18 March 2007

John West se plaas

Ek onthou Mila het een keer, iewers 'n CD van Robbie Wessels gespeel en ek dink ek het toe nie regtig intense geluister nie, maar die naweek het na 'n paar van sy songs geluister. Ek het gedink die man sing net simpel songs soos "Leeuloop" en "Verbode Vrugte", want dis al wat mens ooit van hom op TV sien. Hulle speel niks van sy ander songs op MK98 nie. Ek wonder of daar eens musiek videos vir sy ander songs gemaak is.

Die naweek het ek na hom gesit en luister en een van die songs waarvan ek regtig baie gehou het was "John West" van sy CD "My vissermanvriend se pa". Ek hou ook baie van "Halley se Komeet" van sy CD met dieselfde naam. Die feit dat hulle net van sy lighartige songs op sy CD's speel, voel ek, wys nie wat hy regtig kan doen nie. Na ek na die woorde van party van sy songs geluister het was ek heel verbaas om te sien dat hy eintlik baie goeie Afrikaanse musiek maak.


Soos julle almal weet is ek 'n groot ondersteuner van Bok van Blerk, maar ek moet sê buiten vir "De La Rey" en "Jy praat nogsteeds my taal", het Robbie baie meer, beter songs op sy CD's as Bok.


Die Boedies het dan ook die trotse tradisie om wanneer hulle Kalahari toe gaan om die kampvuur met brannas in die hand en trots in die hart net Afrikaanse songs te sing en daarom het ek die woorde van "John West" hieronder bygevoeg sodat almal dit solank het. As Schalk die kitaar-ding nog doen sal ek sommer vir hom die kitaar musiek ook kry sodat hy kan oefen.


John West - Robbie Wessels

--------------------------

Die wolke pak saam in die ooste

En hy staan met sy hoed in sy hand

Op sy sementdam walle en wonder

Gaan die somerreen hierdie jaar val


Ek wonder nogsteeds by myself

Was ek daai jaar nege of elf

Toe die sneeu dik gelê het

Op Hamilton's rus

En ons ons bure se vure

Vinnig moes blus


Koor:

John West ek weet jy mis jou plaas

Ek weet jy dink aan Abraham en aan Petrus wat dronk raas

Jy droom van koringlande, jy bid nogsteeds vir reen

En al mis jy ook die Vrystaat in die Kaap... sal God jou seen


Soms lê hy laat aande wakker

En hy dink weer aan vrugbare grond

Hy sien weer 'n klein hopie sand tussen bome

Daar lê Nonna sy basterhond

Dan begin hy homself af te vra

Het die swaarkry hom regtig gepla

Tussen lande vol mielies

En kampe vol wild

Het John West besef

Daar's net te veel skuld


Koor: x2


Ek verlang ook sommer na my plaas...

1 comment:

Mila said...

Stella, ek is bly jy hou van sy ander songs. Wat jy se is baie waar dat sy vermoë om liedjies te skryf baie onderskat word. John West is ook een van my gunstelinge. As jy die kitaar musiek erens in die hande kry, speel ek hom vir julle in die Kalahari.