28 May 2008

MAXIMUS!


Die Montzingers het nog 'n toevoeging tot die gesin gekry. Sy naam is Maximus en hy is 'n bondel vreugde. Hy vereis egter baie aandag en huil baie maklik as jy hom alleen laat. Ek was byvoorbeeld gisteraand vier keer op net om seker te maak hy piepie nie in die huis nie.
Dit is egter 'n goeie voorloper vir wanneer die werklike karakters kom. Hou die spasie dop vir Maximus se avonture.

26 May 2008

Quad Biking in Pretoria!


Ek en Estelle het die naweek saam met een van die ouens by my werk en sy meisie gaan 4 wiel motorfiets ry noord van Pretoria. In die begin was ons maar nog vreemd, want ek het nog nie regtig voorheen met 'n quad gery nie, or eerder nie met 'n 4x4 quad nie. Mens moes die high range, low range en waneer om 2 wiel of 4 wiel dryf te gebruik.




Die plek waar ons gery het is so teen 'n bult en lyk of dit aan niemand behoort nie, want daar was heelwat mense en dis 'n "free for all". Daar is sulke ongeskrewe en ongesproke reëls, soos waar om jou voertuig te stop. Verder kyk almal maar uit dat iemand nie in iemand anders vasry nie.



Die mannetjie op die foto hieronder het so klein wit "helmet" aangehad en op sy bitter klein motorfietsie oor die bulte, wat vir hom soos berge moes lyk, rond gejaag.
Ons het dit baie geniet.

23 May 2008

AVONTURE VAN OSCAR EN TROY!

Soos julle nou al weet is ek en Candice nou al amper 3 maande getroud. Wel een van die eerste
dinge waarmee ons nog altyd wou begin is 'n familie. So ons familie het nou al gegroe na 'n totaal van vier. Is die twee goeitjies nie te oulik nie? Troy is die een met die wit en swart en Oscar is die gemmerige een. Candice het op Oscar besluit en ek het op Troy besluit na aanleiding van een van my gunsteling flieks, natuurlik TROY!











Wel die tweetjies is gemaklik, nadat hulle aanvanklik baie bang was. Nogal lekker om hulle in die huis te he, dit maak die lewe bietjie meer interresant. Ek kan egter al sien hoe ons (regte) kinders eendag bederf gaan word. Die katte kry die volgend voorregte sedert hul ingetrek het:















Spesiale kombers, waarop hulle kan slaap;

Hulle kry verskillende soorte kos: droe en nat kos, met verskillende geure;

Die ander dag kry hulle baie hi -tech sand vir hul sandbank, waarin hulle "veldties" vang;

Hulle word ook gereeld gevat vir "check - ups" met die Veearts.

Royal treatment as jy my vra.
Ek sal later meer skryf oor "Die Avonture van OSCAR en TROY"

15 May 2008

13 May 2008

HOE MEER SUID KAN JY GAAN?

Wat doen jy op ‘n vakansie dag? Wat maak jy met ekstra tyd? Wel dit was die 28ste April 2008 en ons het nie geweet wat om met ons ekstra tyd te doen nie. Ons besluit toe om iets te doen waar beide van ons nog nie was nie. Dit moes verder ook ‘n plek wees wat darem bekend is. Ons besluit toe op die MEES SUIDELIKSTE PUNT IN AFRIKA. Wat ‘n fantastiese idée! Wat kan jou nou meer hoendervleis gee as om op die mees Suidelikste punt van Afrika te staan.



Sewe uur die oggend, sonder ontbyd, val ons in die pad, met elkeen ‘n koffie in sy koffiefles. Die pad is redelik stil en dit lyk asof ‘n lekker rustige dagtrippie gaan beleef. Niks opwindend gebeur nie en die plan was dat ons op ons instinkte gaan reageer, maar dat ons op die einde by die Suidelikste punt van Afrika wil uitkom. Ons sien ‘n bord wat sê Greyton links. Was nog nooit daar nie.Onmiddelik vat ons die pad.

