21 December 2007

Maropeng

Die afgelope naweek het ek en Estelle besluit om te gaan kyk waaroor Maropeng gaan. Maropeng, as ek my beste direkte vertaling van Tswana kan gebruik, reken ek beteken "plek waar die bene is", want Marope is "bene" en Maropeng is "waar daar bene is". Dit staan ook beter bekend as die "Cradle of humankind" of die "Wieg van die mensdom" en is basies ‚n uitstalling van fosiele en ander interresante uitbeeldings van die aarde en die mens se ontwikkeling die afgelope paar miljoen jaar.


Die beste deel van Maropeng is die ondergrondse bootrit wat op verskillende verbeeldingryke maniere van geluide, reuke, gevoel en mens se sig gebruik maak om jou te laat voel asof jy op ‚n rivierstroom onder in ‚n grot dryf. Die avontuur begin in die hede en vat mens dan terug in tyd deur die verskillende stadiums van die aarde se ontwikkeling. Mens gaan terug na die ys tydperk waar ‚n sneeu masjien en wit rotse met water oral om mens laat voel asof jy in 'Ice Age' die movie is. Later bereik mens die tydperk toe die aarde se kors geskuif het en eindig uiteindelik op in 'n gesimuleerde 'black hole'. Ek was aangenaam veras met die ervaring en het dit baie geniet.

Na ons na al die uitstallings gekyk het en ‚n koeldrank gegryp het, het ek die koordinate van die Sterkfontein grotte in my GPS ingesleutel. Ek het nie veel van die grotte verwag nie en het gereken dis maar net ‚n aanterklikheid om mens na die gebied te lok. Ek was weereens verbaas om te sien dat die grotte heelwat groter was as wat ek verwag het. Die grotte lê onder in 'n klein koppie en mens sou nie kon raai, deur na die koppie self te kyk, hoe groot die grotte daaronder eintlik is nie. Die diepste punt was 60 meter ondergronds.

Beide hierdie aantreklikhede is gegrond rondom die ontdekking van die 2.3 miljoen jaar oue Ausralpithecus africanus fosiel met die bynaam van "Mrs. Ples" wat in 1947 deur ‚n Dr. Robert Broom en John Robinson ontdek is. In 1935 het Robert Broom die eerste aapman fosiel by Sterkfontein gevind. In 1938 het ‚n jong skoolseun, Gert Terreblance, stukke van ‚n fosiel kopbeen naby Kromdraai gekry en ‚n enkele aapman tand is ook later tussen Kromdraai en Sterkfontein gekry. Die opgrawings in Sterkfontein het in 1966 begin en hulle is steeds besig daarmee, wat dit die langste aaneenlopende opgrawing in die wêreld maak. In 1997 is ‘n amper kompleet geraamte gevind wat ongeveer 2.5 miljoen jaar oud is en die bynaam "Little Foot" gekry het.
Wanneer mens die grotte besoek kan mens sien hoe maklik ‚n oermens daar rond kon geloop het en niks verwagtend in ‚n gat geval het, wat dan tot diep in die grot sou opeindig. Die gate is gevorm deur dat die grotte se dak op plekke ingegee het. Plante het later die gat half toe gegroei en as iemand of iets daar rond geloophet kon hulle maklik in die gat geval het. Allerhande stof en klippe het ook mettertyd deur die gat geval, wat dan die geraamte bedek het en as gevolg van die minerale in die grond en die water wat gedurig deur die grotte suipel is die bedekte geraamte versteun en sodoende bewaar vir baie jare.

Ons het die uitstappie baie geniet. Die area rondom die grotte is ook baie mooi en dit was veral lekker om 'n bietjie in die son te kom en net mens se bene bietjie te strek. Die volgende dag was ons bene en boude lekker styf van al die geklim en klouter in die grotte, maar dit was alles die moete werd.

19 December 2007

BURGER FIETSTOER


Ek en Candice beplan om volgende jaar net na ons trou die Cape Argus fietstoer te doen. Ons oefen dus intussen om voorbereid te wees vir die moordende Argus fietstoer. Die Argus is ongeveer 100 kilometer van swoeg en sweet en gooi so tussendeur ook 'n bergpas in. Elkgeval om voor te berei vir die grotes moet ons maar begin met die kleintjies. Ons het dus ingeskryf vir die Burger Fietstoer hier in Stellenbosch en besluit om die 44 kilometer reis te doen. Ons is baie trots op onsself. Ons het die hele reis voltooi sonder om eenkeer te stap of te rus. Nou vir die grote. Hier is 'n paar fotos van die dag:









Aan die einde van die dag het ons darem 'n brons medalje ontvang. Het ongelukkig nie meer foto's nie, maar het darem die reis binne twee ure voltooi. Dit was darem na aan ons target gewees, so die reis was 'n sukses.
Nou vir die Argus. Hier kom ons Argus.

