20 February 2007

"WYN KASKENADES"


Die naweek van die 16de Februarie 2007 was baie lekker en was 'n aangename breuk in my normale naweek routine gewees. Het ‘n oproep van my vrind Willem Breedt ontvang met nuus dat hy daar in my valley, Stellenbosch, vir die naweek gaan wees. ‘n Baie goeie vriendin van Willem, haar naam is Maryke, het vir hom al die pad uit London uit kom kuier en sy het hom genooi vir ‘n kuier in die pragtige Stellenbosch.

Vir al die oud pukke: Maryke is ook ‘n oud puk en was sy in WAIT ‘N BIT!

Wel die naweek het heel formeel afgeskop met 'n bottel witwyn by een of ander restaurant langs die Dros. Van hieraf het die opskop, ironies genoeg, verskuif na Die Akker restaurant. Anders as die Akker in Potch was hier geen koffie bedien nie. Die aand het toe mooi tot ‘n einde gekom met pitza by ‘n restaurant met ‘n waitress met 'n baie aggresiewe persoonlikheid.

Die Saterdag was dit Maryke, Willem en Ek. Ons het die bekende wereld ingevaar waar daar in ‘n baie eksklusiewe taal gekomunikeer word. Woorde soos: kultivaar, ongehout, gehout, Vioner, Shiraz, blend, Cabernet, Sauvignon, Merlot, Pinotage en so meer. As jy die lingo ken dan klink dit nogal impressive. Soos die mense op die kaapse vlakte sou sê: DIT KLINK GRêND as jy so praat.

Ons het begin met Rustenburg met hul baie moderne ontwerpte proe lokaal. Die glase waarin die wyn bedien word is anders as jou gewone glase. Baie interesant. Die wyn was goed, maar die kersie op die koek was die pragtige uitsig wat jy vanaf Rustenburg geniet. Absoluut asemrowend.

Hierna was dit Delheim. Hier het ons onsself vasgeloop in ‘n baie onbeskofte Duitse dame wat die wyn aan ons bedien het. Sy was baie onsteld oor iets. Haar man was seker weg vir ‘n paar dae. Die wyn was lekker, alhoewel ek kan nie meer onthou nie, want na die eerste wynplaas proe jy in elkgeval nie meer nie, dan drink jy net, en jy maak of jy proe en asof jy die inhoud van die geure en die verskillende vrugte wat gebruik word kan identifiseer. Maryke se ander pêl het ons gejoin, Hannes of Chris. Ek is nie nou meer seker nie. Ek dink Hannes. Lekker gekuier, hy het egter ‘n troue gehad en moes ons verlaat.

Af in die pad was Muratie. Hier was die proe kamer vol spinnerakke. Ek dink hulle het probeer poog om ‘n vervalle murasie tipe effek te gee, maar ek dink hulle is maar net lui om skoon te maak dan los hulle alles maar so vuil. Muratie het ‘n baie lekker Shiraz 2003. Die dame het egter vir ons gelag toe ons vra hoeveel dit kos, aangesien sy gedog het ons is studente en dat ons dit nie kan bekostig nie.

Van hier af was dit na die plaas van die kaas en die mooi Bokke, FAIRVIEW. Ons was amper laat, maar wel toegelaat. Hierdie wynplaas is lekker want jy kan kaas eet terwyl jy wynproe. Die wyn is eintlik nie so lekker nie. Hier het ek natuurlik my naam weer met ‘n leë wynbottel geslaan deur per ongeluk in die dames toilet in te stap. Kom ons gee die wyn maar die skuld.

Weg by FAIRVIEW het ons gejaag na SIMONSVLEI. Hier het hulle ons ook net net geakkomodeer. Nie veel gebeur nie, want die mense het begin oppak terwyl ons nog geproe het. Ek kan nie eers onthou hoe die wyn geproe het nie.
Die dag het geeinding met ‘n braai by Maryke se pa se huis. Lekker geselskap en kuier saam met vriende en familie is maar die beste. Dit was ‘n lekker tyd gewees en ek is seker dat wanneer Maryke en Willem in die omgewing is ons die avontuur sal voortsit. Daar is nog ‘n paar honderd wynplase om te gaan.

1 comment:

Anonymous said...

Mens kan sien die wyn het behoorlik gevloei. Kan ons plek bespreek op "Attie se wyntoere"?