03 August 2008

Boedie in Duitsland: Bustoer in die Suide

Hierdie Boedie is, soos voorspel, weer terug in Duitsland vir werk, of eerder vir vergaderings, want dis wat my Visum sê en as enige iemand vra is dit wat ek doen. Die keer sommer 'n 'multiple entry 45 day' Visum wat geldig is tot Januarie 2009 gekry. Dit raak egter al moeilker om 'n Visum te kry, seker oor so baie ouens van my span hierheen moet kom. Wel, die keer is die klient ook hier en ons is regtig heeltyd besig met meetings. Die verhouding tussen die Suid Afrikaanse span en die klient is een waarin ons openlik debat voer en se wat ons dink en as ons voel dit wat die klient soek is nie die beste vir hulself nie, dan sê ons hulle. Dit het ons Duitse kollegas effens geskok om te sien hoe ons met die klient redeneer en dit maak hulle baie senuweeagtig, maar ons kon nie vir 'n beter verhouding gevra het nie.

Ek het wel amper moelikhied opgetel by O.R. Tambo. Estelle het my gaan aflaai, ons het 'n koffie gedrink en ek het in die SAA ry gaan staan. Goeie moer, hulle moet iets daar doen voor 2010. Dis 'n gemors. Mens weet nie waar moet jy staan nie. Is die die SAA ry of die British Airways ry of wag dit lyk soos Lufthansa, nee hel dis pateties. Elkgeval, toe ek uiteindelik voor in die regte ry kom, toe is my tas 9kg oorgewig. Geen probleem, ek sal maar net eenvoudig die res moet inbetaal, want Estelle is teen die tyd al amper by die huis. R200 vir elke kilogram bo 20 kilogram. Tweehonderd Rand!! Jy mok my! Nee wat, toe gaan probeer ek van die klere in my tas in my handbaggassie tas druk en ek trek my baadjie aan. Ek sweet so warm kry ek toe ek my tas weer weeg...25kg. Steeds teveel. Na ek die keer regtig hard moes vors het ek darem die gewig tot 22.5kg afgekry en die dame by die skaal het seker gesien die man sweet asof hy besig is om 'n hartaanval te kry en net 22kg op die papierjie geskryf. Ek dog en soen haar. 22kg is die maksimum wat hulle toelaat sonder dat jy hoef te betaal. Toe ek binne kom het ek my baadjie om my heupe vasgemaak en moes ek nog gaan cigarette koop vir een van die ouens hier.
Saterdag is ons met 'n bus na die Baden-Baden gebied. Die projek betaal om ons en die klient uit te vat, so alles is opdie huis. Gaan nie eens probeer verduidelik hoe versigtig ons moet wees met 'compliance issues' en als nie. Die bus? 'n 36 Seater, want vir een of ander rede was dit goedkoper om die groter bus te vat as 'n kleintjie. Moenie vra nie, die Duitsers werk anders, ok? Daar was 'n toergids wat geskiedenis vertel het en die manne het lekker saam gekuier. [Die ongelooflik mooi Baden-Baden omgewing]
Ek het die keer ook 'n vreeslike groot stuk swartwoud koek in die swartwoud geëet. Dit het egter 'cherry liquer' ingehad en ek was telleurgesteld, want ek is nie mal oor kos of chocolade wat alkohol in het nie.


Ons het die res van die dag in Baden-Baden spandeer en dit afgesluit met 'n lieflike aandete en 3 glasse Duitse bier. Die busdrywer het bestuur, so ons kon lekker ontspan.




No comments: