09 January 2008

Curriebeker Kampioene








Soos julle reeds weet is dit ook ‘n rukkie terug dat ek geblog het. Weereens vra ek innig om verskoning. Maar hier is dit nou!!

Eerste op die lys is die Curriebeker finaal! Toe Stefan my gebel het om my bestes te kry het ek van die een vergeet as my game van die jaar. Stefan as ek dit mag verander, sal jy asseblief die Vrystaat se Curriebeker oorwinning opsit as my beste game van die jaar!

Ek het die voorreg gehad om die laaste 2 jaar se Curriebeker finals op die stadion te aanskou, en altwee was rillers.

Hierdie jaar het ek die Leeus nie eers ‘n kans gegee nie, en die meeste mense het gedink dit gaan ‘n gemaklike oorwinning vir die Cheetahs wees, maar niemand het die Leeus gesê nie.

Ons het wonderlike sitplekke op die hoofpawiljoen gehad (‘n Pel van my was by ‘n troue en kon nie sy seisoenkaartjies benut nie. Dankie Wouter!). Seker so die 5de of 6de ry van voor af.

Die game het vinnig begin met beide spanne wat strafskoppe uitgeruil het. Alwyn Hollenbach is na die eerste paar minute van die veld af, met wat gelyk het na ‘n ernstige knie besering. Tewis de Bruyn het hom op heelagter vervang. My insiens is dit ‘n bedekte seën, want na sy reeks beserings lyk hy nie na ‘n Curriebeker standaard speler nie.

Halftyd was dit 6 elk as ek reg kan onthou. Die Cheetahs het nie so skerp gelyk soos die res van die seisoen nie. Halftyd het die Wêreldbeker Kampioene hulle opwagting gemaak en vir ons die beker kom wys. Wat ‘n voorreg om die William Web Ellis trofee so voor my te sien. Die skare het behoorlik lawaai toe Os die beker gelig het.

Na halftyd was dinge redellik gelykop na die eerste 15 minute. Toe bars die bom met die Leeus wat twee vinnige driee gedruk het. Die eerste een was die Leeus wat die swak verdediging van die Vrystaat uigebuit het. Die ouens het dalk te veel aandag aan Jako Pretorius gegee en vergeet van die ander gevaar manne in die lyn. Die tweede drie was ‘n poks van Justin Rose wat ‘n skoppie oor die agterlyn geskop het en net reggehop het vir die skrumskakel om die bal uit die lug te pluk en net langs die pale te gaan druk.

18 – 6 vir die Leeus en nog minder as 20 minute se speeltyd oor. Toe is daar skielik so rooi kolletjie daar bo in die suidellike pawiljoen wat skree: “Lions , Lions”. Dis toe dat ek my kamera maar weg pak en besin of die nie nou ‘n goeie tyd is om huis toe te gaan en die verkeer te mis nie. Gelukkig het die Cheetahs meer moed as ek gehad en hulle het begin met ‘n terugveg poging. Hulle het seker gemaak dat hulle die bal behou en dat hulle meer doelgerig begin speel. Dit het vrugte afgewerp nadat hulle ‘n stewige rolmaalbeweging in die hoek afgerond het. Genl. de Waal het gesorg vir die ekstra 2 punte van die kantlyn af. So koel soos ‘n komkommer.

18 – 13 en 10 minute oor. Toe haal ek maar weer my kamera uit. Weer was daar goeie spel en al die impakspelers was reeds op die veld. Kambamba en Heinrich Brussouw het vandat hulle op die veld gekom het, hulle stempel hard afgedruk. Dit was weereens Brussouw wat ‘n gat aan die kant van die losgemaal geslaan het en tot in die Leeus se kwartgebied gevorder het. Die volgende fase is vinnig deur Willem de Waal na links versprei met Marius Joubert en Meyer Bosman wat net genoeg spasie gelaat het vir Tewis de Bruis om in die hoek te druk met die res van sy lyf oor die kantlyn, maar genadiglik nog in die lug.

18 Elk. De Waal het die bal opgestel met die gewone rotine en sonder om enige tekens van spanning te wys. Dalk het ek net te ver gesit om dit te sien? Met die linkervoet deur die pale. Die Cheetahs het hulle voorsprong behou deur die laaste 2 minute en so die Curriebeker verower vir die derde jaar in ‘n ry. Vrystaaaaaaaaaat!!
Dit was ‘n ongelooflike seisoen!! Slegs 1 wedstryd wat hulle nie kon wen nie. Wat ‘n droom seisoen was dit nie vir Naka Droske as afrigter nie. Wat ‘n voorreg om die Curriebeker te wen jou eerste jaar af afrigter.
Daar is ‘n paar groot manne wat die Vrystaat verlaat. Die grootste slag is verseker Genl. de Waal. Die laaste 2 jaar die voorste puntemaker in die kompetisie. Os het ook gegroet, Jannie du Plessis, Corniel van Zyl, Ollie le Roux. Bevin Fortuin sal seker nog ‘n ruk uit wees met sy heup wat ontwrig was. Maar niemand het die outjies ‘n kans gegee sonder Rassie nie. Kyk waar staan ons nou. Kom wat wil, die Cheetahs wag!!!
Vrystaaaaat!!!!

4 comments:

Stefan said...

Effens laat, sou ek sê Mila?

S.W. said...

Jip Stella, die nuwe kampioene, die Bulle is al besig met hulle voorbereidings vir 2008!

Watch this space, ons vat hom weer terug die jaar.

Anonymous said...

Ek het mos gese ek is jammer, Stella!!

Stefan said...

Mila, was dit in die dae toe Rassie nog die Vrystaat afgerig het? Schalk, die Bulle soek nog 'n coach. Die WP darenteen het nou 'N coach!! Die jaar maak ons die Kaap weer Hollands!!