Na ek vir my ‘n polar fleece top by die Jeep winkeltjie gekoop het en Estelle ‘n oulike rugsak by Handy Bags gekry het is dit tyd om ons ander gunstelling plek in Dullstroom te besoek. In ‘n plek waar tyd nie saak maak nie is daar tog 2 baie belangrike tye om te onthou. 10:30 en 14:30, want dis wanneer die “Birds of Prey” hulle ‘Flying Displays’ het en dis iets wat mens net nie kan mis nie. Mense vertel my hulle was in Dullstroom en as ek hulle vra dan sê hulle, nee, hulle weet nie van die ‘Birds of Prey Centre’ nie. Wel, dan’s ek jammer, maar dan was jy nog nie regtig in Dullstroom nie. ‘Birds of Prey’ is omtrent ‘n kilometer buite Dullstroom, net voor jy Dullstroom binnekom van Belfast se kan af. Jy sal hulle borde sien en dan vat jy ‘n kort stukkie, seker 500m, grondpad en dan’s jy daar.
29 May 2009
Dullstroom
Na ek vir my ‘n polar fleece top by die Jeep winkeltjie gekoop het en Estelle ‘n oulike rugsak by Handy Bags gekry het is dit tyd om ons ander gunstelling plek in Dullstroom te besoek. In ‘n plek waar tyd nie saak maak nie is daar tog 2 baie belangrike tye om te onthou. 10:30 en 14:30, want dis wanneer die “Birds of Prey” hulle ‘Flying Displays’ het en dis iets wat mens net nie kan mis nie. Mense vertel my hulle was in Dullstroom en as ek hulle vra dan sê hulle, nee, hulle weet nie van die ‘Birds of Prey Centre’ nie. Wel, dan’s ek jammer, maar dan was jy nog nie regtig in Dullstroom nie. ‘Birds of Prey’ is omtrent ‘n kilometer buite Dullstroom, net voor jy Dullstroom binnekom van Belfast se kan af. Jy sal hulle borde sien en dan vat jy ‘n kort stukkie, seker 500m, grondpad en dan’s jy daar.
08 May 2009
Pofadder
- Laat die slagoffer dadelik lê.
- Pobeer om hom/haar te kalmeer en te laat ontspan.
- Bly self kalm, daar sal genoeg tyd wees.
- Gebruik ‘n verband om die arm of been wat gebyt is mee te verbind.
- Begin by die plek waar die byt was en werk opwaarts.
- Moet nie enige kledingstukke probeer uittrek nie, mens wil juis hê die slagoffer moet so min as moontlik beweeg anders versprei die gif vinniger.
- Verbind die arm of been so styf soos wat mens dit vir ‘n geswikte enkel sou doen.
- Stewig, maar nie so dat dit bloedsomloop afsny nie.
- Mens dink gewoonlik jy moet 'n tou om die arm of been bind, maar 'n verband om die hele been of arm van die bytplek af boontoe is beter.
- Voeg ‘n spalk by sodat die arm of been nie kan buig of beweeg nie.
- Moet nie die byt area masseer of vryf nie.
- Moet nie die verband afhaal todat jy by die hospitaal is nie.
- Maak ‘n nota van die tyd wat die byt gebeur het. Dit help dokters om die vordering van die gif te bepaal.
- Verwyder ringe, horlosies, ens. want swelling kan daartoe lei dat sulke objekte groot pyn veroorsaak.
- Hou die slagoffer so stil as moontlik en ry hospitaal toe. Met ‘n Kaapse Kobra wil jy so gou moontlik daar kom, maar andersins het jy bietjie tyd en is dit beter om veiliger te probeer ry.
- Onthou dat skok altyd teenwoordig is met slangbyte en dat dit amper gevaarliker is as die slanggif self.
- Probeer die slagoffer kalm hou.
28 April 2009
MONTZINGER MANIA
Die blomme was nie so mooi nie aangesien ons so 'n week of wat te laat was. Was egter steeds die moeite werd.
4. KERSFEES 2008 IN CALVINIA
6. PIKETBERG
Vir ons 1ste huweliksherdenking was ons in Piketberg. Wat 'n pragtige uitstappie was dit nie. Die honde kon swem, ons kon relax en die uitsigte was asemrowend verby.
7. DIE ARGUS
Ons het weer die Argus gedoen. Dit toestande was egter so sleg hierdie jaar dat ons amper dood was. Daar was nie eers tyd om foto's te neem nie. Dit was 'n reis van die hel af.
8. VRYSTAAAAAAAAAAAAAAAAAAAT!
Hierna was dit in die opel corsa om die Vrystaat aan te pak. Ons het eers gekuier by Parys, waar ons lekker gekuier het en daarna was ons oppad Harrysmith toe. Hier is enkele foto's van ons langafstand trippie.
So het daar dus baie by die Montzingers gebeur. 2009 beplan ons om nog meer vol aksie te wees. "WATCH THIS SPACE".
19 April 2009
Paasnaweek in Parys
Attie en Candice het hulle toer noord al Donderdag begin en halfpad oorgeslaap. Vroeg Vrydagoggend het 'n sms deurgekom om te laat weet dat hulle weer op die pad is. Na 'n besige week het ek en Estelle eers Donderdagaand al die kampgoed bymekaar gekry en Vrydag is ons so 10:00 uit Johannesburg. Die ergste stormloop uit Johannesburg was toe al verby en ons kon op ons tyd die N1 suid aanvat.
Mila was eerste daar en het solank die administrasie afgehandel. Ons was kort op hulle hakke en teen 12:00 het ons begin tente opslaan. Mila se nuwe tent is 'n 'beaut'! Hy en Sunè het nog nie voorheen alleen die tent opgeslaan nie en vir 'n eerste keer het hulle nie sleg gedoen nie. Attie-hulle het Vrydagmiddag so 15:00 se kant daar uitgeslaan.
Smilin'Thru is die kampplek waar ons gekuier het. Die plekkie is so 10 km noord van Parys, langs die vaalrivier. Ek moet sê ek was nie beïndruk met die plek nie. Ons het laat geboek en het nie hoë verwagtinge gehad nie, maar die webblad, www.smilinthru.co.za was bedrieglik. Die fotos wys die hotel en swembad area en dis omtrent al wat regtig aanvaarbaar was. Ek wil nie die plekkie heeltemal afkraak nie, want dit het potensiaal, maar alles is baie oud. Die ablusie blokke lyk of dit voorheen ou perde stalle was en dis een ding waaroor ek baie vol nonsens is as ek kamp. Die ablusie blok moet skoon wees en skoon vertoon. Al het die personeel die plek gedurig probeer skoon hou, het dit nooit skoon vertoon nie. Die storte is oud en dit lyk vuil. Ek het gesê ek sal gaan stort sodra ek vuiler is as die ablusie blok.
Daar was ook nie veel om te doen nie, net 'n baie ou mini-golfbaan, springmat en die swembad, maar ook meestal vir die kinders. Mila het sy stokke saamgebring en teen skemer het Attie 'n kleintjie ingetrek, maar die rivier is nie baie diep daar nie en dit was dus ook die laaste een vir die naweek.
Die plek het egter uit sy nate gebars en die elektrisiteit het kort-kort uitgeskop oor dit so oorlaai was. Honderde mense wat net kom om te kamp? Daar's nie veel anders om te doen nie en die aktiwiteite op die webblad verwys na aktiwiteite in die Parys omgewing, nie by die kampplek self nie. Daar is byvoorbeeld geen 'Hiking Trail' nie, jy kan glo jou eie maak as jy wil.
Ten spyte van die plek het ons 'n baie lekker naweek gehad. Ons kon elke aand tot laat kuier en dan laat slaap in die oggende. 'n Pluspunt vir die kampplek is die bediendes wat aanbied om mens se skottelgoed vir jou te was. Die vrouens het dit baie waardeer. 'n Boedie kuier word ook nie bepaal deur die plek nie, maar die lekker gesels en saam kuier. Ons het mekaar lanklaas gesien en dit was lekker om weer op te vang en te hoor hoe dit met almal gaan. Kan weer nie wag vir die volgende kuier nie.
07 February 2009
Boedie in Brazil, Rio de Janeiro
Ek het begin uitvind oor Rio en was geskok om te sien dat Rio geklas word as een van die gevaarlikste stede in die wêreld. Die internet is vol van stories oor die 'favelas', Portugees vir wat ons 'n lokasie noem. Stories van gemiddeld 13 moorde 'n dag en van die 'drug gangs' wat teen die militia oorlog voer. Traveller's tips soos dat mens jou geld in jou onderbroek moet dra, glad nie 'n kamera moet vat nie en basies moet 'leopard crawl' as jy enige plek buite jou hotel gaan. Wat 'n klomp stront! Dis glad nie so erg nie, of laat ek eerder veilig wees en sê, dat dit vir my glad nie so erg was nie. Ek het eers gewonder of ek my kamera gaan saamvat, maar toe gereken dat dit dalk my enigste keer ooit in Rio is en dat ek nie die kans kan laat verby gaan nie. Ek moet erken ek was effens 'nervous' met my kamera by my, maar die 'great' fotos wat ek huis toe gebring het maak definitief op daarvoor. Rio, in my opinie is niks meer gevaarlik as Johannesburg of Kaapstad nie. Mens moet net nie 'stupid' wees nie, dan sal jy 'fine' wees.
Saterdagoggend het ek vroeg wakker geword. Die tyd verskil tussen Suid Afrika en Brazil is 4 ure, en my natuurlike klok het gedink dit moet al lig wees buite. Ek het na die 23ste vloer van die Everest Rio Hotel, waar ons gebly het gegaan en fotos van die sons opkoms geneem. Die 'view' van die boonste vloer is ongelooflik. Aan die een kant was Ipanema strand en aan die ander kon mens 'Christ the Redeemer' (of in Afrikaans, 'Christus die Verlosser' ) sien.
