Minister van aangewese sake, Adrian Montzinger en sy regter hand, Mej. Candice Brown het die week samesprekings gevoer met George Bush in pogings om hom te oorreed om sy lemoene te vat en sy troepe uit Irak te ontrek.
Saterdag die 20 Januarie het ek en Candice se pa die opwarmingswedstryd tussen die Stormers en die Boland gaan kyk. Ek is 'n groot Stormer fan en ek mis nie sommer 'n geleentheid om die manne van die Kaap te gaan ondersteun nie.
Wel die hoofwedstryd was veronderstel om 18:00 te begin. Ek en die skoonpa besluit toe ons sal so teen 17:00 se kant daar opdaag aangesien ons 'n "lekker" sitplek wil verseker. Wel tot ons ontnugtering besef ons, toe ons by die veld opdaag, dat die hele Bolandstreek se mense het besluit om te kom rugby kyk. Daar was baie mense. Daar was nie 'n plek vir 'n muis nie. Wat dit nog meer chaoties gemaak het was die feit dat almal dieselfde prys betaal het, so jy kon sit waar jy wil. Om 'n idee te gee van onverwags baie mense daar was: Die koeldrank stalletjies was twee keer leeg verkoop voordat die hoofwedstryd begin het. Die kosstalletjies het ook vroeg al hul deure gesluit. Swak organisasie.
Die stadium was egter nie een wat ontwerp was vir so 'n groot skare nie. Al die ander beter toegeruste stadiums was beset vir opgradering, so dit was die beste wat hul kon doen.
In die einde was dit nogsteeds die moeite werd. Ek moes egter vir 80 minute lank op my twee bene staan. Die wedstryd self was 'n "one way traffic". Die Stormers lyk, soos elke jaar, goed agterlangs, maar hul forwards gaan in die vaste los sukkel. Ek hou maar duim vas.Natuurlik was Scream ook daar, maar soos julle kan sien het hy bietjie te diep in die bottel gekyk, so niemand was regtig bang vir hom, want hy was meer happy as enige iets anders, O JA, hy het plastiek mes gehad. BORING!!
En alhoewel die son gesak het oor hierdie kort tydjie saam is ons daarvan oortuig dat daar nog baie sulke geleenthede gaan wees. Ek sien uit na nog baie jare van vakansies en onvergeetbare tye saam met Candice en wie weet dalk my eie kroos na 'n paar jaar. Dit was Adrian en Candice se Weskus ervaring.
’n Engel het een aand by Stefan se ma tussen die koöperasie se rakke verskyn en gesê: „Jy sal ‚n seun in die wêreld bring en hy sal sukkel en hulle sal hom Stefan noem.” 9 Maande later is Stefan gebore, gedurende 1979. Hy is die oudste van twee kinders. Die eerste asemteug wat hy inasem is die koel onbesoedelde beesmis reuk van die klein dorpie in die Noord-Wes provinsie met die naam: Stella. (As gevolg hiervan het Stefan dan ook die Boedie naam van STELLA ontvang.) Hy matrikuleer aan die Hoërskool Stella en besluit om homself te straf deur rekenaarprogrammering by Potchefstroom Universiteit te studeer. Gedurende skool is hy ‘n kranige sportman. Hy het NSUklere in rugby gekry. Hy was ook in die skoolkoor, maar het nooit regtig gesing nie. Daar moes ‘n sekere getal matrieks in die skoolkoor wees. Op Universiteit het hy ook nie sleg gedoen nie. Hy het sy rekenaarprogrameringsgraad in die minimum tydperk cum laude voltooi. Hy het daarna sy Honeurs ook cum laude voltooi. Hy het die liefde van sy lewe ontmoet op universiteit en vandag is hy gelukkig getroud met Estelle Jacobs. Hy werk huidiglik vir ‘n maatskappy wat grootskaalse programering doen vir van die top maatskappye in Suid-Afrika. Stella moet ook krediet ontvang vir die feit dat hy die BOEDIE organisasie basies van die grond af gekry het. Voorwaar die brein in die organisasie.
Mnr Roeland is gebore gedurende die koue droë wintermaande van 1979 in die nie pragtige dorpie met die naam Polokwane. Gedurende die goeie ou dae was dit egter nog Pietersburg. Hy is die tweede oudste van drie kinders. Die afkorting S. W. verteenwoordig sy volle name: Schalk Willem. Hy is egter net aanvaar deur die BOEDIES as SW. Hy het tot en met die ouderdom van 18 jaar al sy somers gespandeer in die bloedige warm son van die lae veld en gaan nogsteeds gereeld terug om die lang somersdae te trotseer en om die pragtige sterrehemel waarmee die laeveld se uitspansel jou mee trakteer te aanskou (nie regtig nie). Hy het op skool goed gedoen. Weet nie lekker watter goed nie, maar hy het goed gedoen soos krieket en rugby speel. Hy was ‘n kranige losskakel op laerskool, maar op Hoërskool moes hy die waarheid trotseer dat hy nooit ‘n rugbyspeler sal wees nie. Hy het toe sy aandag gevestig op krieket. Hierin het hy baie prestasies behaal. Hy is ‘n kranige krieketspeler en het hulle baie trofee’s gewen terwyl hy in die span was en het hy self provinsiale klere verwerf met sy talente. Hy het matriek met ‘n vrystelling geslaag en is Potchefstroom toe om Ekonomie te studeer. Hy het sy graad in die voorgeskrewe tydperk klaargemaak en het ook sy Honeurs voltooi. Hy het ook die koshuiskrieketspan baie suksesvol aangevoer tydens sy tyd in die koshuis. Hy het ook die liefde van sy lewe ontmoet op universiteit en is hy vandag gelukkig getroud met Elzna en is hy die trotse vader van ‘n pragtige blou oog seuntjie met die naam Will wat op ‘n druppel water soos sy pa lyk.