12 May 2008

Die Parlotones

Alet hulle het ons Sondag genooi on saam met hulle die Parlotones te gaan kyk by die Barnyard Theatre in Cresta. Die show het 20:00 begin en daar was ‘n groot klomp mense vir ‘n Sondagaand. Voor die Parlotones op die verhoog verskyn het, het daar ‘n band van Engeland, “Scars at 48” gespeel, maar toe die Parlotones opkom, kon mens darem maar die verskil hoor tussen ‘n gemiddelde groep en ‘n professionele band. Mens kan sien dat Kanh Morbee die sanger in die groep wil pop van die kunstigheid en hy lewer ‘n baie energieke vertoning. Dis asof hy hom in al die songs inleef en dit is aansteeklik. Hulle het meestal songs van hulle nuwe album, “A world next door to yours” gespeel en ek hou veral van ‘Giant Mistake’, ‘I’ll be there’ en ‘I’m only human’. Hulle het ook ‘Dragonflies and Astonauts’ gesing, wat baie cool is. Verder hou e kook baie van hulle weergawe van ‘Lisa se klavier’. In die musiekvideo sing hulle egter, ‘…luister vir die naggeluide van Lise se klavier’, wat my grensloos geïrriteer het, maar ek was bly om te hoor dat hulle nou in hulle live shows ‘...luister na die naggeluide…’ sing. Ek is steeds mal oor hulle weergawe.
Elana Afrika het ook ‘n Parlotones hempie aangetrek en saam met almal kom jol. Al is ons vandag baie moeg, oor ons eers so 12:00pm bed toe is, het ons die vertoning baie geniet en die atmosfeer in die Barnyard Theatre was vir my beter as die vertonings wat hulle in die Coca Cola Dome het, want mens kan sit en die verhoog is baie nader. Ek hoop die Parlotones maak dit nog groot, want hulle is een van SA se beste bands!

No comments: