03 August 2008

Boedie in Duitsland: Europa-Park

[Europa-Park]


Ons is vroeg uit die vere en met 'n gehuurde minibus suid op die autobahn. Nie te ver suid van Karlsruhe is Europa-Park, wat 'n vrek groot vermaaklikheids park is. Dis basies iets soos Disney World, met honderd verskillende goed om te doen, van 'roller coaster rides', tot yskaats vertonings, mense wat soos strokiesprent karakters aangetrek is en kinders vermaak, uitstallings, spookhuise, enige ding wat mens aan kan dink is daar.



[Stefan voor 'n ou Mercedes resiesmotor]


Dit is een standaard morg grond waarop die plek gebou is en jy loop jou bene stompies om alles te sien. Ons het die dag begin met 'n 4D fliek, wat regtig iets was om te sien. Dit was nie baie lank nie, maar mens kan sien dit moes baie werk gevat het om te maak. Die detail was baie goed en dit was verstommend realisties. Op'n stadium kom 'n haai uit nêrens uit nie, reg opmens afgejaag en hap so in jou rigting en mens voel jy bemors jouself. Hulle maak van allerhande goed soos wind, watersproeiers en beweegbare stoele gebruik om dit so realisties as moontlik te maak. Was baie goed.

[The Silver Star]

Ons het toe op verskeie van die 'roller coasters' en ander bane gery en groot pret gehad. Dis somer is Duitsland en ek sukkel nog om te glo dit kan so warm raak hier. Dis ook die somer vakansie hier en daar was der duisende mense in Eurpo-Park. Ons is half vyf huis toe en ek was gedaan, maar oppad terug het ek gedink hoe gelukkig ek is om dit alles te kan doen. Moet sê, ek stres elke keer om hierheen te kom, maar terwyl ek hier is, het ek die tyd van my lewe. Ek kan nie sê ek geniet nie my werk op die oomblik nie. Hey, iemand moet dit doen, hu? Wens net Estelle was ook hier.
http://en.wikipedia.org/wiki/Europa-Park

1 comment:

Anonymous said...

wat ik zocht, bedankt