18 December 2007

MENSE & HUL DINGE UIT DIE WES - KAAP

Wel dit is nou al 'n geruime tyd gelede dat ek enige iets geblog het, sedert ek en Candice se verlowing. Die jaar staan nou einde se kant toe en het ek dit goed gedink om 'n vinnige opsomming te gee van wat ek en Candice die afgelope paar maande onsself mee besig gehou het.


Wel na die verlowing was dit maar weer terug na die normale skedule toe. Daar was egter 'n bietjie tyd vir uitkom en een van die geleenthede wat ons aangewakker het was 'n advertensie in die Weg tydskrif wat genoem het van 13 teleskope met potjiekos en sterre in Sutherland. Wel ek wou nog altyd Sutherland toe gaan en ook vir Candice gaan wys. Ek "organize" toe alles, maar besluit toe om maar die "outlaws" saam te neem. Wat volg is 'n paar foto's om 'n idee te gee van wat ons ervaar het. Vir die wat nie weet nie! Sutherland is 'n pragtige dorpie in die karoo, so ongeveer 3 ure van Kaapstad af. Dit het 'n absolute asemrowene sterrehemel en is ongeveer al die 4000 sterre wat op 'n goeie aand sigbaar is, met die blote oog wel in Sutherland sigbaar. Wel die naweek het nie teleurgestel nie en is ons inderdaad deur die sterrehemel betower. Sutherland is dus op sy eie unieke manier 'n juweel wat platinum werd is.

Die foto links bo is al die teleskope wat beskikbaar
is by die sterrekunde navorsing sentrum. Hier langsaan is die grootste teleskoop in SA. Hulle is baie geheimsinnig by hierdie plek en ek is seker hulle het al iets gesien wat ons nie weet nie. Dit is egter 'n belewenis op sy eie om binne in die teleskoop te wees. Ongelooflik.









Link is 'n idee van hoe Sutherland lyk. Daar is slegs een hoofstraat. Dit laat my baie aan Calvinia dink, maar is net baie kleiner. 'n Pragtige dorpie, waar mense nog sommer uitstap en gesels as hulle sien dat julle vreemdelinge is. Almal is vriendelik en groet met 'n glimlag. Hieride is mense wat in die armste provinsie in ons land bly, maar wat elke dag opstaan met 'n warm hart teenoor ander mense.






Hier regs is ook van die mense van Sutherland.
















Die "Vreemdelinge" in die dorp. Die "outlaws", Candice en haar broer.














Nog mense van Sutherland. Die outjies het my voorgekeer en gevra ek moet 'n foto van hul neem toe hulle sien ek het 'n kamera. Hulle het dit terdee geniet. Jy kan sien hulle neem baie foto's met toeriste. Vir hulle om vir 'n foto te posseer is vir ons om soos nuwe fliek op 'n groot wit skerm te gaan kyk in Calvinia. Dit gebeur so every once in a while.






En dan natuurlik die foto van die naweek. Hierdie is 'n ou murasie amper in die middel van die dorp. Die foto het die gebou pragtig saamgevat. Ek dink die foto spreek vir homself.

Wel die naweek was inderdaad 'n sukses. Pragtige sterre. Ongelooflike mooi dorpie, 13 teleskope en potjie kos. Voorwaar 'n wenresep. Ons beplan weer om volgende jaar te gaan. As julle ooit verby Sutherland ry, gaan maak gerus 'n draai daar. Dit is die moeite werd.


No comments: