07 March 2007

Afrikaans, my taal!

Ek is nie een van daardie ouens wat net rugby en sport kyk nie. As 'n mens na my posts tot dusver kyk, mag 'n mens daardie indruk kry. Maar ek en Suné het ook kultuur in ons en het ons Suid-Afrikaanse kunstenaars ondersteun. Sand du Plessis Hoërskool het so 2 naweke terug vir Chris Chameleon hier gehad vir 'n fond insameling projek. Die man is briljant. As iemand ooit die geleentheid het om hom te sien optree, moet dit nie misloop nie. Ek het nou ongelukkig nie foto's geneem nie.
Verlede week was dit Ghappi en Jak de Priester. Dit was lekker gewees. Die verhoog was onder 'n marqieus tent (spelling??). Daar was ook lekker eet en drinkgoed te koop. Lekker jolige atmosfeer. Ghappi en sy band was eerste aan die beurt. Die ouens het van hulle nuwe songs gespeel en golden oldies, waar ons lekker kon saamsing. Daai ou mag maar dromme speel, en hy laat dit baie eenvoudig lyk.



Jak de Priester het bekendheid verwerf met die song "Sally Williams Nougat". Hy is ook nou elke aand op M-Net te hoor as Binnelanders begin. Ek het gedink hy is 'n rustige siel, maar die man hou van rock and roll.



Ek gaan nou nie een van die twee se CD's koop nie, maar dit was 'n baie lekker aand en die ouens het ons lekker vermaak en lekker laat lag. Moenie ophou om ons plaaslike mense te ondersteun nie. Hulle mag maar!!

No comments: