02 February 2009

Vakansie - Deel 3

Na al die tyd wat ons by oom Tinus-hulle se karvaan deurgebring het die vakansie, en met ons nuwe tent wat in die kas lê, moes jy my nie twee keer nooi om te gaan kamp nie.

Ons het plek bespreek by die nuut opgradeerde Aldam Estate net buite Ventersburg vroeg in die nuwejaar. Ons hoor baie mooi dinge van die oord en was baie opgewonde. Ek en Suné saam met Izak en Chistina sou van die van die Donderdag af daar wees. Sune se ma-hulle sal Vrydag na werk by ons aansluit. Corné en Tinus moet nog Saterdag werk, en dan kom hulle ook. Lekker, hoe meer siele hoe meer vreugde.

By die oord aangekom was ek sommer gou-gou op my perdjie. Die knaap by Ontvangs het nie my faks wat my deposito bevestig ontvang nie. Nou wil hy hê ek moet weer betaal. Ek het dit al verlede maand al gestuur. Dit is nou nadat ek 3 e-posse gestuur het, om foute op my bespreking uit te sorteer. Om strokies te bêre is nie my sterkpunt nie, maar gelukkig het ek die ene gehou. Ek is nie lus vir ‘n gesukkel nie, want ek wil die tent maak staan en by die viswater uitkom.

Oppad na die staanplek toe ry ons verby chalet’s wat baie mooi lyk, elk met ‘n houtdek wat ‘n pragtige uitsig wat uitkyk oor die dam. Nou voel ek bietjie beter. Daar van die hoogtejie sien ek toe ‘n lekker plek om te gaan hengel. Die dam maak so vernouing wat die twee groter dele van die dam verbind.

Dit lyk nog nie of hulle met die opgradering baie aandag aan die karvaanpark gegeen het nie. Die staanplekke lyk maar uitgedor. ‘n Mens moet ook seker in gedagte hou dit dit ‘n ontsettende droë en warm somer was. Ons kry toe ‘n geskikte plek naby Ablusieblok A. By nadere inspeksie van die geriewe van blok A het dit gelyk of die mense nog nie daar gemop en gevee het daardie dag nie, maar dit was mooi uitgeteel met genoeg storte vir almal wat wil skoon.

My moed val sommer weer in my skoene toe ek na die kragpunt toe loop. Niemand het gesê dat kampeerders karavaanplugs moet saambring nie. Al die plekke waar ek al gekamp het, het 3 punt kragproppe. Ons bure (wat ‘n mens sommer kan sien gereelde kampers is) het so ‘n ge-modifiseerde verlenging gemaak wat ‘n ekstra 3 puntprop tot ons beskikking het. Ek hoor toe sommer by die man wat daar werk dat daar wel vir die spesiale kragproppe by die winkeltjie beskikbaar is.

Dit het ‘n ruk gevat om die nuwe Howling Moon Strata Bush Dome met extention te maak staan, maar nie so erg soos wat ek gedink het nie. Dit was immers die eerte keer dat ons hom opgeslaan het, so van hier af sal dit net beter gaan. Ek is baie in my skik want hy lyk mooi en stewig. Net vir ingeval gooi ek maar ‘n storm tou oor.
Ek onthou nog wat daai storm wind met die tente en karavane by die see gedoen het. Die oom hier langs my wat met dieselfde tent kamp se ek hoef nie bekommerd te wees nie. Hy het al by die see gekamp in erge wind en geen probleme gehad nie. Dit laat my meer gerus voel, maar ek los maar die storm tou oor.

Uiteindellik af dam toe. Die meisies het warm geky hulle het eers gaan swem. Toe hulle terugkom het Izak al klaar ‘n paar gehaak. ‘n Karp en ‘n geelvis. Nie baie dat ek geelvis van nie. Ek hoop ek kry darem ook van hulle. Izak trek hele paar ander geelvisse uit, wat aan absoluut enige iets by wat hy probeer. Degie, pap, mielies en floaties. Alles werk. Ek kry niks. Darem later die middag het my geluk gedraai en het ook polisiemanne gehad wat begin spring het. Die meeste van ons vangste was kleinbek-geelvis. Al is hulle klein, sit hulle ‘n lekker geveg op en spook om in die water te bly. Ek is ekstra versigtig want ek eksperimenteer met fyn gerei. ‘n 0.18mm dikte hooflyn van 2.28kg breekkrag maar met ‘n vris leader van 0.30mm, en nommer 1 hoekies.




























Die meisies het by ons aangesluit en vertel net van hoe mooi die swembad is, en dat die winkeltjie als het as ons iets vergeet het. Die karavaanplug is daar te koop vir R80.

Eweskielik begin dit te drup en ‘n donker wolk trek oor ons, en voor ons ons oë kom uitvee sous dit. Ons pak op terwyl ons papnat reen en gooi net alles in die kar so vinning ons kan. Papnat storm ons by die tent in en wag dat die wolk verby trek. Half moedeloos sit ons vir mekaar en kyk want kamp en reen werk mos nie lekker saam nie, maar ons was gelukkig. Dit was maar ‘n donderbui wat gekom en gegaan het. Ons het gou gaan stort en droog aangetrek en die kole aangesteek. Dit is mos hoekom ‘n mens kamp. Sterre in die lug, ‘n koue ene in die hand en ‘n tjoppie op die kole. Ons is vroeg in die kooi want more moet ons vroeg op om die grotes te vang. Dit is toe dat ons uitvind dat ons nuwe matras ‘n puncher het. Toe moes ons maar 4 op een dubbelbedmatras slaap. Ek dink Izak en Christina het dit geniet om so styf te lê vir die hele nag.

Dievolgende oggend saam met die son op en oppad dam toe. Die vangs was goed en my srike rate het ook opgetel. Izak was vasberade om ‘n groot baber ook uit te trek. Die aas van sy keuse is ‘n paar tuinslakke wat toe ook mooi gewerk het. So ruk later het hy die outjie van uitgetrek. Hy het ‘n lekker fight opgesit.
Die skoonfamilie het later die middag arriveer en ons het gou gehelp om hulle tent te maak staan. Skoonpa het sommer vir ons een van die plugs in Hennenman gekoop vir R40. Weer lekker gebraai en gekuier die aand.
My ma-hulle het ons kom verras om saam met ons te kom visvang vir die dag. My ma is nie juis 'n kampeerder nie, en het die mooi chalet verkies met sy en-suite geriewe. Ons het 'n produktiewe dag langs die waters beleef met baie vis, maar almal was maar aan die klein kant. Almal het darem aksie gehad. Selfs Tinus, Corne se liefde wat nog nie gaande is oor die tydverdryf nie, het sy eerste karp uitgetrek.
















Die aand het ons laer getrek om die rooster en lekker gekuier. Vir 'n naweek wegbreek is Aldam beslis 'n opsie om te oorweeg. My ma-hulle was baie beïndruk met die geriewe en netheid van die chalet. Moet net nie jou deposito strokie weggooi nie. Vir visvang sal ek eerder by die Willem Pretorius Wildreservaat aan die oorkant van die dam gaan hengel, maar lekker kuier en ontspan, dit het ons beslis gedoen.


No comments: