08 February 2008

Durban toe en terug in 'n japtrap.

4:45am Beep,beep…beep,beep. What de…?! Uhhhh! Snooze.

4:50am Beep,beep…bee..Ok, teen die tyd het my liggaam begin ontwaak en so 50% van die boodskappe kom by die regte plekke uit. Net genoeg om te weet ek moet opstaan en gaan stort.

5:05am Geskeer,gestort, gedress. Estelle kry ’n vinnige soen. Nie dat sy al wakker genoeg is om te weet wat aangaan nie.

5:15am Op die N3 in my Sentra. Tussen my senuwee hoessie kan ek skaars die musiek op die radio hoor. Ek is mos glad nie mal oor vlieg nie.

5:45am Parkering op vloer 3, ...as daar is. Van vloer 3 af is dit een vloer af en dan kan ek oor die brug stap wat die parkering met die terminaal verbind.

5:55am By die SAA Economy Class toonbank. “Durban asseblief, vlug SAA531.”

6:20am Sit en stres terwyl ek kyk hoe mense stuk-stuk na hulle vliegtuie toe aangery word.

6:58am Nou nie meer lank nie. Sit in die vliegtuig. Venster sitplek. Dis beter, want mens het ’n view, maar meer belangrik vir my, mens kan met jou kop teen die kant van die vliegtuig lê.

7:20am Ontbyt, of eerder wat hulle ontbyt noem. Dis ‘n broodjie met ham en kaas en ’n yogurt. Nie sleg nie.

7:30am As mens met die 737-800s vlieg van Johannesburg na Durban voel dit mos of mens vlieg tot jy bo is en dan weer af. Dis asof mens net op vlieg en dan as jy die hoogste punt bereik het begin jy al daal om te land. Seker oor die vlug tussen Johannesburg en Durban nie in 737 terme as ‘n regte vlug kwalifiseer nie.

7:50am Ons land vandag van die weste kant van die lughawe. Mens land mos altyd teen die wind. Dit beteken ’n wye draai oor die see en omdat daar nie baie wolke is nie kan mens nogal baie sien. Ek sien die nuwe sokker stadion wat hulle besig is om te bou vir 2010, al die „containers“ op die hawe en ons vlieg oor ’n olietanker wat oppad is om haar vrag te gaan aflaai.

8:15am Die landing was perfek. Avis upgrade ons na ’n ou shape mercedes benz en ons vat die pad na die kantore naby die hawe waar ons ons vergadering het.


9:00am Op die 7de vloer het ons vergadering met die grootkoppe van die projek. Die onderwerp is ’n stelsel wat sal boekhou wat die voorraad petrol en diesel is wat in die pyplyn is en ook wanneer eienaarskap van die produk verander tussen die pyplyn en die opgaartenks. Dit beloof om ’n lang een te wees.



11:48am Almal het hulle sê gesê en die prentjie lyk nou baie helderder. Ons het genoeg uitgevind om te kan voortgaan met ons ontwerp.

12:25pm Siende dat ons nog effens vroeg is neem ons, ons middagete sommer by ’n restuarant op Durban se noord strand. Dis af seisoen, maar daar baljaar darem ‘n paar lywe in die branders en hier en daar lê een en sonbrand.



13:30pm Op die M4 terug oppad lughawe toe. Gelukkig is ons vlug terug nie vandag so laat nie.

15:20pm Ek is eintlik vol van die middagete, maar ek prop maar nog ’n paar van die komplimentêre grondboontjies in, net om iets te doen.



16:05pm Terug in Johannesburg. Dit reën, dis huis toe gaan tyd en die verkeer gaan rof wees.

16:35pm Ek het mos gesê die verkeer sal rof wees.

17:15pm Daar’s hy. Terug by die huis. Poot uit, maar terug. ‘n Suksesvolle dag, 10 ure se werk geboek, maar effektief net ’n 3 ure vergadering.

06 February 2008

VOORBEREIDING VIR DIE ARGUS!

Soos almal teen die tyd al weet is ek en Candice besig om voor te berei vir die Argus Fietstoernet na ons troue in Maart. Die Fietstoer is so ongeveer 100 kilometer en is baie bekend vir sy steiltes wat jy moet uitklim. Die afsny punt is na 7 ure vanaf wegspring. As jy steeds na 7 ure op die pad is dan is daar 'n "loser" bus wat jou optel. Ons probeer ten minste die bus mis.
Wel ons oefen nou al baie ernstig sedert Desember 2007 en het ons so week gelede vir ons rekenaartjies vir die fietse gekoop om ons vordering te monitor. Hieronder is ons vordering vir die afgelope twee weke. Die eerste paar dae het ek nie so mooi rekord gehou nie. Ek gaan probeer om elke week ons vordering op te monitor.

CANDICE & ATTIE SE ARGUS FIETSTOER OEFENPROGRAM

DATUM

AFSTAND

TYD

GEMIDDELDE SPOED

TOP SPOED

ODO-METER

ADRIAN

28-Jan

20.43 km

1:01.54

19.6 km/pu

50.4 km/pu

CANDICE

28-Jan

20.44 km

1:01.23

19.2 km/pu

53.6 km/pu

ADRIAN

29-Jan

21.13 km

59.14

22.1 km/pu

45.3 km/pu

CANDICE

29-Jan

21.02 km

59.10

22.5 km/pu

46.7 km/pu

ADRIAN

30-Jan

23.22 km

1:01.14

19.1 km/pu

43.4 km/pu

CANDICE

30-Jan

23.22 km

1:01.01

18.8 km/pu

45.3 km/pu

ADRIAN

31-Jan

32.66 km

1:51.38

17.5 km/pu

46.2 km/pu

99.6 km

CANDICE

31-Jan

32.66 km

1:43.59

17.1 km/pu

47.8 km/pu

100.6 km

ADRIAN

02-Feb

38.13 km

1:39.32

22.9 km/pu

62.0 km/pu

137.9 km

CANDICE

02-Feb

38.45 km

1:41.08

22.8 km/pu

57.5 km/pu

139.0 km

ADRIAN

04-Feb

21.96 km

58.27

22.5 km/pu

46.5 km/pu

159.9 km

CANDICE

04-Feb

22.20 km

58.42

22.6 km/pu

44.6 km/pu

161.3 km

ADRIAN

06-Feb

24.05 km

1:04.12

22.4 km/pu

46.7 km/pu

183.9 km

CANDICE

06-Feb

24.36 km

1:04.44

22.5 km/pu

47.5 km/pu

185.6 km


Figuur 1: Gemiddelde Spoed teenoor Afstand