30 July 2007

Sterkte in London!!

Toe ek die twee van hulle so langs die braaier sien Saterdagaand het ek besef dat dit 'n baie langtyd gaan wees voor Mila en Schalk weer so sal staan en braai en kuier, want hierdie is die laaste braai wat ek en Mila saam met Schalk sal hê voor hy, Elzna en Will London toe gaan. Ek gaan die vinnige kuiertjies mis en die kere wat jy van Potch af gekom het en gou gestop het vir koffie. Ek het jou al gesê ek wil nie hê jy moet gaan nie, maar dat ek dit sê vir selfsugtige redes, want ek wil nie hê die kuiers moet opraak nie.
Ons gaan julle mis, dis verseker. Ek kry 'n knop in my keel hier waar ek sit en tik. Jy's, soos Mila gesê het, 'n broer vir ons, een met wie mens kan praat oor die dinge in die lewe. Een waarvoor mens kan raad vra, verby wie mens idees kan hardloop en weet jy gaan 'n eerlike opinie kry. Ek gaan jou mis Schalk, ek gaan die kuiers mis en die bier by News Cafe en ons gaan jou veral mis as die Boedies kuier en julle nie daar kan wees nie. Ons gaan julle mis, maar die Boedies weet hoekom jy die besluit geneem het en ons weet dit was nie 'n vinnige besluit nie. Ons het saam met jou geredeneer oor London en so ons verstaan jou redes. Daarom bid ons dat die Here julle sal sëen, dat hy julle sal lei en dat julle drome in London sal waar word. Mag julle 'n suksesvolle en gelukkige tyd daar deurbing en mag julle elke oomblik daarvan geniet.
Eending kan jy verseker weet, die Boedies is en sal altyd 100% agter julle staan. Sterkte in London, Boet!


1 comment:

S.W. said...

Yoh,yoh,yoh.

Stella, thanks vir die woorde. Jy gee my nou 'n knop in die keel, ou maat. Die mense by die werk wonder seker wat aangaan, want ek is gewoonlik zero emosioneel by die werk.

Dankie vir julle support met die hele storie, ons waardeer dit.

Ek kan onthou: Ons het eenkeer (soos altyd) in Stella se kamer koffie gedrink en gekuier. Ons het mekaar toe belowe ons sal in kontak bly en gereeld kuier. Ons het ook geweet dit sal effort en partykeer opofferings vat om dit reg te kry. Dis so maklik om te besluit, nee wat, ek is te moeg of ek is nie lus nie of dis te veel moeite. Wel, dis nou al meer as vyf jaar later en ons hou nog daardie belofte gestand.

Ek wil nou graag he ons moet weer dieselfde belofte maak om kontak te hou en nie toe te laat dat die afstand of werk of alledaagse goed ons vriendskap ruineer nie.

BOEDIES FOR LIFE!