26 February 2007

Super 14

Nou ja, as ‘n mens van jou span se oorwinnings op die blog sit, moet ‘n mens seker maar die laagtepunte ook noem as hulle gebeur. Vanaand was ‘n groot laagtepunt. Ek kan nie onthou wanneer laas ek die Cheetahs so sleg sien speel het nie. Iets het êrens net baie verkeerd geloop. Op die stadium is ek seker nie eers Rassie weet wat eers wat gebeur het nie.

Kom ek vat niks weg van die Crusaders af nie. Hulle het vanaand gewys hoekom hulle die kampioene van die kompitisie is en dit nou al vir ‘n paar jaar. Met al die All Blacks wat uit die eerste helfte van die kompitisie het ek gewonder wat van die Crusaders gaan word. Na hulle nederlaag teen die Welpies van Johannesburg het ek gedink is daar rerig die diepte by hulle wat ons gedink het. Nou ek is nou nie baie ophoogte met die Crusaders se name nie, maar sonder Daniel Carter, Richie Mcaw (spelling?), Chris Jack, Aron Mauger was daar nie vanaand vir my veel bekende gesigte nie.

Die Crusaders het nie dat dit hulle vanaand afskrik nie. Ek weet nie of die bogenoemde name eenigsins ‘n beter vertoning te weeg kon bring nie. Die Crusaders het gate in die verdediging van die Cheetahs gekry wat daar nie kenmerkend is nie. Hulle eerste drie kon daai ou druk selfs al het hulle touchies gespeel. En dit het net nie opgehou nie. Daar was so 10 minute in die 2de helfte wat die Cheetahs goeie kontinuiteit gehad het, maar dit was ook al. Herkie Kruger wat nogsteeds nie kan uitskop nie het ook nie gehelp om die sukkelende verdediging kans gegee om te hergropeer nie, en dan is die Crusaders weer oor die lyn. Dit was ‘n lang 80 minute.

Hoe kan dit gebeur dat die Crusaders wat gesukkel en verloor het teen die jong Leeus (ek het nie game gekyk nie, maar hulle kon net 3 punte aanteken) dinge so omkeer. Hoe kan die Cheetahs so swak vertoning insit na hulle oorwinning teen die Waratahs. Of is dit juis die probleem. Hulle laaste 3 wedstryde was teen 3 van die semi-finaliste van verlede jaar se kompitisie. Dit laat ‘n mens weer dink aan die wysheid van die All Black bestuur se besluit om hulle internasionale spelers te rus vir die opkomende wêreldbeker. Gaan ons ouens na al die harde weke nogsteeds ‘n spelpeil kan handhaaf om die bestes in die wêreld te wen? Ek is seker Jake White se hart mis ‘n slag of twee as Juan Smit so stil lê op die grond na ‘n hou teen die kop, of as Schalk Burger …………..wel, sy toks aantrek.

Maar om op te som, die Crusaders het ons ore aangesit vandag. Ons het nie goeie sitplekke gehad nie, en ek is nie ‘n rugbykenner nie, en ek weet nie wat verkeerd gegaan het nie, maar ek hoop die Cheetahs het goeie lesse geleer om hulle van waarde te wees in die res van die seisoen wat voorlê.

Ek luister graag na julle kommentaar.

PS. My kamera se battery is pap. Watch this space vir kommentaar en foto's oor die opkomende wedstryd teen die Chiefs.

No comments: