09 January 2008

Honeymoon

Sondag bietjie later opgestaan as wat ons wou want ons het bietjie laat gaan slaap die vorige aand. Gou aangetrek en ‘n draai by die Boedies gaan maak en daarna gaan geskenke oopmaak by my ma-hulle. Nice goed gekry. Sommer lus en van die smoothie masjies saam. Maar ek wil by die see kom, ons moet nou ry. My pa het vir ons nog ‘n verrassing. Ons kan met sy BMW ry. Wonderlik! See toe mer aircon. Nou moet ons eers als oorpak. Ons gaan die eerste week in ‘n chalet bly en dan die laaste week in die karavaanpark kamp. So die tent en grondseil en als moet nou ‘n nuwe plek kry.

Ek en Suné het seker eers so by Harrysmith met mekaar begin praat soos wat ons eers al die tonele van die vorige dag in ons gedagtes oorspeel. Dit was fantasties om weer by die see te wees. Ons het nie te veel beplan aan die vakansie nie, of ek nie, want daar is nou nie te veel om te doen aan daai deel van die suidkus nie. Ek hou maar net so oog op die weervoorspelling om te kyk hoeveel sonskyn ons gaan hê, want ons het nie eers nodig gehad om die aircon te gebruik met die afry slag nie so bewolk was dit. Ons het ook net die nodigste kruideniers saamgevat. Dankie ma! Ons het sommer gaan take-aways koop by ‘n plekkie naby Amanzimtoti. Nou hier is ‘n stukkie raad vir mense wat op honeymoon gaan. Moet nie die eerste aand ‘n Peri-Peri Schwarma eet as jy dit nie gereeld doen nie. Daai Natal spices het my maag vir die volgende 2 dae opgeneuk. Nooit ‘n lekker ding nie, maar baie stupid om dit op jou honeymoon te kry.

Die weer was ook toe nou nie van so aard dat ons kon strand toe gaan nie, die wind waai jou weg. As die wind stil was het dit gereen. So tussen buie het ons maar op die strand gaan stap. Net toe ek beter word toe word my eie persoonlike vrou siek met dieselfde probleem. Toe is ek nou nie seker of dit die schwarma of ‘n virus is vir wie ek moet kwaad wees nie. Anyway, as die son geskyn het, het ons maar die wind onder by die swembad trotseer. Dit het ons darem nie baie daar gepla nie, want hy is baie beskut so tussen die hotel en sportsentrum wat daar langsaan is. Ons was ‘n reenirige Dinsdag maar Gateway toe om te gaan shop (met die oë). Ons het ‘n I-max “The Alps” gaan kyk. Ek sal dit aanbeveel, en heeltemal te veel fudge gekoop.
Terug by die chalet het ons die DSTV fasaliteit ook goed benut en Movie Magic 1 en 2 suf gekyk. Dit was tyd vir ons om tent op te slaan. My tannie-hulle het ons plek in die chalet oorgeneem en ‘n ander niggie en die se dogter het ook ‘n week bespreek gehad by Karridene. Dit was lekker om ook saam met hulle te kuier. Die weervoorspelling het ‘n lekker dag vir Saterdag voorspel.
Ek het my vrou vroeg uit die vere gejaag, nie dat ‘n mens rerig laat kan slaap in ‘n tent nie, en die N2 noord gevat Durbs toe, opsoek na UShaka.
Nadat ons deur die agteruitgaande Durban se middestad gery het, het ons die plek gekry. Hulle het ‘n lekker vibe daar gahad met ‘n Jamican steel band en sulke see karakters wat daar rond dans. Ons is sommer eers deur die aquarium. Ek is baie bly dat ons vroeg gegaan het, want ‘n mens vergaap jou aan elke tenk met al die vreemde visse en seelewe waarmee ons so min te doen kry. Dit voel of jy op ‘n ander planeet is waar alles so vreedsaam en rustig is. Die intressante, lelikste en mooiste visse nog ooit gesien. Gekyk hoe die pikkewyne kos kry en die hoogtepunt was die dolfyn show. Daai diere is ongelooflik. ‘n Defnitiewe moet om te sien.






Na die aquarium is ons “Wet and Wild” toe. Nee nee, nie ‘n wet T-shirt bar nie. Dit is so waterpark met ‘n klomp verskillende waterslides in. Onder andere die hoogste een in Afrika. Ek en my bruid is daar af! Twee keer. Ek het soos ‘n kind gespeel op daai goed. Amazing lekker!! Toe word ons honger!

Toe gaan eet ons by so lani restaurant op die skip waarin die aquarium ook is. Daar is so groot haai tenk binne in die restaurant. Cool!! Tot die kroeg se counter was ‘n vistenk met so paar klein vissies waar daar rondswem. Die lekkerste stuk vis daar geëet. Een of ander Line fish.
Na ete, terug “Wet and Wild” toe. Daar verder gespeel totdat die son begin sak het. Baie lekker dag gewees. Die laaste dag van die vakansie het ons weer Scottsbugh besoek. Toe ons vroeër die week daar was het die wind ons weggewaai. Die wind was nie veel beter as op daai geleentheid nie, maar daar was so paar Vrystaters en Gautengers wat maar sit en swem in die wind, en toe maak ons so. Ek was maar versigtig om te diep in te gaan nadat ek die vorige dat so naby aan Jaws gestaan het en sy bek vol skewe tande gesien het. Kort voor lank was die vakansie verby en was dit weer tyd om die pad terug huis toe aan te pak. Maar gelukkig kan ‘n mens sommer dadeillik weer begin droom aan die volgende geleentheid af see toe.

No comments: