23 July 2007

Plaas


Hou jou asem op. Geweer styf teen die skouer. Kry die kruis op die teiken, squeeze die sneller en kyk nogsteeds deur die teleskoop of die kudu val. Ek is so op my senuwees. Ek kan nie weer mis nie. Dit is dieselfde gevoel voor ‘n groot rugby of krieket game. Dis lekker senuwees. Die grotes was vanoggend so tussen hierdie vier lande, so ons kanse om hulle weer hier te kry is nogal goed. Daar is net ‘n klomp ooie voor in die pad en ‘n paar kleintjies. Is Stefan se gevoel reg dat ons nie weer die bul gaan sien nie?

SW was die eerste wat hom gesien het. Die kudu het ons ook gesien en hardloop ‘n paar tree agter ‘n bos in. Ek haal oor en maak gereed. Ek soek hom in die teleskoop. Skielik is al die senuwees weg, en al wat ek op fokus is om hom plat te trek. Ek sien net sy horings uitsteek agter die bos. Stefan se as ek kan uitfigure waar sy kop is, moet ek hom klits. Die kudu kyk toe vir ‘n oomblik agtertoe. Toe kon ek vir die eerste keer sien hoe groot hy is. Daar waar sy horings in die bos bymekaarkom word my teiken. Asem op, geweer stil, target locked ……..fire! Ek het vergeet om aan te hou kyk deur die teleskoop, maar SW sê ek het hom. Ek hoop net nie ek het hom gekwes nie, die son sit al laag. Stefan is eerste by hom. Wat ‘n gevoel! Soos om die All Blacks te wen met ‘n strafskop wat jy uit die hoek van die veld af oorskop.

Vir baie mense sou dit die hoogtepunt van die naweek gewees het om ‘n trofee op 120m uit die vuis ‘n kopskoot te gee. Vir my, net ‘n bonus.

Waaroor die naweek vir my gaan is om saam met die boedies te kuier. Te hoor hoe dit rerig gaan met al die lief en leed, wat rerig in hulle harte aangaan. Om te sien hoe groot die pense geword het van laaskeer se kuier af. Om ook vir hulle te se wat rerig in my hart aangaan. Waaroor ek opgewonde is en waarvoor ek ook bang is, en jy weet wat gesê word bly op die plaas. Hierdie is ouens wie se opinie saakmaak. Jy wil weet wat hulle dink en voel oor ‘n saak. Yster slyp yster.

Ons gaan jou mis, SW! Alles van die beste in London. Mag jou drome vir jou, Elzna en Will oortef word. Mag jy alles kry waarna jy soek.

Verstaan maar asseblief as ek hartseer is, en selfs ‘n traan stort. Ek is ‘n enigste kind, en ag julle almal as broers. So, dit is ontsettend sleg dat jy moet gaan. Die Boedie naweke gaan nie dieselfde wees sonder jou nie!

Boedies forever!

2 comments:

Anonymous said...

Sjo Mila that was beautiful. What is important is that we let one another know how much they mean to us and you summed it up perfectly. Your guys bond is so awesome and having brothers like you is special! SW, Elzna and Will, we will miss you!

Stefan said...

anMila, ek nou na 'n langtyd weer die post van jou gelees en ek moet sê, dit gee my nogsteeds hoendervleis en die hare op my nek staan regop as ek hom lees. Goeie werk, goeie werk!