09 January 2008

Always Forever

Die troue het altyd so ver gevoel. Ek kan nie glo die dag het uiteidellik aangebreek nie. Dit was ‘n wonderlike tyd om verloof te wees en al die reelings te tref en alles te organiseer. Dit het die laaste paar weke bietjie erg begin raak maar soos Suné gesê het, ons kry net die kans om dit een keer te doen.

Ek het darem goed geslaap. Laat gaan slaap, want ek moes eers my speech skryf en die verloop van sake vir Attie uitskryf. Ek moet dit sommer een van my nuwejaarsvoornemens maak om nie alles te los tot op nr. 99 nie. Daar is nog ‘n paar dinge om te doen, maar dis beter so. Ek wil nie die hele dag by die huis rond hang nie, dan gaan die dag nog lank raak. Hel, hoe lyk die weer ek het nog nie eers gekyk nie. Wil nie he die ding moet kerk toe skruif nie. Ek en Suné wil so graag buite trou en onthaal. Alles lyk darem goed. ‘n Paar wolke daar in die noorde maar dit reen darem baie baie selde van daai kant af.

Ek moet nog die cd’s vir die DJ vat en met hom reel wanneer wat gespeel moet word. Hy het darem al ‘n idee. Hoop net die mannetjie onthou wat waar kom. Ek moet ook gou Arcadia toe gaan en die rekening gaan betaal vir die partyjie. Gelukkig kry ek vir Stefan hulle so middagete se kant. Ek gaan vir SW hier mis.

Alles lyk darem so ver goed hier by die gastehuis, en die paar wolkies wat in die lug was is ook darem aan die verbygaan. Izak het darem ook laat weet daar by hulle skyn die son sterk en dit lyk oop Bloem se kant toe daar van hulle af. Die rekening is meer as wat ek gedink het. Niemand het gesê ons moet vir die chair covers betaal nie. Ek moet onthou om dit vir Attie te sê dat sulke goed hom nie verras nie. Maar dit maak ook nie saak nie.

Ek moet moes net gou vir Suné bel om seker te maak of dit die regte tafeldoeke is. Ek het gedog dit moes lig groen gewees het. Dis goed om haar stem te hoor. Dit kalmeer my sommer. Die flinders in my maag begin my behoorlik pla. Ek moet ry om by Stefan hulle te kom. Hulle wag al vir my.

Dit is vrek lekker om my Boede te sien. Dit is mos die mense met wie jy die dag wil deel. Nie daai oom en tannie wat jy laas gesien het toe jy 8 jaar oud was nie. Ek is bly Attie het die kontrak ding so mooi verduidellik nou voel ek ook sommer beter oor die hele gedoente. Ek moet weer vir Suné bel want die ding moet geteken word voor ons sê “Ja, Dominee”. Ek hoop nie dit krap haar om so kort voor die troue nie. Nee, sy verstaan darem en my ma sal dit gou vir haar vat. Ek moet se, ek wonder hoeveel ouens se seremoniemeesters is voorbereid met ‘n leêr en als.

Die Boedies is ook nou weg en die klomp familie is ook nou weg om te gaan aantrek. Ek sal in die stort moet kom. Dames en here, baie welkom…………. Ek moet die speech darem so paar keer oefen om al die knope uit my tong te kry. Ek hoop net ek kan my pose hou as ek die heildronk moet instel op die ouers. Ek wil nie soos Jurie Els klink nie. “Hoe sê mens dankie…..”

Wat ‘n simpel tyd om die broek se soom los te trap. Gelukkig kon my ma dit gou vaswerk. Ek kan ook nie glo die mense gee vir my die verkeerde baadjie nie. Almal gaan sien die ding is te groot vir my. Gelukkig kyk almal darem net vir die bruid. Onthou tog net die ringe en om jou speech saam te vat. Ons moet ry! Dit raak laat!

Ook maar net betyds. Meeste mense sit al. Stefan en Attie wys sommer die pad vir die mense dat hulle nie verdwaal nie. Ons het dit nie gereel nie, maar dit lyk sommer flippen smart. Thanks boys!! Gou die Dominee gaan groet en alles check met die DJ. Ek sien die fotograaf ook daar bo wag vir my bruid om haar verskyning te maak. My aanstaande skoonma laat my weet dat Suné reg is en dat ons die troumars maar 17:00 kan begin speel. My Boedies staan gelukkig hier by my. Ek is baie bly dat hulle my nie alleen los daar nie. Ek moet sê, die Boedies lyk goed. Ek mis net vir Schalk hier by ons.

