23 September 2008

Die Groote wat nie weggekom het nie

Vir my om 4uur in die oggend op te staan beteken een van twee dinge. 1, Ons is oppad see toe of 2, oppad dam toe. Vanoggend was altwee van toepassing. Ek moes vir Suné 4:30 by die skool gaan aflaai want sy gaan saam met die Gr. 8’s op hulle “Verrykingstoer” Groot-Brak toe. Ek is mos nou wakker, so ek kan net sowel van die geleentheid gebruik maak om die eerste hengelsessie vir die nuwe seisoen te gaan geniet.

Saterdag se weer op SABC 3 het weathersa.co.za se voorspellings bevestig. Net ‘n ligte noordooste wind wat gaan waai met ‘n maksimum tempratuur van 22 grade Celcius. Die tyd van die jaar kan nogal baie sleg raak as die wind opsteek. Dan het jy nie ‘n idee as die vis byt soos jou polisieman rondwaai nie.

Ek het by die dam aangekom met net genoeg lig dat ek darem kan sien wat ek doen. Die water was ysig gewees om die mieliebom mee aan te maak. Met sonopkoms was ek reg om te gooi.



Die meeste van die kere as ek gaan vang leer ek iets nuuts. Vandag het ek geleer om nie reg oos die lyne in te gooi nie. Die oggend son verblind jou heeltemal en jy kan nie jou polisiemanne sien nie. Die eerste gooie het maar geskukkel, want die lyn op die katrolle is maar styf na maande se lê in my viskas. Die tweede gooie was ook ‘n gesukkel met die lyne wat haak aan alles en die lyne wat koek. Ek het behoorlik gelyk soos iemand wat vir sy heel eerste keer gaan hengel.

My neef, Radyn, het by my aangesluit terwyl ek besig was om die gemors reg te maak. Van hier af het dit sommer baie beter gegaan. Die feit dat dit nou al biejtie warmer was, en ek weer gevoel in my hande gehad het, het baie gehelp. Die eerste paar ure was maar stil gewees en nie veel het gebeur met die degie en floaties wat ek op het nie. Ek probeer toe 'n erdwurm wat Radyn vir ons gebring het. Eweskielik hoor ek 'n pragige geluid! Sszzzzzzz, skree die katrol. Atlyd 'n goeie teken! Ek kon sommer voel dit is 'n goeie grootte vis. Hy het lekker baklei en hy is veilig in die net. My grootste karp nog. Net jammer ek het nie 'n skaal om hom te weeg nie, maar ek skat hom op 'n goeie 5kg. My persoonlike beste!!


Radyn het ook twee uitgetrek wat ook op 'n erdwurm en mieliepit gebyt het.


Nader na middagete toe raak alles weer stil en ons steek solank die kole op om die innerlike te versterk. Die res van die oggend het vir my nog 'n klein karp opgelewer. Na middagete het ons lekker in die son gesit en lui word. Ek was besig om te "dim en bright" toe die katrol weer skree. Ek kap en katrol. Hier is 'n dikke!! Ek moes die rem losdraai want die man gaan stoei. Ek het al in die verlede sulkes gehaak, maar het hulle nog altyd verloor. Dus was ek maar op my senuwees en wou nie te haastig raak nie. Ek het hom lyn gegee en as hy ophou swem bring ek hom stadig in. Dan draai hy weer om en swem die dam in. Terwyl ek hom speel byt my ander stok. Ek kap hom gou met die een hand en los hom maar want die grootte kan nie wegkom nie. 'n Paar minute later was hy op die wal. My nuwe persoonlike beste!! Weereens was ek baie spyt dat ek nie 'n skaal het nie, maar die ene het ek geskat op 7.5kg.


Ek het gou foto's geneem en die ander lyn ingebring. Die grootte het die erdwurm en die kleintjie op die ander stok het toe die degie gevat. Die res van die middag het Radyn nog 2 karpe gekry.
Nie baie vis nie, maar ons het baie tevrede ons goed gepak en teruggekeer huis toe. Ek kan nie wag vir die volgende geleentheid nie. Dit was toe 'n baie goeie begin vir die jaar. Volgende keer kry ek dalk die een wat die skaal op dubbelsyfers trek. Ek kan nie wag nie!

1 comment:

Stefan said...

Bliksem Mila, dis 'n meneer daai. Geluk,Boet!