23 October 2007

Stywe Lyne

Daar is darem maar klomp mooi geluide in die wêreld. Een van hulle is as jou katrol so sszzzzzz skree soos wat die ou grote jou lyn aftrek en probeer wegkom. Hierdie is die somer wat ek myself belowe het, dat ek meer gereeld gaan visvang. So far, so good! Ek was darem al 4 keer by die waters gewees vandat die warmer weer sy opwagting gemaak het. 3 Daarvan was baie slegte dae, met die Augustus winde wat laat was en 'n dag by die dam baie onplesierig gemaak het. Hierdie laaste Saterdag was gelukkig 'n heel ander storie.


Ek het saam met my klein-neef, Radyn, en Paul wat ook hier by die varsity werk gaan vang. Paul se 2 dogtertjies het ons ook vergesel. Hierdie keer was dit die eerste keer dat ek Tierpoortdam se karpe sou aandurf. Met die stormsterkte winde van die vorige uitstappies het ek nog nie gesien waartoe my nuwe gerei instaat is nie. Ek en Radyn het die vorige dag eers gaan oefen om ons akkuraatheid met die gooiwerk te optimaliseer.



By die dam aagekom het die wind weer fris gewaai, en ek was bekommerd dat dit weer dieselfde tipe dag gaan wees. Die slyk het ook dik gelê die eerste 5m van die oewer af. Maar wie is bang. Ek het my 11ft Blue Marlins uitgehaal en my nuwe Okuma Interceptor Baitrunners opgemondeer en die lyne is in met 'n gly Rietvlei strop. Ek het soos oudergewoonte floaties en 'n degie op die hoeklyne gehad vir 'n begin. Die slik was 'n probleem deur aan die lyne te haak en die lyn dan skeef te trek. Oplossing, skuif die stokke in die water in.
Paul was eerste suksesvol met 2 mooi karpe. Die grootste een van 3.5kg. Ek het later 'n mooie van 3 kg gevang en Radyn se beste was 2.5kg op sy eerste hengel uitstappie. Die wind het darem vinnig gaan lê, en dit was 'n lieflike dag. Die klein karpe en babers het ook darem gepla om te sorg dat ons nie te rustig raak nie. Paul was die hengelaar van die dag, en het nog 2 mooies uitgetrek. Die aas van die dag was beslis Kariba erdwurms. Niks anders het op hierdie dag gewerk nie.

Daar was darem tyd om 'n vleisie op die kole te gooi en die rustigheid on die gazebo se skaduwee te geniet. Na middagete het die grotes verdwyn en het ons net nog 'n paar kleintjies gevang. Dit was intressant om te sien dat die grotes nie diep gele het nie, en ons het omtrent so op 60m gevang. Paul het verduidellik dat dit omtrent daar is waar die ou Kafferrivier se loop was.

Die einde van die dag het net te vinnig gekom.
Die stokke is vir oulaas ingegooi en die kar is solank begin pak. 'n Baie lekker dag by Tierpoort gewees. Die waters sal my beslis weer sien!
.

19 October 2007

Die Groen en Goud.

Schalk,
ek bring vir jou slegte nuus en goeie nuus hier uit die vaderland. Eers die slegte nuus. Lucky Dube is vermoor, klink my hulle wou die man hijack en toe is hy geskiet. So ou Lucky is nie meer met ons nie. Nou, as jy jouself weer 'compose' het na daai slag die goeie nuus. Die wereld hier in die Suide van Afrika is groener as ooit en dis nie net a.g.v. die lekker reens wat ons gehad het nie, maar oor Bokke more die beker huis toe bring. SAB het gister aangekondig dat hulle spesiale maatstawwe in plek gesit het om te probeer verseker dat daar genoeg bier in Gauteng beskikbaar sal wees oor die naweek. Hulle weet nie of hulle dit gaan maak nie. Die beeste kou hulle hoewe tot in die lewe, want vleis verkope is deur die dak. Biltong, niks “E Vediele”, “Gagona!”, klaar! Die manne eet nou sommer die vleis so rou met net sout en speserye oor. Verder is daar glo nie meer ‘n Springbok trui enige plek te koop nie. Dis alles uitverkoop en as jy nou een kry betaal jy nie vir die trui nie maar vir die groen en goud!