Canon van een of ander komponis is klaar en dit is 5h op die kop. Ek knik vir die DJ en Highland Cathedral begin speel. Ek en my strooijonkers beweeg af tot onder en wag vir my bruid. Die mense lyk tog te koddig want hulle kyk verward rond en weet nie van watter kant af sy gaan kom nie. Corné en die fotograaf kom eerste verby. My bruid en my aanstaande skoonpa kom ook verby. Ek sien my bruid het my om die bos gelei. Ek het ‘n nou trourok verwag. Sy lyk asemrowend!!!

Julle sal bietjie vinniger moet stap, die lied is amper verby. Maar sy het hom perfek getime. Asof sy dit ‘n 1000 maal geoefen het. Die dominee preek mooi. Baie gepas en iets wat ons nie sal vergeet nie. Net jammer ek het nie lipice aangesmeer nie, my lippe is ontsettend droog. ‘n Mens gaan die hele tyd op die video sien hoe ek my lippe lek.

Ek was bly toe dit tyd was om die register te teken. My bene het begin moeg raak. Die dominee het my amper uitgevang toe hy vra hoe dinge gaan werk met die confetti gooiery. Ek het daar alweer aan my speech gedink. Ek wonder wie is daai ouens wat my so in die gesig gegooi het met die confetti?

Suné lyk so mooi. Ek hoop net die ou weet van foto’s neem. Attie het die mense daar aan die gang met die sjerrie. Ek kan self nogal doen met iets om te drink. Gelukkig bring skoonma vir ons ‘n groot glas vrugtesap om die dors te les. Ek hoop die foto’s is amper klaar want my gesig word nou moeg gesmile. Ek het altyd gedink die mense sit aan as hulle dit sê. Die fotograaf flirt darem vreeslik met Corné. Wonder of daar iets van sal kom?






















Nou is die foto’s eers klaar en kan ons die voorgereg geniet. Nie dat ek enigsins honger is nie, maar dit lyk lekker. Ons kan so 10 minute sit en dan moet die familie foto’s geneem word. Attie hou my hoogte van wat met die eet tye gebeur en dat alle mooi op skedule is. Nog smile, maar dit is darem die laastes, hoop ek. Voor ek my speech begin vat ek sommer ‘n groot sluk JC le Roux. Nie dat ons JC le Roux bestel het vir die sjampanje nie, dit moes so pienk ene gewees het. Maar die een is net so lekker.

Als het darem goed verloop en dit is tyd om te eet. Nog geen tekens van honger nie, maar dit voel darem of daar ‘n berg van my skouers af is nie die speech. Dit is ‘n wonderlike aand. Skaars ‘n briesie wat waai. Seker tyd om die rondtes te begin doen. Almal lyk darem of hulle dit geniet. Ek hoop hulle doen. Attie is puik verby, en almal skeur hulle vir hom en sy witty sê goed. Sal seker nooit die een vergeet van die oom wat die graaf vergeet nie. Tyd om die dansvloer te open met “Always Forever” van Donna Lewis. Op ons liedjie wat ons twee jaar gevat het om te kry. Die klomp gaan wragtag dat ons die hele liedjie alleen dans. Dit is slim van Attie om sommer die kousband en ruiker te gooi terwyl almal nou hier onder is. Net bly Suné het nie van die stoel af geval nie, en dat niemand my hande agter my rug vasgemaak het nie.

Die poeding en die troukoek is reg om gesny te word. Die ding lyk mooi. Moet ek die strik afhaal of sommer dwarsdeur die strik en blomme sny. Dit smaak heerlik. Ek is nogsteeds nie honger nie, maar ek gaan nie op die kaaskoek en appeltert uitmis nie.

Kan dit wees dat die mense al begin huis toe gaan. Ek het dan nog nie eers met ‘n derde van hulle gekuier nie. Maak ook seker nie saak nie. Nou moet hulle my maar kom soek terwyl ek hier by die Boedies kuier.

Dit was een van die lekkerste dae van my lewe. Maar ook een wat ek nie sommer wil oor hê nie. Almal is nou huis toe, en dit is net ek en my vrou wat agterbly. Dis is ‘n lekker gevoel en ek is baie trots om my ring te dra. Maar een ding is verseker my bruid; “I’ve never seen you looking so gorgeous as you do tonight. Never seen you shine so bright”

Wat ‘n genade en seën was hierdie dag nie vir ons nie. Soveel mooi herhinneringe. Soveel wat nog voorlê.

No comments: