07 September 2007

ATTIE SE PYNGEDAGTES 07/09/2007



7 SEPTEMBER 2007
Volume 1 Uitgawe 1

In hierdie uitgawe

LOSLIT GIRL VAN DIE WEEK.

DIE NAWEEK EN DIE WEEK WAT VOORLÊ

Daar is ‘n gevoel van opgewondenheid in die lug. Almal is in afwagting op die werêldbeker. Vanaand is die afskop van die 3de grootste globale sportgebeurtenis op aarde. Ek kan nie meer wag nie en ek is seker almal het al hul biltong voorraad aangevul, die koue bier in die yskas gesit, ‘n paar steaks laat ontdooi en is gereed vir die okasie.
Die manne wat getroud of girls het, berei jou voor vir ’n tydperk waar jou verhouding bietjie ‘n "“dip" gaan vang. Hier is my voorspellings vir die week wat voorlê:
‘n Begeesterde Frankryk, voor hul tuisskare, behoort te goed te wees vir Argentina. New Zealand vs Italië gaan ’n baie moeiliker game vir die All Blacks wees as wat almal dink. Italië se rugby is vinnig besig om groot spronge te gee en is oppad om een van die dae saam met die groot name koffie te kan drink. Die Aussies en Japan is ’n mismatch, moet egter nie ’n honderdtal verwag nie, Japan is "groter” as dit’! Engeland behoort aan die begin te sukkel teen Amerika se groot forwards, maar behoort die game maklik af te sluit. Wallis en Kanada is die grootste kans vir ’n upset, Wallis sukkel maar deesdae. Bokke teen Samoa gaan one way traffic wees. Al hoogtepunt vir Samoa is dat Brain Lima die rekord het vir die meeste (5) wereldbekers. Skotland behoor Portugal
maklik te oorrompel en Ierland behoort ’n goeie opwaringsgame teen Namibië te hê. Argentina behoort vir Georgia Dinsdag pak te gee en res van die week se wedstryde is maar ‘n baklei tussen die klien unies. Japan en Fiji Woensdag behoort egter ‘n opwindende game te wees.

Volgende week kyk ook na tips hoe om die werêldbeker te geniet en steeds ‘n verhouding te hê.


Geniet die wereldbeker manne. Dit is lekker.

ANDER HOOGTEPUNTE

Die krieket skop ook af en Suid Afrika behoort maklik die Windies se gat te skop. Verwag geen verrassings in die ander games nie. Die interresante games is eers die week daarna. Alhoewel ons altyd verloor teen die Wes Indiese eilande in die groot games is ek seker ons gaan hulle maklik vat.

Rodger Federer behoort ‘n tawwe game teen Novak Djokovic te hê, maar behoort voort te gaan met sy dominering van werêld tennis. Venus Williams behoort te sterk te wees vir Justine Henin en uiteindelik die titel te vat. Kimi Raikkonan sal in Italië die checkered flag vat.

Vrystaat gaan steeds onoorwonne bly, die WP gaan weer verloor (ek gaan maar volgende jaar vir die Valke skree) Die Bulle behoort ook te sukkel teen die Leeus.

Wat ’n naweek!



ONTHOU:


· Is goed as jy en jou vrou een keer ‘n maand uitgaAN: SY NA HAAR MA — HULLE EN JY NA ‘N PUB TOE

· NIKS IS SO ERG NIE

· HAAT AL DIE AUSSIES

· SKREE WP

· VRA ALTYD JOUSELF: HOE SAL DIT MY LAAT VOEL?

· TEL JOU SEENINGE

2 comments:

Mila said...

Die prentjies is mooi, maar hou net in gedagte my ma kyk ook na ons blog.

Ek sien uit na die volgende uitgawe!!

Anonymous said...

mmmmm no comment! I think some of you are getting out of hand!