Oppad werk toe sien ek almal het Groen aan! Ek het self groen aan en ons sekretaresse het vir amal so borspeld gekoop wat so klein goue springbokkie op het. Die gees is hier! Bok koors is nie Mila se eerste mis op die Kudu in 2005 nie, ook nie Attie se gatslag van 2006 nie, Bok Koors is die 'tension' oor wat moontlik alles more aand kan gebeur. Nog iets wat enige bok ondersteuner se groen bloed maak kook is al hierdie sexy girls met hulle springbok truie. Darem niks mooier nie. En die koerante is vol van girls wat pose met net ‘n Springbok trui aan. Grrrr!

Kom Bokke, bring daai beker huis toe!!

17 October 2007

Die Underground

Ek voel sommer soos 'n lekker neut. Het vanoggend op die verkeerde trein gespring by New Eltham.


Wetie rerig wat ek gedink het nie. Ek dog eers, maar my, die trein laat loop mos vandag! Vandag is ek eerste by die werk, voor die res van die team. Brownie points vir die nuwe joiner! Maar...nee. Ek sien toe die outjie stop nie by Lewisham nie - Okay, ek sal by London Bridge afklim. Ek sien toe die outjie stop ook nie by London Bridge nie - Dis toe dat ek daai gevoel kry van jy weet jy is in die poe, maar jy kan net mooi okkol daaraan doen.

Die eerste plek waar ek kon afklim was toe Waterloo East station. My kaartjie was net geldig tot by Lewisham, so ek was 'n illegal alien op die trein. Ek sien toe daar voor is knape wat die tickets check en draai toe maar om, want ek wil nie uitgevang word nie. Toe besluit ek, ek gaan so in die middel van die mense probeer deurkom om 'n ander kaartjie vir terug te gaan koop. Miskien check hulle nie al die tickets nie? Miskien doen hulle net so spotcheck? Ek sweef toe deur die mense om myself so in die middel te stasioneer, omring deur ander haastige mense wat ook oppad werk toe is.


My gesig moes seker skuldig gelyk het, want voorwaar - Hulle keer my voor. 'Sir, your ticket?' Eish, uitgevang! Ek probeer toe verduidelik dat ek op die verkeerde trein geklim het en wys my geldige kaartjie vir die ander stasie. Maar aikona, hulle wil niks weet nie. Eintlik net die een vrou, haar kollegas sê toe vir haar sy moet dit los. £20 fine, sommer op die spot. Eish alweer, dit maak seer. Gee toe maar my kaart dat hulle my kant van die bank debiteer, want ek kon sien die antie issie lus vir speletjies nie.

Toe verduidelik hulle vir my die pad na die naaste underground toe en toe klim ek op die Jubilee Line Canary Wharf toe, die plek waar ek werk. Goeie bliksem, het nog nooit so gepakte tube gesien nie!

Die foto hierbo is nie eers naby hoe dit gelyk het nie. Die ouens buig sommer so by die deure om in te kom. En ja, toe is Blinkmeneer Garlic van gisteraand hier in my gesig. Met 'n snotneus ook nog daarby. So, die man het nie asem nie, en dit wat hy het blaas hy sommer som met 'n gesuis hier in my gesig. Die erg ding van die trein, DLR en die tube in spitstyd is dat niemand afklim langs die pad nie. Almal neuk na dieselfde plek toe, gewoonlik die plek waarheen jy ook gaan.

Maar nou ja. Was so uur laat vir werk. Hulle het darem verstaan, dit het al met almal gebeur.