Hierdie naweek het die Valke hulle beste probeer, maar kon nie hulle verrassingsoorwinning soos teen die WP herhaal nie. Die Valke het die seisoen, onder Rudy Joubert, besluit hulle skop nie! Ek het voor die game met die Valke se konditioneringsafrigter gepraat wat hier by ons geswat het. Hy sê hulle ouens is moet fikser wees as ander spanne omdat hulle juis die bal so baie rondgooi. Dit help nie hulle skop besit weg nie, daarom hardloop hulle en kyk wat gebeur.
Die Cheetahs was egter reg vir hulle. Hulle verdediging wat hulle in die steek gelaat het in die Super 14, was op die aand baie goed. Die ouens was ook aangespoor deur Kabamba Floors wat sy 50ste wedstryd vir die Cheetahs gespeel het. Die foto het nie mooi uitgekom nie, maar dit is Floors wat die span op die veld gely het.
Hier het die Valke sommer van agter hulle eie pale 'n poging aangewend.
Die Cheethas hou mos ook van hardloop. Hulle was ook nie skaam om die bal rond te gooi nie. Die agterlyn is egter vroeg ontwrig met 'n besering van Chris Rossouw. Tewis de Bruyn het na 10 toe geskuif en Niel Powell het die nommer 9 posisie oorgevat. Die jong Robert Eberson waaroor so baie gepraat word het ook in die wedstryd sy eerste drie in die wit en oranjre trui gedruk. Ek dink daar gaan nog baie wees.
Dit was ook 'n eerste vir die skeidregter wat sy eerste Curriebeker game geblaas het, en hy het die Cheetahs omtrent gestraf. Ek was bietjie ver om te sien of hy reg is of nie.
Die pêl wat ons genooi het, het kaartjies vir die Cheetah VIP losie gehad.
Vreemd, daar moet jy jou drank koop, maar in die ander is alles gratis. Maar nou ja. In die agtergrond kan julle die nuwe hoofpawiljoen in wording sien wat al moes klaar wees vir die toets teen Wallis wat aan die begin van Junie gespeel is.
Dit was lekker om so baie drieë te sien, en ook te sien dat die Vrystaat weer met selfvertroue speel. Hier is die jong Wilton Pietersen wat die laaste van die Vrystaat drieë druk, net voor die eindfluitjie blaas.
No comments:
Post a Comment