Die BOEDIES is ‘n BOND wat ontstaan het gedurende die laat 1999’s en vroeë 2000’s. Op daardie stadium was die idée slegs ‘n droom. Die droom het ‘n werklikheid geword met die passie en dryf wat Stefan le Roux aan die dag gelê het. Die behoefte aan ‘n tipe onvlugtingsmeganisme is geindentifiseer en was die slotsom dat daar iets daadwerkliks aan gedoen moet word. Die droom van die BOEDIES het toe ‘n werklikheid geword. Die BOEDIES sou ‘n BOND wees wat heeltemal divers in sy benadering sou wees, waar jongmanne kon saamkuier en gesels oor die dinge van die lewe, waar daar saam op jagtrippe gegaan kan word en daar tot in die middernagtelike ure gekuier en gesels kan word, waar jy jou hart geheime kan deel en verseker wees dat niemand anders dit ooit sal weet nie, waar elke lid se belange tenvolle op die hart gedra word en waar sport en vrouens prioriteit is, of is dit nou andersom? Voorwaar ‘n organisasie na ‘n man se hart.
HIER IS DIE LEDE:
STEFAN LE ROUX
’n Engel het een aand by Stefan se ma tussen die koöperasie se rakke verskyn en gesê: „Jy sal ‚n seun in die wêreld bring en hy sal sukkel en hulle sal hom Stefan noem.” 9 Maande later is Stefan gebore, gedurende 1979. Hy is die oudste van twee kinders. Die eerste asemteug wat hy inasem is die koel onbesoedelde beesmis reuk van die klein dorpie in die Noord-Wes provinsie met die naam: Stella. (As gevolg hiervan het Stefan dan ook die Boedie naam van STELLA ontvang.) Hy matrikuleer aan die Hoërskool Stella en besluit om homself te straf deur rekenaarprogrammering by Potchefstroom Universiteit te studeer. Gedurende skool is hy ‘n kranige sportman. Hy het NSUklere in rugby gekry. Hy was ook in die skoolkoor, maar het nooit regtig gesing nie. Daar moes ‘n sekere getal matrieks in die skoolkoor wees. Op Universiteit het hy ook nie sleg gedoen nie. Hy het sy rekenaarprogrameringsgraad in die minimum tydperk cum laude voltooi. Hy het daarna sy Honeurs ook cum laude voltooi. Hy het die liefde van sy lewe ontmoet op universiteit en vandag is hy gelukkig getroud met Estelle Jacobs. Hy werk huidiglik vir ‘n maatskappy wat grootskaalse programering doen vir van die top maatskappye in Suid-Afrika. Stella moet ook krediet ontvang vir die feit dat hy die BOEDIE organisasie basies van die grond af gekry het. Voorwaar die brein in die organisasie.S. W. ROELAND
Mnr Roeland is gebore gedurende die koue droë wintermaande van 1979 in die nie pragtige dorpie met die naam Polokwane. Gedurende die goeie ou dae was dit egter nog Pietersburg. Hy is die tweede oudste van drie kinders. Die afkorting S. W. verteenwoordig sy volle name: Schalk Willem. Hy is egter net aanvaar deur die BOEDIES as SW. Hy het tot en met die ouderdom van 18 jaar al sy somers gespandeer in die bloedige warm son van die lae veld en gaan nogsteeds gereeld terug om die lang somersdae te trotseer en om die pragtige sterrehemel waarmee die laeveld se uitspansel jou mee trakteer te aanskou (nie regtig nie). Hy het op skool goed gedoen. Weet nie lekker watter goed nie, maar hy het goed gedoen soos krieket en rugby speel. Hy was ‘n kranige losskakel op laerskool, maar op Hoërskool moes hy die waarheid trotseer dat hy nooit ‘n rugbyspeler sal wees nie. Hy het toe sy aandag gevestig op krieket. Hierin het hy baie prestasies behaal. Hy is ‘n kranige krieketspeler en het hulle baie trofee’s gewen terwyl hy in die span was en het hy self provinsiale klere verwerf met sy talente. Hy het matriek met ‘n vrystelling geslaag en is Potchefstroom toe om Ekonomie te studeer. Hy het sy graad in die voorgeskrewe tydperk klaargemaak en het ook sy Honeurs voltooi. Hy het ook die koshuiskrieketspan baie suksesvol aangevoer tydens sy tyd in die koshuis. Hy het ook die liefde van sy lewe ontmoet op universiteit en is hy vandag gelukkig getroud met Elzna en is hy die trotse vader van ‘n pragtige blou oog seuntjie met die naam Will wat op ‘n druppel water soos sy pa lyk. EMILE LANGEVELD
ADRIAN MONTZINGER
4 comments:
Hi boys love the blog now we can 'all' stay up to date! Lekker dag vir julle Candice
Uiteindelik! Baie geluk met die eerste uitgawe van julle vriendskaps dagboek.
Hoop julle hou dit gereeld op hoogte met die nuutste gebeure.
Ek beplan om gereeld in te loer vir die nuutste skindernuus.
Estelle
Hey Estelle where's ours?
'n Briljante gedagte! Mag die Boedies van krag tot krag gaan...
Post a Comment