24 July 2007

Boedies eindig derde in internasionale 3 Nasies Superbru.


Ek het vroeër berig dat die Boedies kookwater spel lewer in die 3 Nasies Superbru kompetisie by http://www.superbru.com/ en die afgelope naweek was dit dan ook die finaal van die 3 Nasies. Al het die Springbokke nie met di beker weggeloop nie, het dit nie die Boedies gekeer om skitterend te eindig met 'n globale derde plek nie. Om derde te eindig in 'n kompetisie waaraan daar 1041 spanne deelgeneem het is voorwaar eerste klas.

Tans is die Boedies juis hard besig om mekaar die stryd aan te sê in die Currie Beker Superbru kompetisie. Intern is dit 'n vuurwarm stryd wat gelei word deur Skalla met 22.5, gevolg deur Mila wat staan op 20.5. Kort op hulle hakke is Stella met 18.5 punte in die sakkie en hard aan die werk Attie 16 punte. As ek my somme reg pomp dan is die verskil tussen die voorloper en die agter os op die oomblik 'n noue 6.5 punte en enige iets is nog moontlik. Deelnemers kry 1 punt as hulle kan raai watter spen 'n wedstryd wen, 0.5 punte as hulle binne 5 punte van die telling kan raai en die deelnemer wat die naaste aan reg is loop weg met die bonus punt. Daar is ook "Grand Slam Punte" wat 1 punt ekstra is vir spelers wat al die spanne wat gaan wen oor 'n naweek reg raai.


Buiten vir die interne stryd is daar dan ook die globale stryd wat die Boedies as span teen die res van die wêreld se spanne speel en verbasend goed vaar. Huidiglik beset die Boedies die 4de plek op die Currie Beker Superbru ranglys waar hulle teen 724 ander spanne kompiteer. Die spanning neem toe soos wat die Currie Beker kompetisie al nader aan die finaal kom en ons kan maar net wag en sien wat die Boedies met die een sal maak.

1 comment:

Anonymous said...

Sjo this is becoming quite serious! Maybe you should quit you job and spend more time in betting! JOKES!