26 May 2008

Quad Biking in Pretoria!


Ek en Estelle het die naweek saam met een van die ouens by my werk en sy meisie gaan 4 wiel motorfiets ry noord van Pretoria. In die begin was ons maar nog vreemd, want ek het nog nie regtig voorheen met 'n quad gery nie, or eerder nie met 'n 4x4 quad nie. Mens moes die high range, low range en waneer om 2 wiel of 4 wiel dryf te gebruik.




Die plek waar ons gery het is so teen 'n bult en lyk of dit aan niemand behoort nie, want daar was heelwat mense en dis 'n "free for all". Daar is sulke ongeskrewe en ongesproke reƫls, soos waar om jou voertuig te stop. Verder kyk almal maar uit dat iemand nie in iemand anders vasry nie.



Die mannetjie op die foto hieronder het so klein wit "helmet" aangehad en op sy bitter klein motorfietsie oor die bulte, wat vir hom soos berge moes lyk, rond gejaag.
Ons het dit baie geniet.

No comments: