grand Slam" punte gekry en 'n paar goeie voorspellings het hulle die nodige hupstoot gegee om die voortou the neem.

Die drama loop hoog en groot druk heers nou op die Boedies om hulle nuutgewone eersteplek te behou. Kyk volgende week om te sien of die manne die naweek hulle voorsprong kon behou.

26 July 2007

Jagfoto neem critici op hol

Die Boedies het in Julie gaan jag. Soos dit enige aspirant fotograaf betaam, was veral twee van die Boedies gereeld soek na die volgende fotogeleentheid.

Een van die geleenthede het hom voorgedoen nadat ons almal so paar skote geskiet het om weer gewoond te raak aan die geweer. Dit is altyd nodig voor die grootwildjagters die bos vat.

Hier is die foto:



Ons het 'n gerespekteerde fotokenner en fotonemer van formaat gevra om sy opinie uit te spreek oor wat hy in die bostaande foto alles kan waarneem. Sy naam kan ongelukkig nie hier bekend gemaak word nie uit vrees vir 'n vloedgolf van versoeke wat defnitief na sy kant toe sal kom na die onderstaande woorde.

Hier volg sy weldeurdagte, goed bewoorde antwoord:

Mooi abstrakte tipe skoot met 'n storie. Ek hou daarvan. Tegnies? Sy diepte van veld is ietwat uit, aangesien die voorste dop effens "sag" is. Ek hou van sy komposisie - begin in 'n sterk hoek, links onder en lei die oog in die foto in na regs bo (mense lees oor die algemeen van links na regs). Ek hou ook van die lang skaduwees en die tekstuur op die tafel. Na my mening 'n geslaagde foto!

Mooi so manne, hou aan met die goeie werk!

24 July 2007

Boedies eindig derde in internasionale 3 Nasies Superbru.


Ek het vroeër berig dat die Boedies kookwater spel lewer in die 3 Nasies Superbru kompetisie by http://www.superbru.com/ en die afgelope naweek was dit dan ook die finaal van die 3 Nasies. Al het die Springbokke nie met di beker weggeloop nie, het dit nie die Boedies gekeer om skitterend te eindig met 'n globale derde plek nie. Om derde te eindig in 'n kompetisie waaraan daar 1041 spanne deelgeneem het is voorwaar eerste klas.

Tans is die Boedies juis hard besig om mekaar die stryd aan te sê in die Currie Beker Superbru kompetisie. Intern is dit 'n vuurwarm stryd wat gelei word deur Skalla met 22.5, gevolg deur Mila wat staan op 20.5. Kort op hulle hakke is Stella met 18.5 punte in die sakkie en hard aan die werk Attie 16 punte. As ek my somme reg pomp dan is die verskil tussen die voorloper en die agter os op die oomblik 'n noue 6.5 punte en enige iets is nog moontlik. Deelnemers kry 1 punt as hulle kan raai watter spen 'n wedstryd wen, 0.5 punte as hulle binne 5 punte van die telling kan raai en die deelnemer wat die naaste aan reg is loop weg met die bonus punt. Daar is ook "Grand Slam Punte" wat 1 punt ekstra is vir spelers wat al die spanne wat gaan wen oor 'n naweek reg raai.


Buiten vir die interne stryd is daar dan ook die globale stryd wat die Boedies as span teen die res van die wêreld se spanne speel en verbasend goed vaar. Huidiglik beset die Boedies die 4de plek op die Currie Beker Superbru ranglys waar hulle teen 724 ander spanne kompiteer. Die spanning neem toe soos wat die Currie Beker kompetisie al nader aan die finaal kom en ons kan maar net wag en sien wat die Boedies met die een sal maak.

23 July 2007

Plaas


Hou jou asem op. Geweer styf teen die skouer. Kry die kruis op die teiken, squeeze die sneller en kyk nogsteeds deur die teleskoop of die kudu val. Ek is so op my senuwees. Ek kan nie weer mis nie. Dit is dieselfde gevoel voor ‘n groot rugby of krieket game. Dis lekker senuwees. Die grotes was vanoggend so tussen hierdie vier lande, so ons kanse om hulle weer hier te kry is nogal goed. Daar is net ‘n klomp ooie voor in die pad en ‘n paar kleintjies. Is Stefan se gevoel reg dat ons nie weer die bul gaan sien nie?

SW was die eerste wat hom gesien het. Die kudu het ons ook gesien en hardloop ‘n paar tree agter ‘n bos in. Ek haal oor en maak gereed. Ek soek hom in die teleskoop. Skielik is al die senuwees weg, en al wat ek op fokus is om hom plat te trek. Ek sien net sy horings uitsteek agter die bos. Stefan se as ek kan uitfigure waar sy kop is, moet ek hom klits. Die kudu kyk toe vir ‘n oomblik agtertoe. Toe kon ek vir die eerste keer sien hoe groot hy is. Daar waar sy horings in die bos bymekaarkom word my teiken. Asem op, geweer stil, target locked ……..fire! Ek het vergeet om aan te hou kyk deur die teleskoop, maar SW sê ek het hom. Ek hoop net nie ek het hom gekwes nie, die son sit al laag. Stefan is eerste by hom. Wat ‘n gevoel! Soos om die All Blacks te wen met ‘n strafskop wat jy uit die hoek van die veld af oorskop.

Vir baie mense sou dit die hoogtepunt van die naweek gewees het om ‘n trofee op 120m uit die vuis ‘n kopskoot te gee. Vir my, net ‘n bonus.

