28 April 2009

MONTZINGER MANIA

Vir almal wat gereeld die blog lees moet ek bieg dit is nou al geruime tyd sedert ek laas 'n inskrywing gemaak het. Wel daar het so baie gebeur sedert my laast blog dat ek met hierdie blog gaan probeer om 'n opsomming te gee van waarmee ons besig was die afgelope tyd:

1. HONDE
Wel MAXIMUS en ZENA het intussen baie groter geword en hier is 'n meer onlangse foto van die twee makkers. Candcie se katjies: TROY en OSCAR, katte, het intussen ook redelik lyf aangesit en "watch this space" vir 'n updated foto. Ons moet hulle nog eers in die kamera gepas kry. Hulle vreet ons uit die huis uit.



2. BURGER FIETSTOER: (2 de jaar in 'n ry)



3. ONS WAS VIR LENTE 2008 IN CALVINIA

Die blomme was nie so mooi nie aangesien ons so 'n week of wat te laat was. Was egter steeds die moeite werd.

4. KERSFEES 2008 IN CALVINIA


Ek was alleen vir Kersfees 2008 in Calvinia. Dit is altyd lekker. En soos gewoonlik het ons die tradisionele krieketwedstryd gespeel tussen die "ou manne" en die "jong manne". Watse prĂȘt was dit nie!

6. PIKETBERG

Vir ons 1ste huweliksherdenking was ons in Piketberg. Wat 'n pragtige uitstappie was dit nie. Die honde kon swem, ons kon relax en die uitsigte was asemrowend verby.


7. DIE ARGUS

Ons het weer die Argus gedoen. Dit toestande was egter so sleg hierdie jaar dat ons amper dood was. Daar was nie eers tyd om foto's te neem nie. Dit was 'n reis van die hel af.

8. VRYSTAAAAAAAAAAAAAAAAAAAT!

Hierna was dit in die opel corsa om die Vrystaat aan te pak. Ons het eers gekuier by Parys, waar ons lekker gekuier het en daarna was ons oppad Harrysmith toe. Hier is enkele foto's van ons langafstand trippie.

So het daar dus baie by die Montzingers gebeur. 2009 beplan ons om nog meer vol aksie te wees. "WATCH THIS SPACE".


No comments: