26 July 2007

Jagfoto neem critici op hol

Die Boedies het in Julie gaan jag. Soos dit enige aspirant fotograaf betaam, was veral twee van die Boedies gereeld soek na die volgende fotogeleentheid.

Een van die geleenthede het hom voorgedoen nadat ons almal so paar skote geskiet het om weer gewoond te raak aan die geweer. Dit is altyd nodig voor die grootwildjagters die bos vat.

Hier is die foto:



Ons het 'n gerespekteerde fotokenner en fotonemer van formaat gevra om sy opinie uit te spreek oor wat hy in die bostaande foto alles kan waarneem. Sy naam kan ongelukkig nie hier bekend gemaak word nie uit vrees vir 'n vloedgolf van versoeke wat defnitief na sy kant toe sal kom na die onderstaande woorde.

Hier volg sy weldeurdagte, goed bewoorde antwoord:

Mooi abstrakte tipe skoot met 'n storie. Ek hou daarvan. Tegnies? Sy diepte van veld is ietwat uit, aangesien die voorste dop effens "sag" is. Ek hou van sy komposisie - begin in 'n sterk hoek, links onder en lei die oog in die foto in na regs bo (mense lees oor die algemeen van links na regs). Ek hou ook van die lang skaduwees en die tekstuur op die tafel. Na my mening 'n geslaagde foto!

Mooi so manne, hou aan met die goeie werk!

1 comment:

Anonymous said...

Schalk,
Afrika, jag, kindwees in die bos, die reuk van vars reen op nat sand, 'n Doringboom teen 'n rooi sonsondergang - ons mis jou alreeds, Afrika mis jou, wees Geseend daar in die vreemde, wees sterk, en as jy reg is - kom terug.
Francois Rousseau