Die afgelope naweek het ek en Estelle besluit om te gaan kyk waaroor Maropeng gaan. Maropeng, as ek my beste direkte vertaling van Tswana kan gebruik, reken ek beteken "plek waar die bene is", want Marope is "bene" en Maropeng is "waar daar bene is". Dit staan ook beter bekend as die "Cradle of humankind" of die "Wieg van die mensdom" en is basies ‚n uitstalling van fosiele en ander interresante uitbeeldings van die aarde en die mens se ontwikkeling die afgelope paar miljoen jaar.Na ons na al die uitstallings gekyk het en ‚n koeldrank gegryp het, het ek die koordinate van die Sterkfontein grotte in my GPS ingesleutel. Ek het nie veel van die grotte verwag nie en het gereken dis maar net ‚n aanterklikheid om mens na die gebied te lok. Ek was weereens verbaas om te sien dat die grotte heelwat groter was as wat ek verwag het. Die grotte lê onder in 'n klein koppie en mens sou nie kon raai, deur na die koppie self te kyk, hoe groot die grotte daaronder eintlik is nie. Die diepste punt was 60 meter ondergronds.
Wanneer mens die grotte besoek kan mens sien hoe maklik ‚n oermens daar rond kon geloop het en niks verwagtend in ‚n gat geval het, wat dan tot diep in die grot sou opeindig. Die gate is gevorm deur dat die grotte se dak op
plekke ingegee het. Plante het later die gat half toe gegroei en as iemand of iets daar rond geloophet kon hulle maklik in die gat geval het. Allerhande stof en klippe het ook mettertyd deur die gat geval, wat dan die geraamte bedek het en as gevolg van die minerale in die grond en die water wat gedurig deur die grotte suipel is die bedekte geraamte versteun en sodoende bewaar vir baie jare.Ons het die uitstappie baie geniet. Die area rondom die grotte is ook baie mooi en dit was veral lekker om 'n bietjie in die son te kom en net mens se bene bietjie te strek. Die volgende dag was ons bene en boude lekker styf van al die geklim en klouter in die grotte, maar dit was alles die moete werd.


