12 August 2008

Boedie in Duitsland: Ettlingen





Coat of arms of Ettlingen

[Ettlingen se wapen]






Die afgelope naweek het ek en Erik, my vriend hier in Duitsland, in die Swart Woud net suid van Ettlingen gaan stap. Ettlingen is so 8km suid van Karlsruhe en mens kan met die tram van Karlsruhe af daar uitkom, maar Erik het my sommer by die woonstelle kom oplaai. Ons het 'n stewige roete in die woud gedoen. Dis somer in Duitsland en die woud is groen en lewendig. Oral is daar groot groen grasvelde waar mense met 'n sweeftuig opgestuig en geland het. Oral in die woud stap mense van alle ouderdomme rond en ek reken die mense van die omgewing moet baie gesond wees. Al die oefening en die varslug wat die woud verskaf kan net goed vir 'n mens wees.
Na die stap was ons honger en ons het in Ettlingen gaan eet. Die dorp het allerhande ou geboue met onderandere 'n ou paleis en ook ou brue wat oor die riviertjie wat deur die dorp loop gebou is. Ons het by 'n italiaanse plekkie roomys geëet en na ons deur die dorp geloop het, die dag afgesluit met 'n aandete by een van die ope lug restuarante.

09 August 2008

Boedie in Duitsland: Tram 5

Hierdie is 'n foto van die nommer 5 tram in Karlsruhe. Die nommer 5 tram is 'n ouer model as die ander en het nog sulke houdbankies binne wat soos ou skoolbanke lyk. Ek het die foto Saterdagoggend geneem toe ek my klere by die wassery naby die Entenfang stop gaan kry het. Ek was vroeg,so toe stap ek sommer bietjie daar rond.

Ek het my beste duits bymekaar gemaak en 'n paar ekstra splinternuwe woorde in my gatsak gesit sodat ek en die Jungfrau ('girl') by die wassery mekaar kan verstaan, maar toe gebruik ek net 'Guten Morgen', 'Veilen Dank' en 'Wiedersehen'. Ek was teleurgesteld, maar ok, ook maar verlig.

Ek is mos nou die enigste van die groep Suid Afrikaners hier, wat oorgebly het en ek kan sien hoe mens maklik eensaam sal raak as vir mens lank in 'n vreemde plek moet bly en dis so moeilik om met enige iemand te gesels. Erik het my genooi na 'n braai vanaad. Hoop nie almal daar praat ook duits nie.

03 August 2008

Boedie in Duitsland: Europa-Park

[Europa-Park]


Ons is vroeg uit die vere en met 'n gehuurde minibus suid op die autobahn. Nie te ver suid van Karlsruhe is Europa-Park, wat 'n vrek groot vermaaklikheids park is. Dis basies iets soos Disney World, met honderd verskillende goed om te doen, van 'roller coaster rides', tot yskaats vertonings, mense wat soos strokiesprent karakters aangetrek is en kinders vermaak, uitstallings, spookhuise, enige ding wat mens aan kan dink is daar.



[Stefan voor 'n ou Mercedes resiesmotor]


Dit is een standaard morg grond waarop die plek gebou is en jy loop jou bene stompies om alles te sien. Ons het die dag begin met 'n 4D fliek, wat regtig iets was om te sien. Dit was nie baie lank nie, maar mens kan sien dit moes baie werk gevat het om te maak. Die detail was baie goed en dit was verstommend realisties. Op'n stadium kom 'n haai uit nêrens uit nie, reg opmens afgejaag en hap so in jou rigting en mens voel jy bemors jouself. Hulle maak van allerhande goed soos wind, watersproeiers en beweegbare stoele gebruik om dit so realisties as moontlik te maak. Was baie goed.

[The Silver Star]

Ons het toe op verskeie van die 'roller coasters' en ander bane gery en groot pret gehad. Dis somer is Duitsland en ek sukkel nog om te glo dit kan so warm raak hier. Dis ook die somer vakansie hier en daar was der duisende mense in Eurpo-Park. Ons is half vyf huis toe en ek was gedaan, maar oppad terug het ek gedink hoe gelukkig ek is om dit alles te kan doen. Moet sê, ek stres elke keer om hierheen te kom, maar terwyl ek hier is, het ek die tyd van my lewe. Ek kan nie sê ek geniet nie my werk op die oomblik nie. Hey, iemand moet dit doen, hu? Wens net Estelle was ook hier.
http://en.wikipedia.org/wiki/Europa-Park

Boedie in Duitsland: Bustoer in die Suide

Hierdie Boedie is, soos voorspel, weer terug in Duitsland vir werk, of eerder vir vergaderings, want dis wat my Visum sê en as enige iemand vra is dit wat ek doen. Die keer sommer 'n 'multiple entry 45 day' Visum wat geldig is tot Januarie 2009 gekry. Dit raak egter al moeilker om 'n Visum te kry, seker oor so baie ouens van my span hierheen moet kom. Wel, die keer is die klient ook hier en ons is regtig heeltyd besig met meetings. Die verhouding tussen die Suid Afrikaanse span en die klient is een waarin ons openlik debat voer en se wat ons dink en as ons voel dit wat die klient soek is nie die beste vir hulself nie, dan sê ons hulle. Dit het ons Duitse kollegas effens geskok om te sien hoe ons met die klient redeneer en dit maak hulle baie senuweeagtig, maar ons kon nie vir 'n beter verhouding gevra het nie.

Ek het wel amper moelikhied opgetel by O.R. Tambo. Estelle het my gaan aflaai, ons het 'n koffie gedrink en ek het in die SAA ry gaan staan. Goeie moer, hulle moet iets daar doen voor 2010. Dis 'n gemors. Mens weet nie waar moet jy staan nie. Is die die SAA ry of die British Airways ry of wag dit lyk soos Lufthansa, nee hel dis pateties. Elkgeval, toe ek uiteindelik voor in die regte ry kom, toe is my tas 9kg oorgewig. Geen probleem, ek sal maar net eenvoudig die res moet inbetaal, want Estelle is teen die tyd al amper by die huis. R200 vir elke kilogram bo 20 kilogram. Tweehonderd Rand!! Jy mok my! Nee wat, toe gaan probeer ek van die klere in my tas in my handbaggassie tas druk en ek trek my baadjie aan. Ek sweet so warm kry ek toe ek my tas weer weeg...25kg. Steeds teveel. Na ek die keer regtig hard moes vors het ek darem die gewig tot 22.5kg afgekry en die dame by die skaal het seker gesien die man sweet asof hy besig is om 'n hartaanval te kry en net 22kg op die papierjie geskryf. Ek dog en soen haar. 22kg is die maksimum wat hulle toelaat sonder dat jy hoef te betaal. Toe ek binne kom het ek my baadjie om my heupe vasgemaak en moes ek nog gaan cigarette koop vir een van die ouens hier.
Saterdag is ons met 'n bus na die Baden-Baden gebied. Die projek betaal om ons en die klient uit te vat, so alles is opdie huis. Gaan nie eens probeer verduidelik hoe versigtig ons moet wees met 'compliance issues' en als nie. Die bus? 'n 36 Seater, want vir een of ander rede was dit goedkoper om die groter bus te vat as 'n kleintjie. Moenie vra nie, die Duitsers werk anders, ok? Daar was 'n toergids wat geskiedenis vertel het en die manne het lekker saam gekuier. [Die ongelooflik mooi Baden-Baden omgewing]
Ek het die keer ook 'n vreeslike groot stuk swartwoud koek in die swartwoud geëet. Dit het egter 'cherry liquer' ingehad en ek was telleurgesteld, want ek is nie mal oor kos of chocolade wat alkohol in het nie.


Ons het die res van die dag in Baden-Baden spandeer en dit afgesluit met 'n lieflike aandete en 3 glasse Duitse bier. Die busdrywer het bestuur, so ons kon lekker ontspan.