21 December 2007

Maropeng

Die afgelope naweek het ek en Estelle besluit om te gaan kyk waaroor Maropeng gaan. Maropeng, as ek my beste direkte vertaling van Tswana kan gebruik, reken ek beteken "plek waar die bene is", want Marope is "bene" en Maropeng is "waar daar bene is". Dit staan ook beter bekend as die "Cradle of humankind" of die "Wieg van die mensdom" en is basies ‚n uitstalling van fosiele en ander interresante uitbeeldings van die aarde en die mens se ontwikkeling die afgelope paar miljoen jaar.


Die beste deel van Maropeng is die ondergrondse bootrit wat op verskillende verbeeldingryke maniere van geluide, reuke, gevoel en mens se sig gebruik maak om jou te laat voel asof jy op ‚n rivierstroom onder in ‚n grot dryf. Die avontuur begin in die hede en vat mens dan terug in tyd deur die verskillende stadiums van die aarde se ontwikkeling. Mens gaan terug na die ys tydperk waar ‚n sneeu masjien en wit rotse met water oral om mens laat voel asof jy in 'Ice Age' die movie is. Later bereik mens die tydperk toe die aarde se kors geskuif het en eindig uiteindelik op in 'n gesimuleerde 'black hole'. Ek was aangenaam veras met die ervaring en het dit baie geniet.

Na ons na al die uitstallings gekyk het en ‚n koeldrank gegryp het, het ek die koordinate van die Sterkfontein grotte in my GPS ingesleutel. Ek het nie veel van die grotte verwag nie en het gereken dis maar net ‚n aanterklikheid om mens na die gebied te lok. Ek was weereens verbaas om te sien dat die grotte heelwat groter was as wat ek verwag het. Die grotte lê onder in 'n klein koppie en mens sou nie kon raai, deur na die koppie self te kyk, hoe groot die grotte daaronder eintlik is nie. Die diepste punt was 60 meter ondergronds.

Beide hierdie aantreklikhede is gegrond rondom die ontdekking van die 2.3 miljoen jaar oue Ausralpithecus africanus fosiel met die bynaam van "Mrs. Ples" wat in 1947 deur ‚n Dr. Robert Broom en John Robinson ontdek is. In 1935 het Robert Broom die eerste aapman fosiel by Sterkfontein gevind. In 1938 het ‚n jong skoolseun, Gert Terreblance, stukke van ‚n fosiel kopbeen naby Kromdraai gekry en ‚n enkele aapman tand is ook later tussen Kromdraai en Sterkfontein gekry. Die opgrawings in Sterkfontein het in 1966 begin en hulle is steeds besig daarmee, wat dit die langste aaneenlopende opgrawing in die wêreld maak. In 1997 is ‘n amper kompleet geraamte gevind wat ongeveer 2.5 miljoen jaar oud is en die bynaam "Little Foot" gekry het.
Wanneer mens die grotte besoek kan mens sien hoe maklik ‚n oermens daar rond kon geloop het en niks verwagtend in ‚n gat geval het, wat dan tot diep in die grot sou opeindig. Die gate is gevorm deur dat die grotte se dak op plekke ingegee het. Plante het later die gat half toe gegroei en as iemand of iets daar rond geloophet kon hulle maklik in die gat geval het. Allerhande stof en klippe het ook mettertyd deur die gat geval, wat dan die geraamte bedek het en as gevolg van die minerale in die grond en die water wat gedurig deur die grotte suipel is die bedekte geraamte versteun en sodoende bewaar vir baie jare.

Ons het die uitstappie baie geniet. Die area rondom die grotte is ook baie mooi en dit was veral lekker om 'n bietjie in die son te kom en net mens se bene bietjie te strek. Die volgende dag was ons bene en boude lekker styf van al die geklim en klouter in die grotte, maar dit was alles die moete werd.

2 comments:

Anonymous said...

STEFAN! You can't let Estelle pose like that with that backround of the unattractive cave woman, very funny ne!
Estelle, weren't there any naked ugly men around to make Stefan pose next to, or were they removed cause they scared the children ;-)
maar dit lyk lekker nog steeds!

S.W. said...

Stella, loving the post my boet! Like ook die Kersfees theme waarmee jy gegaan het vir die festive season. Looks sommer well nice meneer.