Boedie Bestes vir 2007








Fliek:
----------------------------------------------
Adrian: American Gangster
Emile: Fracture (Anthony Hopkins)
Stefan: The Guardian
SW: 300












Boek:
-------------------------------------------
Adrian: King Of Torts (JOHN GRISHAM)
Emile: (Niks boeke gelees nie)
Stefan: Spud (Johan van der Ruit)
SW: (Niks boeke gelees nie)



















Tydskirf:
------------------------------------------------
Adrian: Sports Illustrated
Emile: Die Oewerhengelaar
Stefan: Mens Health
SW: Mens health








Rekenaar Program:
-----------------------------------------------
Adrian: (jy het my)
Emile: Olimpus Master.
Stefan: Google Earth
SW: Tiger Woods Golf







Web Site:
----------------------------------------------
Adrian: http://www.zoo.co.za/
Emile: http://www.jy-het-my.com/
Stefan: http://www.blogger.com/
SW: http://www.jousussie-se-pienk-fietsie.com/ (Nee nie rerig nie). http://www.keo.co.za/ is my wenner







Song:
-----------------------------------------------
Adrian: Robert Thicke, Lost without you
Emile: Chris Chameleon, Eerste oogopslag
Stefan: Snow Patrol, Chasing Cars
SW: Take That, Rule the world (Van movie Stardust) - Great song, sal hom aanbeveel vir Attie om op sy troue te speel











Bier:
----------------------------------
Adrian: Hunter’s dry
Emile: Hunter’s Dry
Stefan: Savana Light.
SW: Hunter's Dry (niks hier wat dit beat nie). Die ciders hier proe soos vrot appels.














Brannas:
------------------------------
Adrian: Ricky Louw
Emile: Wellington
Stefan: Richelieu
SW: Wellington baby!!!!!!!













TV Program:
----------------------------------
Adrian: Survivor
Emile: The War at Home
Stefan: Grey’s Anatomy
SW: X factor

















Sports wedstryd:
------------------------------------------------
Adrian: SA vs Engeland (groep wedtryde 36-0)
Emile: Rugby World Cup Final
Stefan: Rugby World Cup Final
SW: Super 14 Final




Model:
-------------------------------------------
Adrian: Candice Brown
Emile: Minky van der Westhuizen
Stefan: Tania van Graan
SW:
Keeley Hazel (p3 girl)

Boedie Kuier:
----------------
Adrian: DIE JAG
Emile: Plaas
Stefan: Die Plaas Kuier (Mila se Kudu)
SW: Daar is net een, die groot een, die magtige een, die JAG EEN!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Boedie Performance:
-------------------------
Adrian: Adrian, Die Burger Fietstoer (44 kilometer 1h44m)
Emile: Mila wat eindelik getrou het.
Stefan: Adrian as Seremonie Meester op Mila se troue.
SW: Stella wat 'n presentation aangebied het by 'n konferensie oor sy projek.

18 December 2007

MENSE & HUL DINGE UIT DIE WES - KAAP

Wel dit is nou al 'n geruime tyd gelede dat ek enige iets geblog het, sedert ek en Candice se verlowing. Die jaar staan nou einde se kant toe en het ek dit goed gedink om 'n vinnige opsomming te gee van wat ek en Candice die afgelope paar maande onsself mee besig gehou het.


Wel na die verlowing was dit maar weer terug na die normale skedule toe. Daar was egter 'n bietjie tyd vir uitkom en een van die geleenthede wat ons aangewakker het was 'n advertensie in die Weg tydskrif wat genoem het van 13 teleskope met potjiekos en sterre in Sutherland. Wel ek wou nog altyd Sutherland toe gaan en ook vir Candice gaan wys. Ek "organize" toe alles, maar besluit toe om maar die "outlaws" saam te neem. Wat volg is 'n paar foto's om 'n idee te gee van wat ons ervaar het. Vir die wat nie weet nie! Sutherland is 'n pragtige dorpie in die karoo, so ongeveer 3 ure van Kaapstad af. Dit het 'n absolute asemrowene sterrehemel en is ongeveer al die 4000 sterre wat op 'n goeie aand sigbaar is, met die blote oog wel in Sutherland sigbaar. Wel die naweek het nie teleurgestel nie en is ons inderdaad deur die sterrehemel betower. Sutherland is dus op sy eie unieke manier 'n juweel wat platinum werd is.

Die foto links bo is al die teleskope wat beskikbaar
is by die sterrekunde navorsing sentrum. Hier langsaan is die grootste teleskoop in SA. Hulle is baie geheimsinnig by hierdie plek en ek is seker hulle het al iets gesien wat ons nie weet nie. Dit is egter 'n belewenis op sy eie om binne in die teleskoop te wees. Ongelooflik.









Link is 'n idee van hoe Sutherland lyk. Daar is slegs een hoofstraat. Dit laat my baie aan Calvinia dink, maar is net baie kleiner. 'n Pragtige dorpie, waar mense nog sommer uitstap en gesels as hulle sien dat julle vreemdelinge is. Almal is vriendelik en groet met 'n glimlag. Hieride is mense wat in die armste provinsie in ons land bly, maar wat elke dag opstaan met 'n warm hart teenoor ander mense.






Hier regs is ook van die mense van Sutherland.
















Die "Vreemdelinge" in die dorp. Die "outlaws", Candice en haar broer.














Nog mense van Sutherland. Die outjies het my voorgekeer en gevra ek moet 'n foto van hul neem toe hulle sien ek het 'n kamera. Hulle het dit terdee geniet. Jy kan sien hulle neem baie foto's met toeriste. Vir hulle om vir 'n foto te posseer is vir ons om soos nuwe fliek op 'n groot wit skerm te gaan kyk in Calvinia. Dit gebeur so every once in a while.






En dan natuurlik die foto van die naweek. Hierdie is 'n ou murasie amper in die middel van die dorp. Die foto het die gebou pragtig saamgevat. Ek dink die foto spreek vir homself.

Wel die naweek was inderdaad 'n sukses. Pragtige sterre. Ongelooflike mooi dorpie, 13 teleskope en potjie kos. Voorwaar 'n wenresep. Ons beplan weer om volgende jaar te gaan. As julle ooit verby Sutherland ry, gaan maak gerus 'n draai daar. Dit is die moeite werd.