02 February 2009

Desember Vakansie - Deel 2

Die tyd gaan darem maar vinnig verby! Dit is al Februarie en ek het nog nie eers klaar vertel van ons Desember vakansie nie, maar hier gaat hy!

Die Woensdag oggend het ons weer vroeg in die pad geval en die berg agter ons gelaat. Die N2 het ek laas gery toe ek bitter klein was. Soos Somerset en Strand agter ons weggeraak het, het ek naambordjies gesien wat ek nog net van gehoor het, en nie nou eers meer kan onthou nie. Ek dink weer dat dit tog die moeite werd was om die tent te koop, want ek en Suné moet nog by al die plekke kom kamp en kyk hoe lyk hierdie juwele van die Wes-Kaap wat nie aldag in die toeriste brosjure vertoon word nie.

Die immergewilde padstalle was hier ook gewees. ‘n Baie sterk Caffe Laté gedrink by die eerste se restaurantjie, en toe weer die pad aangedurf. Die wingerde raak nou al hoe minder en verder versprei uit mekaar. Ek lig myself so elke nou en dan uit die sitplek om op die horison te loer of ek nog nie die blou oseaan kan sien nie.

Die rut van ongeveer 4 ure het vinnig verbygegaan met die mooi landskap waardeer ons ry met die berge wat vervang is met golwende grasse wat rol oor die heuwels, en dan uiteindellik as jy regs kyk sien jy die uitgestrekte blou oseaan en jy proe die sout in die lug.

Ons was twee jaar terug hier gewees, maar ons kry darem die pad maklik na die huis toe waar ons gaan bly. Tipies Vrystaters het ons so gou as moontlik uitgepak en die handoeke gegryp om strand toe te gaan. Sommer die naaste strand by Klein-Brak. Dit is wonderlik om die roomyskarrtejie nog daar by die trappies te sien staan, die sand tussen jou tone te voel en die coconut reuk van sonroom te ruik. Ons het nie eers ‘n sambreel gevat nie, want dis effens bewolk maar nogsteeds warm genoeg om te duik in die branders en my “body surf” tegniek weer op te skerp. Ek wonder of hulle dit eendag ‘n afdeling van surfing gaan maak. Ek dink ek sal nogal goed doen.

Een ding wat anders was as twee jaar terug, is dat ons nooit soos vandag uit parkeerplek kon kies by die strand nie, en dat jy hope plek het op die strand om te kies waar jy jou strandsak gaan neerplak nie. Oppad huis toe, sien ek ook dat daar baie “Te Koop” borde op die sypaadjies staan. Moet seker maar die ekonomiese situasie wees wat orals byt.

Later het ons gou vir oom Tinus-hulle gaan hello se wat daardie selfde dag ook daar gearriveer het, en hulle karvaan en tente al gemaak staan het in Outeniqua karavaan park. Weereens is ek bly oor die tent wat ons gekoop het. Dit is lekker om hulle almal weer te sien, en die Hartenbos vakansie beloof om weer heerlik te wees saam met nig Marike en neef Radyn.

Elke dag het min of meer dieselfde roetine gevolg. Staan op en gaan borsel tande, terwyl ek deur die venster gluur wat oor die see uitkyk om te kyk wat die dag se weersomstandighede vir ons inhou. Soek my ma se radiotjie met die oorfone om te hoor hoe gaan dit met die Protea’s in die eerste toets “down under”. Geniet ‘n broodjie vir ontbyt steeds met Neil Manthorp wat bal-vir-bal kommentaar in my ore die krieket baie kleurvol uitsaai. Hy is nogal vrolik want ons is besig om die Aussies pak te gee. Nogal lekker om nederige Aussie kommentators te hoor.

Uiteindellik is Suné ook wakker en nadat almal ‘n koffie geniet het, word die strandsakke gepak en is dit Hartenbos strand toe. Eers gou by oom Tinus-hulle stop en kyk of hulle al reg is. Hulle is net besig om die laaste goed in die Jetta se boot te laai en daar gaat ons. Self in Hartenbos is dit besonder stil. Weereens is dit ‘n bewolke dag, maar lekker warm. Die ma’s moedig net almal aan om steeds die roompies te smeer. Die UVB strale doen nogsteeds hulle ding selfs deur die wolke.











As almal genoeg geswem en ge-tan het, word die broodjies, koekies, sappies in die coolbox gepak, sambrele opgeslaan en gaan ons huis toe om te stort en skoon aan te trek. As die son begin sak is dit terug karavaanpark toe om ‘n vuurtjie te gaan aansteek om te braai saam met die familie. 30 Seconds is ook weer ‘n treffer en ‘n groot gelag. Die flou kampliggies maak ‘n ou nogal lomerig en as ons gaan lê verbeel jy jou jy kan tog die branders hoor soos jy wegdryf na droomland.

Daardie naweek het die mense arriveer, en is Hartenbos en omgewing weer ‘n miernes en is dit amper onmoontlik om die kusdorpie te beweeg, maar dis lekker. Die eerste reendag was ons maar Mosselbaai se mall toe. Suné soek ‘n nuwe bikini. Gelukkig was ons weer geseën met heerlike weer. So dag of wat voor Kersfees het die wind egter kwaai gepla. Ons is maar elke oggend vroeg strand toe, want so teen middagete het die wind begin opsteek. ‘n Stormsterkwind het die eendag die karavaanpark so verniel dat die die Burger se voorblad gehaal het, en ek wonder of dit tog wys was om die tent te koop.

Ag, dis wonderlik om by die see te wees. Wat ‘n voorreg om in die golwe te baljaar saam so pragtige vrou in jou arms en die grasieuse Outeniqua berge in die agtergrond. Heeltemal te gou is dit tyd om huis toe te gaan en jy verlang al klaar terug na daai brander wat jy van doer diep tot op die strand gery het. Ek is seker ek sou die Kelly Slater van “body surfing” gewees het.

Oppad huis toe deur die Karoo dink ek weer aan die gedig van Zanele Nkosi:

Whoever upon reading these words may think of me,
Of the summer that was like an unfolding flower.
When we spoke insignificantly of life, or happiness and how to obtain it.
Of the times we tried to reach the stars, barehanded and upon failing,
looked at the sky ..... with laughter, without fear.

If you remember me, think of the laughs, and don’t dwell upon the times we cried.
The past should be kept for years, not lost in the summer rain.
My memory of you today, I cannot explain.
My love for you yesterday was just the same.

1 comment:

Stefan said...

Mila, nice foto, die een van jou en Sune met die see in die agtergrond!