18 May 2007

BAIE GELUK MILA EN SUNE!


Die Boedies wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir Mila en Sune geluk te wens op hierdie volgende opwindende stap in hul lewens. Dit gee die Boedies 'n warm gevoel om te sien hoe gelukkig julle twee in mekaar se geselskap is en ons kan niks meer byvoeg deur slegs te noem dat julle die beste besluit van julle lewens gemaak het nie.


Nog 'n Boedie het geval maar, die Boedie bond het niks verloor in die proses nie, want die Boediefamilie is baie trots dat Mila uiteindelik die moed bymekaar geskraap het om vir Sune die ja-woord te vra. Ons is seker Mila sal alles wees wat die Boedie se handleiding: "TROUES EN VROUENS", waarin hy terloops die beste gedoen het met aflegging van die toets, hom geleer het om te wees in hierdie reis van die lewe wat voorle.


Ons weet dat julle tot aan die einde van julle tyd hier op aarde elke oomblik in mekaar se geselskap sal geniet. En soos die seisoene verby vlieg en julle wyser word uit die klasse van die lewe is die Boedies seker dat julle liefde net so sal groei en daar nog vele herdenkings en silwer koeke en goue karre en platinum huise, en al die goed wat gewoonlik gepaard gaan met 'n langhuweliksband, sal wees.


Die Boedies wens julle 'n liefdevolle, geseende en baie opwindende lewe saam voor. Ons kan nie wag vir huwelikseremonie nie. Mila se geheime kan nou uiteindelik op lappe gebring word.
Die Boedies

1 comment:

Mila said...

Boedies

Baie dankie vir die mooi woorde. Ons waardeer dit baie!! Ons sien uit na nog vele Boedie naweke, geleenthede om ook saam met julle wonderlike herhinneringe te bou.