Waaroor die naweek vir my gaan is om saam met die boedies te kuier. Te hoor hoe dit rerig gaan met al die lief en leed, wat rerig in hulle harte aangaan. Om te sien hoe groot die pense geword het van laaskeer se kuier af. Om ook vir hulle te se wat rerig in my hart aangaan. Waaroor ek opgewonde is en waarvoor ek ook bang is, en jy weet wat gesê word bly op die plaas. Hierdie is ouens wie se opinie saakmaak. Jy wil weet wat hulle dink en voel oor ‘n saak. Yster slyp yster.

Ons gaan jou mis, SW! Alles van die beste in London. Mag jou drome vir jou, Elzna en Will oortef word. Mag jy alles kry waarna jy soek.

Verstaan maar asseblief as ek hartseer is, en selfs ‘n traan stort. Ek is ‘n enigste kind, en ag julle almal as broers. So, dit is ontsettend sleg dat jy moet gaan. Die Boedie naweke gaan nie dieselfde wees sonder jou nie!

Boedies forever!

12 July 2007

Boedies kook in SuperBru internasionaal.


Soos julle teen die tyd weet is die Boedies groot rugby ondersteuners. Soos dit 'n opregte Suid Afrikaner betaam ondersteun die Boedies rugby, bier, biltong, brannas met eish, braaivleis, Afrikaanse girls soos Tanya Van Graan, Minki Van Der Westhuizen, Charlize Theron en Mrs.Balls en lekker Afrikaanse musiek soos John West en De La Rey. Daarom kan Die Boedies ook nie anders as om dik die donner in te wees na ons gehoor het dat daar selfs net gedink word daaraan om die Springbok embleem weg te vat, maar dis nie hoekom ek skryf nie.



Ek wil eerder die Boedies geluk wens met hulle skitterende vertoning to dusvêr in die Investec Superbru Tri-Nations kompetisie. Uit 'n totaal van 1036 spanne wat deelneem aan die kompetisie van dwars oor die wêreld beset die Boedies op die oomblik die 6de posisie. Net weereens bewys dat die Boedies wêreldklas rugby ondersteuners is. Ek het nie nou die huidige punte stand nie maar glo my die Boedies doen ewe goed in die ondersteuning van die ander bogenoemde Suid Afrikaanse tradisies.



03 July 2007

DIE VOLGENDE STAP

Wel dit was 'n tipiese Engelse dag. Druppels water oral waar jy kyk. Die lug was gevul met donkerwolke en ek wou sug van teleurstelling want alles het daarop gedui dat die 29ste Junie 2007 'n donker, nat dag gaan wees. Julle kan sien hoe is ons aangetrek in die middel van somer.


Ek was egter nie afgesit deur die water nie en het ons maar die langpad aangedurf Cambridge toe. Candice was van niks bewus nie en was sy onder die indruk dat ons maar net 'n bietjie platteland toe gaan. Sy het in elkgeval al aanvaar dat ek nie die ring saamgebring het nie. Haar suster het 'n bottle sjampanje in die piekniekmandjie gepak en weg is ons.


Oppad soontoe het die weer begin saamspeel. Sodra jy die sementreuse van London agterlaat en die platteland binnegaan dan kry jy 'n ander tipe waardering vir hoe mooi dit regtig hier is. En soos die son begin deurbreek het en die heuwels en pragtige groen landskappe begin saamrol het terwyl ons oppad was na ons eindbestemming was die heuwels en pragtige landskappe vir my simbolies aan die pad wat ek en Candice tot nou gestap het. Dit was altyd op en af gewees, moeilik dae, goeie dae, pragtige oomblikke, tye om te vergeet, hartseer en gelukkig, want dit is hoe die lewe is. Dit vat jou deur al sy lesse. Deur dit alles het die pragtige arms van die liefde ons altyd omvou en dus altyd teenwoordig. Dit is tog maar net die liefde wat jou daardie finale stoot gee om jou te veseker dat dit die persoon is met wie jy die res van jou lewe gaan spandeer. Niks anders nie.

Wel ons is toe oppad na ons eindbestemming. Daar aangekom was dit alles wat ek gedink het dit gaan wees. 'n Tipiese historiese Engelse dorpie wat nog vashou aan sy eeu oue tradisies. Die dorpie het 'n romantiese bekoring wat skrik vir niks. Nou stegies, pragtige argitektuur. Mooi rivier, asemrowene parke en baie meer.














Hier het ons 'n boot gehuur en besluit om te, wat die Engelse noem, 'PUNT'. 'n Mooi woord vir roei. Ons het stadig langs die rivier af gepunt. Teen die agtergrond was die pragtige St. Kings Kollege. Die son het mooi saamgespeel en dit was die perfekte oomblik. Ek het begin dink hoe baie Candice vir my beteken en dat ek die res van my lewe net met haar wil spandeer en niemand anders nie.



































Ek het 'n plekkie met bietjie privaatheid gekry, op my knieg in die boot gaan sit en daar op die Cambridge rivier met die Kingston Kollege in die agtergrond en met die pragtige natuur klanke in die agtergrond het ek die vraag gevra. Wel sy het kon dit eers nie glo nie en was werklik verras gewees. Sy het die ja woord gegee en my die gelukkigste man op aarde gemaak.





































Daarna was dit tyd vir die sjampanje en net tyd om die oomblik te geniet en vir ewig in die kamers van ons harte te liasseer.


Ek kan nie wag vir die res van my lewe saam met haar nie.