Kom daar aan en dit is die pragtigste stukkie juweel in die Wes-Kaap. Dit is amper weggesteek. Rykmansbuurt egter en moes jy of die lotto gewen het of jou ouers moet in die Parlement wees. Die huise daar is duur, maar mooi. Hierna vat ons die grondpad na die N2, dit was ‘n gesukkel aangesien die corsa nie gemaak is vir die grondpaaie nie.

Uiteindelik bereik ons die N2. Nou is ons al honger. Nog niks geëet nie. Ons besluit om Caledon toe te ry. Ons laat loop, ons mae kan dit meer hou nie, ons moet sou gou moontlik iets eet. Uiteindelik is ons daar Caledon, dankie Vader, maar o wee, geen lekker restaurant nie. Oral waar jy kyk is net silos (e). Ons koop toe net water en laat loop na Bredasdorp. Candice kyk op die kaart en daar is ‘n aanbevole restaurant net buite Bredasdorp. Ons maak toe so, en vind die restaurant. Dit was een van die lekkerste ontbyte wat ek nog gehad het want ek was honger.

Hierna, Cape Agulhas. Die mees suidelikste punt in Afrika. Ons was bietjie teleurgesteld met die fasiliteite daar. Daar was eintlik geen fasiliteite, net klippe en water en ‘n klip wat sê jy is nou by die mees suidelikste punt in Afrika. Daar was wel bietjie opwinding want ‘n groot slang het die pad gekruis terwyl ons oppad was na die mees suidelikste punt in Afrika.

Hierna is ons terug. See kos geëet in Hermanus, en weereens bevestig dat ons nooit daar sal bly nie. Stadig teruggery tot in Stellenbosch. Die pragtige natuurskoon van die Wes-Kaap bewonder en die aand afgesluit met nog ‘n regmerkie dat ons al daar was. Dink nie ons sal weer gaan nie.

12 May 2008

Die Parlotones

Alet hulle het ons Sondag genooi on saam met hulle die Parlotones te gaan kyk by die Barnyard Theatre in Cresta. Die show het 20:00 begin en daar was ‘n groot klomp mense vir ‘n Sondagaand. Voor die Parlotones op die verhoog verskyn het, het daar ‘n band van Engeland, “Scars at 48” gespeel, maar toe die Parlotones opkom, kon mens darem maar die verskil hoor tussen ‘n gemiddelde groep en ‘n professionele band. Mens kan sien dat Kanh Morbee die sanger in die groep wil pop van die kunstigheid en hy lewer ‘n baie energieke vertoning. Dis asof hy hom in al die songs inleef en dit is aansteeklik. Hulle het meestal songs van hulle nuwe album, “A world next door to yours” gespeel en ek hou veral van ‘Giant Mistake’, ‘I’ll be there’ en ‘I’m only human’. Hulle het ook ‘Dragonflies and Astonauts’ gesing, wat baie cool is. Verder hou e kook baie van hulle weergawe van ‘Lisa se klavier’. In die musiekvideo sing hulle egter, ‘…luister vir die naggeluide van Lise se klavier’, wat my grensloos geïrriteer het, maar ek was bly om te hoor dat hulle nou in hulle live shows ‘...luister na die naggeluide…’ sing. Ek is steeds mal oor hulle weergawe.
Elana Afrika het ook ‘n Parlotones hempie aangetrek en saam met almal kom jol. Al is ons vandag baie moeg, oor ons eers so 12:00pm bed toe is, het ons die vertoning baie geniet en die atmosfeer in die Barnyard Theatre was vir my beter as die vertonings wat hulle in die Coca Cola Dome het, want mens kan sit en die verhoog is baie nader. Ek hoop die Parlotones maak dit nog groot, want hulle is een van SA se beste bands!