28 February 2007

365 dae

Ek het vir ‘n rukkie nou al nie gepost nie.

Toe Will ‘n jaar geword het op 20 Februarie het dit my die ideale geleentheid gegee om ‘n jaar (sy jaar) in oënskou te neem, te reflect en memories te deel met almal.

Soos al voorheen berig, is Will gebore op 20 Februarie 2006 in Klerksdorp se Wilmed Hospitaal. Baie nice hospitaal, baie nice verpleegpersoneel wat na Elzna gekyk het. Ek het nog nooit so vinnig die kar uitgetrek, aangetrek en reggestaan vir enige iets in my lewe nie.

Toe Elzna my wakker gemaak het seker so net voor 6 met die nuus dat haar water gebreek het, het ek behoorlik gespark. Ek het nog vir haar gewag ook. ‘n Vrou se water wat breek is nie soos die flieks nie. As iemand gewonder het.

Anyway, Will is om 8:15 daardie oggend gebore met ‘n keisersnit. Ek het buite die teater gewag om my seun die eerste keer te sien. Ek is mos nie ‘n ou vir bloed en so nie. Ek kap sommer vinnig vinnig om. Ek sou ingegaan het op die voorwaarde dat ek my eie suster by my sal he. Dit het nie gebeur nie, so ek is nie in nie.

Hulle het hom seker so 15 minute later daar uitgetrollie in die broeikas, reguit na die baba afdeling toe. Ek is agterna, met Will se ouma wat probeer byhou het.

Met die eerste oogopslag was dit duidelik dat die ou ‘n looker is en dat hier nog moeilikheid gaan kom vir al die Evas.

Ongelukkig het Elzna twee weke na die geboorte weer siek geword en sy moes terug hospitaal toe.

Ek is toe alleen na Stella hulle se troue toe in die Vanderbijl Park.

Grand affere gewees met almal wat ‘n jolly tyd gehad het. Veral nadat Attie almal sooo mooi gevra het om lekker te kuier en nie terug te hou nie.

Die doop - Will is op 21 Mei gedoop in Vredefort. Dit werk mos maar so dat die weer ook iets wil se op ‘n dag wat daar ‘n gebeurtenis is. Wel, daai dag het almal notisie geneem van die Vrystaatse wind.

Dit was wragtig koud, miskien die koudste wat ek nog gevoel het. Die wind het behoorlik gewaai maar die susters en familie se koek en tee wat opgedis was, het lafenis gebied teen die winterkou.

Hier is Will op ses maande. Op ses maande het hy begin notisie neem van soveel meer goed om hom. Daarom die groot oë.



Ons was vir die langnaweek Eiland oord toe, anderkant Tzaneen in Limpopo. Baie lekker naweek gewees so in die bos. Hopelik sal Will hierdie jaar kan swem, want hy was die naweek siek en kon nie.

Ons het die drasak gekoop om Will so op die bors te kan dra en nie die heeltyd in die arms nie. Ons het egter nie in gedagte gehou dat die ou so vinnig gaan groei nie. Die sak is hierdie naweek gebruik en nooit weer nie.

Augustus 2006 by die huis, lekker warm toegedraai in komberse.


Naweek by sy oupa in Polokwane, in die swembad. Die son het gelooi, daarom die lekker hoed.


Ons was Montecasino toe vir die dag. Dit was Will en Elzna se eerste keer daar. Hulle het dit baie geniet. Will is mal oor water wat loop en al die fonteine het hom veral vermaak.

Die manier hoe hy slaap.

Ons was Potch toe vir oupa Tien se 80ste verjaarsdag partytjie. Daai oggend het Will ‘n klein ongeluk gehad. Hy het ‘n beker koffie nadergetrek van die tafel af en dit op sy skouer en bors uitgegooi.

Gelukkig het hy nie erg gebrand of enige permanente skade opgedoen nie. Die “gewonde krygsvegter” look was deel van sy grand entrance by die partytjie. Hy het soos 'n extra gelyk uit die De la Rey video.

Die verbande het nie lank opgebly nie en hy het dit die tweede dag afgetrek nadat dit hom gepla het..

Hier is hy in Januarie 07 saam met Saartjie (Roelie hulle se Labrador)

Vuilbek na breakfast.

en later in die dag ondersoek hy die kar vir enige probleme.

Hierdie is maar ‘n paar hoogtepunte van die afgelope jaar in fotos. Kinders word groot. Sommer vinnig. Aan die einde van die eerste jaar sê mens net dankie dat jy dit gemaak het (Of dat hy dit gemaak het).

2 comments:

Stefan said...

Die man lyk behoorlik soos Napoleon in sy verbande. Will, oom Stefan dink jy is "The Ultimate Survivor" en wens jou 'n voorspoedige jaar toe. Jy's vinning besig om in 'n PM te verander(vra maar later vir jou pa wat 'n PM is!!). Schalk, jy dink die ergste is verby...die ergste kom nog pappa!

Anonymous said...

Hai SW that was beautiful!What an ode to one's first born son! Congrats on his birthday and well done to you and Elzna on creating the most adorable and I must say very handsome young man. I can't believe he's so big already and such personality!Enjoy him he really is special!Can't wait to take him out clubbing!JOKES!