01 September 2008

SW ROELAND: WARE NOMMER 1!

POTCHEFSTROOM, NOORDWES. – Die 29-jarige S.W. Roeland het Woensdag die 20ste Augustus 2008 die eerste Boedie geword wat die gesogte BOEDIE Meesters-golftoernooi gewen het. Tot op datum is hy die enigste Boedie wat dit kon vermag. Dit moet egter in gedagte gehou word dat die toernooi hierdie jaar vir die eerste keer plaasgevind het.

Kenners het voor die aanbreek van hierdie toernooi bespiegel dat SW dalk sou sukkel om die druk op die dag van die hierdie belangrike toernooi te verwerk. Veral gesien in die lig dat die ander spelers soos Emile Langeveld, Adrian Montzinger en Stefan Le Roux almal met goeie reputasies by die toernooi aangekom het. Inteendeel die laaste keer wat hierdie vier teenmekaar kragte gemeet het, op die alombekende en immerbeminde baan van die Pampoene (glad nie ‘n indikasie dat almal wat daar speel pampoene is nie), was Emile en Adrian in topvorm en was die enigste kompetisie: wie eerste SW of Stefan se bal gaan vind tussen al die rof. Dit moet egter in gedagte gehou word dat beide van hulle op daardie stadium rugprobleme gehad het.

Verder het SW ook die reputasie dat hy onder druk vou en veral wannneer hy teen sy gootste teenstander Adrian Montzinger te staan kom. Hier is slegs een woord nodig om te noem: “Brain Lara krieket”, maar dit word gelos vir ‘n ander dag. Adrian wou hierdie sielkundige terkortkoming van SW uitbuit, maar nadat hy ‘n e-pos vanaf SW met die volgende woorde ontvang het: “Hy kan maar try. Maar as hy vir my lag as ek 'n*%&@# shot geslaan het OF as hy net stilbly, gaan ek hom @#$%* met 'n stok”, was sulke planne gelaatvaar. Die wenner sou slegs bepaal word deur die beste speler.
Na ‘n paar goeie vertonings in toernooie voor die BOEDIE Meesters het SW die toernooi begin as gunsteling. Emile as tweede vanweë sy reputasie en Stefan en Adrian was maar in die agtergrond vanweë ‘n gebrek aan enige noemenswaardige voorbereiding.

In moeilike speeltoestande het SW van die begin af die spel na die ander spelers geneem. Hy het sy “big dog” laat sing en elke keer die arme wit balletjie geslaan dat jy die bal jammer kry. Emile het ook goed begin. Hy het by verre die meeste skoonvelde raakgeslaan en het goed gelyk vanaf die bof, vir die eerste nege. Aangesien familie hierdie berig gaan lees, sal ons maar nie oor Emile gemoedstoestand gedurende sy tweede nege verslag gee nie.
SW en Emile het met die klubhuis voorsprong gesit na die eerste nege. Adrian het teleurgestel, maar het in die agtergrond geskuil, gereed om toe te slaan. Stella was ook daar en het seker gemaak dat almal maar stilbly nadat hy geslaan het.


Die tweede nege was meer kompeterend. SW het steeds konstant gespeel en het niemand geen gunsies bewys nie. Op ‘n baan waar dit moeilik is om voëltjies aan te teken het hy die enigste voëltjie van die dag aangeteken. Adrian het goed terug geveg in die tweede nege en met 7 houe verbeter op sy eerste nege. Emile was ook daar, maar meestal tussen die bome, gelyk of hy voëltjies wou raakslaan in plaas van aanteken. Stefan was ook daar en eers aan die einde sy ritme teruggekry.

SW het egter die dag gevat en die klubhuis binnegegaan met ‘n wen van 7 houe oor sy naaste teenstander Adrian Montzinger. Emile en Stefan was onderskeidelik derde en vierde.

SW dra hierdie oorwinning op aan sy gesin, vriende en familie. Hy het onder andere gesê: “Daar is ‘n paar belangrike dinge in ‘n man se lewe: Om jou vrou in die kerk te sien afstap op jou troudag, om die All Blacks te wen in Nieu-Zeeland en om die Boedie Meesters teen die Boedies te wên, hierdie is daar bo”.

Emile Langeveld het gesê: “Volgende jaar is nog ‘n kans, ek sal werk aan sekere aspekte van my spel, probeer om voëltjies op die regte manier aan te teken, maar SW het goed gespeel en verdien die oorwinning”.

Stefan het gesê: “My resultaat wys jou dat sonder konstante oefening jy gaan sukkel in die spel, ek sal my prioriteite moet heroorweeg , dit is of golf of niks.”

Adrian het gesê: “Ek het op my natuurlike talent staatgemaak en toe verloor ek natuurlik. Ek moet nog werk aan sekere aspekte van my spel, veral my sielkundige intimidasie tegnieke. Die ander spelers vang vinnig op. Op enige ander dag sou my naam op die trofee gewees het, maar hierdie jaar is dit SW. Hy verdien dit.”
Wel so word nog ‘n BOEDIE Meesters voltooi. Geluk SW en met die boodskap vanaf die ander Boedies dat SW maar moet houvas aan die trofee vir solank hy kan, sien ons uit na die volgende opwindende aflewering van die BOEDIE Meesters.

2 comments:

S.W. said...

Attie, rugprobleme?

Ons almal weet jy was daardie tyd beter want jy het meer golf gespeel en minder geswot. Gelukkig is jy ongelooflik slim.

Ek kan glad nie onthou dat ek enige dreigende woorde uitgespreek het teenoor my mede-spelers in die Boedie Meesters nie. Absolute media sensasie jagter, meneer Montzinger.

Verder, baie goeie verslaggewing. Dit het die dag mooi bymekaargevat.

Goeie werk!

S.W. said...

My foto met die gesogte trofee kon groter gewees het...