17 October 2007

Die Underground

Ek voel sommer soos 'n lekker neut. Het vanoggend op die verkeerde trein gespring by New Eltham.


Wetie rerig wat ek gedink het nie. Ek dog eers, maar my, die trein laat loop mos vandag! Vandag is ek eerste by die werk, voor die res van die team. Brownie points vir die nuwe joiner! Maar...nee. Ek sien toe die outjie stop nie by Lewisham nie - Okay, ek sal by London Bridge afklim. Ek sien toe die outjie stop ook nie by London Bridge nie - Dis toe dat ek daai gevoel kry van jy weet jy is in die poe, maar jy kan net mooi okkol daaraan doen.

Die eerste plek waar ek kon afklim was toe Waterloo East station. My kaartjie was net geldig tot by Lewisham, so ek was 'n illegal alien op die trein. Ek sien toe daar voor is knape wat die tickets check en draai toe maar om, want ek wil nie uitgevang word nie. Toe besluit ek, ek gaan so in die middel van die mense probeer deurkom om 'n ander kaartjie vir terug te gaan koop. Miskien check hulle nie al die tickets nie? Miskien doen hulle net so spotcheck? Ek sweef toe deur die mense om myself so in die middel te stasioneer, omring deur ander haastige mense wat ook oppad werk toe is.


My gesig moes seker skuldig gelyk het, want voorwaar - Hulle keer my voor. 'Sir, your ticket?' Eish, uitgevang! Ek probeer toe verduidelik dat ek op die verkeerde trein geklim het en wys my geldige kaartjie vir die ander stasie. Maar aikona, hulle wil niks weet nie. Eintlik net die een vrou, haar kollegas sĂȘ toe vir haar sy moet dit los. £20 fine, sommer op die spot. Eish alweer, dit maak seer. Gee toe maar my kaart dat hulle my kant van die bank debiteer, want ek kon sien die antie issie lus vir speletjies nie.

Toe verduidelik hulle vir my die pad na die naaste underground toe en toe klim ek op die Jubilee Line Canary Wharf toe, die plek waar ek werk. Goeie bliksem, het nog nooit so gepakte tube gesien nie!

Die foto hierbo is nie eers naby hoe dit gelyk het nie. Die ouens buig sommer so by die deure om in te kom. En ja, toe is Blinkmeneer Garlic van gisteraand hier in my gesig. Met 'n snotneus ook nog daarby. So, die man het nie asem nie, en dit wat hy het blaas hy sommer som met 'n gesuis hier in my gesig. Die erg ding van die trein, DLR en die tube in spitstyd is dat niemand afklim langs die pad nie. Almal neuk na dieselfde plek toe, gewoonlik die plek waarheen jy ook gaan.

Maar nou ja. Was so uur laat vir werk. Hulle het darem verstaan, dit het al met almal gebeur.

1 comment:

Anonymous said...

Ai SW jammer man! Nice to hear from you though!