09 August 2008

Boedie in Duitsland: Tram 5

Hierdie is 'n foto van die nommer 5 tram in Karlsruhe. Die nommer 5 tram is 'n ouer model as die ander en het nog sulke houdbankies binne wat soos ou skoolbanke lyk. Ek het die foto Saterdagoggend geneem toe ek my klere by die wassery naby die Entenfang stop gaan kry het. Ek was vroeg,so toe stap ek sommer bietjie daar rond.

Ek het my beste duits bymekaar gemaak en 'n paar ekstra splinternuwe woorde in my gatsak gesit sodat ek en die Jungfrau ('girl') by die wassery mekaar kan verstaan, maar toe gebruik ek net 'Guten Morgen', 'Veilen Dank' en 'Wiedersehen'. Ek was teleurgesteld, maar ok, ook maar verlig.

Ek is mos nou die enigste van die groep Suid Afrikaners hier, wat oorgebly het en ek kan sien hoe mens maklik eensaam sal raak as vir mens lank in 'n vreemde plek moet bly en dis so moeilik om met enige iemand te gesels. Erik het my genooi na 'n braai vanaad. Hoop nie almal daar praat ook duits nie.

No comments: