20 December 2008

Vlieg Statistiek

Die afgelope jaar was verseker die jaar waarin ek die meeste nog gevlieg het. Teen die tyd behoort julle te weet dat ek eintlik vrek bang vir vlieg is, maar as gevolg van my werk moet ek gereeld oral heen vlieg. Ek het darem al bietjie rustiger geraak, veral omdat ek nou al 'n tipe van 'n vlieg routine volg elke keer waneer ek moet gaan.

Ek blog graag 'n paar interesante statestieke omtrent my gevliegery:

Aantal Vlugte:

Lugredery
Vlugte
Johannesburg
 (JHB)
Cape Town (CPT)
Durban
(DUR)
Frankfurt
(FRA)
South African Airways 
20
20
14
6
Kulula
2
2
2
Totaal
22


Tye:
Vlug
Tyd
Stefan Vlugte
Johannesburg na Durban
1 Uur
  14 Ure
Johannesburg na Kaapstad
2 Ure
  4 Ure
Johannesburg na Frankfurt
11 Ure
66 Ure
Totaal
84 Ure = 3.5 Dae


Die totale tyd wat ek in 'n vliegtuig gesit het werk uit op ongeveer 3.5 dae.

Afstande:
Vlug
Afstand
Stefan Vlugte
Johannesburg na Durban
502 Km
  7 028 Km
Johannesburg na Kaapstad
1271 Km
  2 542 Km
Johannesburg na Frankfurt
8692 Km
52 152 Km
Totaal
61 722 Km



Die aarde se raduis volgens Wikipedia by die ewenaar is ongeveer 6 378 Km.
Dit beteken die omterk van die aarde by die ewenaar is ongeveer 40 075.02 Km.

So as ek al my vlugte oplyn en om die ewenaar begin vlieg het, sou ek rofweg 1 en 'n half keer om die aarde gevlieg het.

My gevlieg is ook nog lank nie klaar nie. As alles goed gaan is ek vroeg volgende jaar oppad Rio De Janeiro toe, ook weer vir werk.

14 December 2008

MOEDER VAN ALLE KONSERTE: “UNCLE LIONEL RICHIE NEEM STAD OP HORINGS”

Soos almal teen hierdie tyd al weet is ek ‘n groot Lionel Richie aanhanger.  Vir die mense wat nie gereeld sy musiek ken nie: 

hy is redelik bekend vir sy treffer: “Dancing on the ceiling”.   Ek het natuurlik grootgeword in die 80’s en gedurende hierdie tyd was Lionel Richie groot en sy hare ook.  Sy treffers en haarstyl was natuurlik die “in ding”.  Ek het grootgeword met treffers soos: 

“You are my destiny”,  “All Night Long”, “Say you say me”, “We are the world”, ag en so kan ek aangaan.   Dan is daar nog “Three times a lady”, “Hello” en “Stuck on you”.  

Wat maak hom so spesiaal?  Die genialiteit om deur sy musiek te sê wat ons almal nog altyd vir iemand of vir ‘n geliefde wou sê.  Hy kry die woorde en die musiek perfek bymekaar en meng dit met sy betowerende stem.  

Wanneer ek byvoorbeeld na ‘n liedjie soos “Stuck on You” luister vat dit my terug na my grootword dae in Calvinia.  Dit neem my na ‘n sorgelose tydperk waar ek kaalvoet in veld “Cowboys and Crooks” gespeel het, waar ek en my vriende potjiekos gemaak het gedurende die koue winters en saam ketties gemaak om ‘n voëltjie vir die pot te skiet.  Dit neem my terug na ‘n tyd waar daar geen bekommernis is oor die volgende salaris tjek, rekening, skuld of werksdag nie. 

Net jy en die lewe.  Sorgeloos en vry.  Dit voel asof ek dit kon skryf.  Dit voel asof ons een is.  Ons voel soos familie.  Dit is hoekom ek hom “Uncle Lionel” noem.  Ek voel asof ek hom ken.

Wel voordat die lesers van die blog dink ek raak diep en het dalk gay neigings, wel Uncle Lionel het ‘n draai in SA kom maak en daar was geen manier hoe ek hom sou mis nie.  Hy was hier die 24ste November 2008 op my voorstoep.  Wat ‘n plesier was dit nie.

Ek het elke oomblik geniet.  Daar was natuurlik baie tannies, 20 jaar my senior wat opgedons was en almal gehoop het hulle is die volgende Diana Ross saam met wie Lionel “Endless Love” sal sing.  Vandat hy egter op die verhoog gekom het was dit een groot “karaoke”.  Dit was ongelooflik.  Daar was “never a dull moment”.  Absoluut die moeite werd.  Fantasties! Ek sal hom elke keer gaan kyk.  Hy het baie van sy liedjies nie gedoen nie, maar het almal probeer doen.  Dit was ‘n belewenis. 

Ek dink nie ek sal ooit weer ‘n lewendige konsert bywoon nie, ek dink die standaard wat hy gestel het is te hoog.  Voorwaar ‘n musiek legende. 

‘n Ondervinding om te onthou vir die res van my lewe.