Twee van my baas se vriende en hulle metgeselle het ons 10:00am kom oplaai en ons is deur die stad na die 'Sugarloaf' berg toe. Die gewilde landmerk in Rio word so genoem omdat dit die vorm van 'n gekonsentreerde suiker blaar aanneem. Ons is met die kabelkarretjie tot bo, van waar ons die stad en veral Ipanema en Copacabana se strande in al hulle glorie kon bewonder en afneem. Dis ook hier waar ek my eerste helikoper vlug ooit gehad het. Ons is met die helikopter van die 'Sugerloaf ' berg af oor die stad na 'Corcovado' berg waarop die Jesus beeld staan. Die helikopter het al om die beeld gevlieg sodat ons fotos uit 'n baie ongewone hoek van 'Christ the Redeemer' kon neem. Ek was weereens vrek benoud, maar het dit terselfde tyd vreeslik geniet. Dit was regtig 'n 'great' ervaring. Ons is al eers langs, Ipanema en toe Copacabana strand terug na die plek waar ons geland het.
Sondagoggend het ons langs die ongelooflike strande van Ipanema tot aan die einde van Copacabana gestap. Gelukkig het ons vroeg begin, want dit het gou baie warm geraak. Ipanema, die area waarin ons gebly het die week, is een van die ryker dele van Rio en Ipanema strand is deur die 'Travel Channel' gekies as die sexy'ste strand in die wêreld. Elke oggend en elke aand draf fikse lywe op en af langs die strand en op die sand speel honderde jong mense sokker en volleyball. (Attie jy sou dit ge'love' het!) Copacabana is 'n 4km strand met net soveel lywe en Brazilliaanse girls in hulle bekende skrapse bikinis is oral. Wat 'n fees vir die oog! :-) Ek het reeds vir Estelle gesê dis te gevaarlik om haar saam te vat Rio toe, nie omdat die misdaad so erg is nie, maar oor sy my dalk net sal vang loer na die girls op die strand.
Sondag namiddag is ons weer na Ipanema se strand en is ons beloon met 'n 'spectacular' sonsonder, wat alles letterlik in goud verander het. Almal het met verwondering in die rigting van "Dois Irmãos" (Die twee broers), 'n berg met twee pieke, gegluur. Uiteindelik het almal uit waardering willekeurig begin handeklap. Dit was regtig uitstekend. Op die strand het ons coconut melk gedrink wat ons by die verkoper in die strandkiosk gekoop het. Hy kap die coconut met 'n tipe van 'n panga, mens druk 'n strooitjie in en as dit lekker koud is, is daar niks lekkerder na 'n lang stap op die strand nie. Ons het ook "Caipirinha", Brazil se nationale drankie, gedrink. Dis 'n mengsel van vodka met lemmetjie (lime), suiker en ys. Glad nie sleg nie, maar 'potent'. Mens voel sommer hoe skop hy. Ek sal matigheid voor oë aanbeveel.
Die res van die week het ons 'n maatskappy in die middel van Rio se middestad besoek. Dit was netso interressant om die verskil in kultuur in die werkplek te beleef. Die maatskappy het beste plek om voor te werk in Brazil gewen, maar mense sit soos batteryhoenders met minimum persoonlike ruimte en is doodgelukkig om net te kan werk. Daar was egter ook hulle korporatiewe universiteit, waarmee hulle hul mense op die voorpunt van die nuutste tegnologie hou, die manier waarop hulle die beste studente in Brazil werf om vir hulle te kom werk en die algehele kultuur in die maatskappy, wat ons baie beïndruk het. Ons hoop om in die toekoms nouer met hulle te kan saamwerk.
Ek is op die ou-ent gevra om 'n dag langer te bly, maar het nie omgegee nie, oor ek Rio so geniet het. Ek sien sommer nou die mense van Brazil in 'n ander lig en het vir my en Estelle elkeen 'n Brazil ondersteuners T-Shirt gekoop, want volgende jaar met die 'World Cup' skreeu ons vir Brazil!
04 February 2009
Baabaas op Wembley
Ons was in Desember Wembley toe om die Barbarians teen die Aussies te gaan kyk. Hier is so paar kiekies van die stadion en die game.
Dit was leeukoud daai aand en die ruggas was maar aan die flou kant. Mens kon sien die Baabaas het nie baie saam geoefen nie en Francois Steyn het sekerlik een van sy swakste games ooit op losskakel gehad. Dit was asof hy alleen die Aussies tot oorgawe wou dwing, maar o wee...
Wembley stadion is 'n ongelooflike plek. Dis die tuiste van Engelse sokker en dis nogal 'n pragstuk. Ek hoor hulle gaan een van die dae EUFA ook daar speel.
Was 'n lekker tyd saam met Matt, Pieter en Fortuni.