13 May 2008

HOE MEER SUID KAN JY GAAN?

Wat doen jy op ‘n vakansie dag? Wat maak jy met ekstra tyd? Wel dit was die 28ste April 2008 en ons het nie geweet wat om met ons ekstra tyd te doen nie. Ons besluit toe om iets te doen waar beide van ons nog nie was nie. Dit moes verder ook ‘n plek wees wat darem bekend is. Ons besluit toe op die MEES SUIDELIKSTE PUNT IN AFRIKA. Wat ‘n fantastiese idée! Wat kan jou nou meer hoendervleis gee as om op die mees Suidelikste punt van Afrika te staan.



Sewe uur die oggend, sonder ontbyd, val ons in die pad, met elkeen ‘n koffie in sy koffiefles. Die pad is redelik stil en dit lyk asof ‘n lekker rustige dagtrippie gaan beleef. Niks opwindend gebeur nie en die plan was dat ons op ons instinkte gaan reageer, maar dat ons op die einde by die Suidelikste punt van Afrika wil uitkom. Ons sien ‘n bord wat sê Greyton links. Was nog nooit daar nie.Onmiddelik vat ons die pad.

Kom daar aan en dit is die pragtigste stukkie juweel in die Wes-Kaap. Dit is amper weggesteek. Rykmansbuurt egter en moes jy of die lotto gewen het of jou ouers moet in die Parlement wees. Die huise daar is duur, maar mooi. Hierna vat ons die grondpad na die N2, dit was ‘n gesukkel aangesien die corsa nie gemaak is vir die grondpaaie nie.

Uiteindelik bereik ons die N2. Nou is ons al honger. Nog niks geëet nie. Ons besluit om Caledon toe te ry. Ons laat loop, ons mae kan dit meer hou nie, ons moet sou gou moontlik iets eet. Uiteindelik is ons daar Caledon, dankie Vader, maar o wee, geen lekker restaurant nie. Oral waar jy kyk is net silos (e). Ons koop toe net water en laat loop na Bredasdorp. Candice kyk op die kaart en daar is ‘n aanbevole restaurant net buite Bredasdorp. Ons maak toe so, en vind die restaurant. Dit was een van die lekkerste ontbyte wat ek nog gehad het want ek was honger.

Hierna, Cape Agulhas. Die mees suidelikste punt in Afrika. Ons was bietjie teleurgesteld met die fasiliteite daar. Daar was eintlik geen fasiliteite, net klippe en water en ‘n klip wat sê jy is nou by die mees suidelikste punt in Afrika. Daar was wel bietjie opwinding want ‘n groot slang het die pad gekruis terwyl ons oppad was na die mees suidelikste punt in Afrika.

Hierna is ons terug. See kos geëet in Hermanus, en weereens bevestig dat ons nooit daar sal bly nie. Stadig teruggery tot in Stellenbosch. Die pragtige natuurskoon van die Wes-Kaap bewonder en die aand afgesluit met nog ‘n regmerkie dat ons al daar was. Dink nie ons sal weer gaan nie.

No comments: