28 September 2007

Wilder as die Wildtuin!!

Na ek en my pa en later ek en die Boedies die winter lekker gaan jag het, het Estelle daarop aangedring dat ons iewers heen gaan vir ‘n langnaweek. Toe ons die nuwe kar kry het ons altwee begin jeuk om iewers heen te gaan en Estelle het toe vir ons plek in die wildtuin bespreek. Ons het gekyk vir een van daai ingeboude tente wat mens by Lower Sabie kan kry, maar dit was vol bespreek. Ons het toe maar besluit om weer met ons eie tent te gaan.
Nadat ons nou al genoeg kere in die langnaweek verkeer van die wildtuin af gesit het, het ons besluit ons maak eerder ons eie langnaweke waneer dit ons pas en daar nie so baie verkeer is nie. Ook maar goed, want hulle werk aan die pad tussen Witbank en Nelspruit en met langnaweek verkeer kan dit nie pret wees nie.

T1D3 Lions 02

Ons is die Vrydag oggend vroeg hier weg en teen 8:00am het ons al ons tradisionele Malelane Wimpy ontbyt sit en eet. Ek het ook heel toevallig vir Regard Meyer wat saam met die Boedies in Patria was daar raakgeloop en net so vinnige geselsie gemaak. Dit was seker so 9:00 of 10:00am toe ons begin tent opslaan. Daar was wolke in die lug en dit het gelyk of dit enige tyd gaan begin reën, maar gelukkig is ek en Estelle nou al soos ‘n formule 1 pit span as dit kom by tent opslaan. Na ons gesig gewas het is ons uit by Lower Sabie in die rigting van Skukuza en dit was ook nie lank voor ons leeus gesien het nie. Dit het amper onregverdig gevoel om so vinnig al leeus te sien. ‘n Jong mannetjie en ‘n paar wyfies wat al agter ‘n buffel aan is. Die buffel is later na die rivier s kant toe en die leeus het al langs die pad geloop.
Vrydagaand het ons saam met ‘n paar ander Suid Afrikaners in die middle van die Kruger Wildtuin gesit en gekyk hoe die Springbokke die Engelse se gatte skop in hulle wêreld beker rugby wedstryd. Ek kon seker nie meer trots Suid Afrikaans gevoel het nie.

T1D1 Lion 01

Saterdag is ons vroeg uit die tent om te kyk wat ons kan sien. Die beste tyd in die wildtuin is vroeg in die oggend en net voor die hekke toemaak in die middag. Dis net jammer altwee die tye gaan so gou verby. Mens kan die mooiste fotos neem as die son so laag sit. Ons het weereens skoonpa se kamera en sy GPS geneem om fotos te neem en dit dan op die regte plek op Google Earth te plot. My en Estelle se vorige blog wat ons op die “Google Earth Community” se webblad geplaas het, is deur meer as 300 mense afgelaai en is toe deur Google Earth opgeneem in hulle “Best of Google Earth Community Layer”. Iets waarop ek baie trots is. Julle kan gerus die links aan die einde van my post kliek om ons te ondersteun en ook sommer te sien hoe dit lyk. Ek het dan ook die keer ‘n post op hulle blad geplaas sodat ek maklik ‘n paar van ons beter fotos met die res van die Google Earth gemeenskap kan deel.

T1D2 Rino 02

Die renoster op die prent hierbo het ons die Saterdag op die pad tussen Crocodile Bridge en Lower Sabie afgeneem en eers toe ons die aand die fotos van die kamera af oorplaas op my ‘laptop’ het ons gesien dat daar ‘n yslike gat in sy kop is. Estelle wou dit nie net so los nie en het by die kamp se ontvang die wildbewaarder van Crocodile Bridge se nommer gekry en hom vertel wat ons gesien het. Hy het gesê dat dit die resultaat van ‘n geveg tussen die bulle kan wees, maar dat dit op ‘n snaakse plek sit en dat hy later sal gaan kyk of hy iets kan sien. Dit is ongelooflik hoeveel wild jaarliks in die Kruger onwettig gejag word en daarom wonder mens altyd as jy ‘n gewonde dier sien of dit van natuurlike oorsake is of nie.
Sondag was dit vrek warm in die wildtuin. Dis net na die winter en oom Paul se plaas is regtig baie droog en leeg geëet. Teen 10:00am was die reeds 35 grade en ons kon nie ander as om eers onder ‘n boom in te trek en te rus nie. Estelle het lê en snork langs my, soveel dat selfs die Impalas op hul senuwees gelyk het, terwyl ek brandwag moes speel en my boek gelees het. Ons is later die middag verby die Nhlanganzwane dam. Die dam is my en Estelle se gunsteling watergat waar ons al deur Hippos gejaag is en deur ‘n trop buffels omsingel is. Die keer kon ons nie na die dam toe ry nie omdat hulle die pad gesluit het. Die dam was ‘n mens gemaakte dam en omdat daar teveel Hippos ingetrek het, het dit die water vergiftig en het hulle geen ander keuse gehad as om die dam toe te stoot nie. Dis regtig jammer omdat mens gereeld daar wild kon sien drink. ‘n Paar van die fotos in ons Januarie Google Earth post is juis by die watergat geneem.

T1D4 Lion Cubs

Op die oggend van die laaste dag het on seers ‘n paar leeu welpies gesien en later, net voor ons terug is Lower Sabie toe hierdie luiperd. Dis maar die derde keer dat ons gelukkig genoeg is om ‘n luiperd te sien. Die een het in ‘n boom geklim waaronder daar later ‘n paar Impalas deur is. Hy het hulle doodstil sit en dophou, maar eers na hulle ‘n entjie weg is het hy besluit om aft e klim en is hy agter hulle aan. Die gras was te lank en na ‘n ruk het hy in die veld in verdwyn.

T1D4 Leopard

Ons het dit weereens baie geniet en die nuwe kar was vol stof toe ons terug is. Volgende keer gaan ons probeer om in die meer sentrale deel van die wildtuin te bly met die hoop om die skaarser wilde honed, haynas en jagluiperds te sien. Wildtuin vakansies bly die beste manier van vakansie hou!

Google Earth Community Links:
January Blog: http://bbs.keyhole.com/ubb/showflat.php/Cat/0/Number/748543
September Blog: http://bbs.keyhole.com/ubb/showflat.php/Cat/0/Number/1007815

Ondersteun ons Google Earth posts deur op die volgende links te kliek:
January Google Maps:
http://maps.google.com/maps?q=http://bbs.keyhole.com/ubb/download.php?Number=748543&t=k&om=1
September Google Maps:
http://maps.google.com/maps?q=http://bbs.keyhole.com/ubb/download.php?Number=1007808&t=k&om=1

07 September 2007

ATTIE SE PYNGEDAGTES 07/09/2007



7 SEPTEMBER 2007
Volume 1 Uitgawe 1

In hierdie uitgawe

LOSLIT GIRL VAN DIE WEEK.

DIE NAWEEK EN DIE WEEK WAT VOORLÊ

Daar is ‘n gevoel van opgewondenheid in die lug. Almal is in afwagting op die werêldbeker. Vanaand is die afskop van die 3de grootste globale sportgebeurtenis op aarde. Ek kan nie meer wag nie en ek is seker almal het al hul biltong voorraad aangevul, die koue bier in die yskas gesit, ‘n paar steaks laat ontdooi en is gereed vir die okasie.
Die manne wat getroud of girls het, berei jou voor vir ’n tydperk waar jou verhouding bietjie ‘n "“dip" gaan vang. Hier is my voorspellings vir die week wat voorlê:
‘n Begeesterde Frankryk, voor hul tuisskare, behoort te goed te wees vir Argentina. New Zealand vs Italië gaan ’n baie moeiliker game vir die All Blacks wees as wat almal dink. Italië se rugby is vinnig besig om groot spronge te gee en is oppad om een van die dae saam met die groot name koffie te kan drink. Die Aussies en Japan is ’n mismatch, moet egter nie ’n honderdtal verwag nie, Japan is "groter” as dit’! Engeland behoort aan die begin te sukkel teen Amerika se groot forwards, maar behoort die game maklik af te sluit. Wallis en Kanada is die grootste kans vir ’n upset, Wallis sukkel maar deesdae. Bokke teen Samoa gaan one way traffic wees. Al hoogtepunt vir Samoa is dat Brain Lima die rekord het vir die meeste (5) wereldbekers. Skotland behoor Portugal
maklik te oorrompel en Ierland behoort ’n goeie opwaringsgame teen Namibië te hê. Argentina behoort vir Georgia Dinsdag pak te gee en res van die week se wedstryde is maar ‘n baklei tussen die klien unies. Japan en Fiji Woensdag behoort egter ‘n opwindende game te wees.

Volgende week kyk ook na tips hoe om die werêldbeker te geniet en steeds ‘n verhouding te hê.


Geniet die wereldbeker manne. Dit is lekker.

ANDER HOOGTEPUNTE

Die krieket skop ook af en Suid Afrika behoort maklik die Windies se gat te skop. Verwag geen verrassings in die ander games nie. Die interresante games is eers die week daarna. Alhoewel ons altyd verloor teen die Wes Indiese eilande in die groot games is ek seker ons gaan hulle maklik vat.

Rodger Federer behoort ‘n tawwe game teen Novak Djokovic te hê, maar behoort voort te gaan met sy dominering van werêld tennis. Venus Williams behoort te sterk te wees vir Justine Henin en uiteindelik die titel te vat. Kimi Raikkonan sal in Italië die checkered flag vat.

Vrystaat gaan steeds onoorwonne bly, die WP gaan weer verloor (ek gaan maar volgende jaar vir die Valke skree) Die Bulle behoort ook te sukkel teen die Leeus.

Wat ’n naweek!



ONTHOU:


· Is goed as jy en jou vrou een keer ‘n maand uitgaAN: SY NA HAAR MA — HULLE EN JY NA ‘N PUB TOE

· NIKS IS SO ERG NIE

· HAAT AL DIE AUSSIES

· SKREE WP

· VRA ALTYD JOUSELF: HOE SAL DIT MY LAAT VOEL?

· TEL JOU SEENINGE

11 August 2007

30 July 2007

Sterkte in London!!

Toe ek die twee van hulle so langs die braaier sien Saterdagaand het ek besef dat dit 'n baie langtyd gaan wees voor Mila en Schalk weer so sal staan en braai en kuier, want hierdie is die laaste braai wat ek en Mila saam met Schalk sal hê voor hy, Elzna en Will London toe gaan. Ek gaan die vinnige kuiertjies mis en die kere wat jy van Potch af gekom het en gou gestop het vir koffie. Ek het jou al gesê ek wil nie hê jy moet gaan nie, maar dat ek dit sê vir selfsugtige redes, want ek wil nie hê die kuiers moet opraak nie.
Ons gaan julle mis, dis verseker. Ek kry 'n knop in my keel hier waar ek sit en tik. Jy's, soos Mila gesê het, 'n broer vir ons, een met wie mens kan praat oor die dinge in die lewe. Een waarvoor mens kan raad vra, verby wie mens idees kan hardloop en weet jy gaan 'n eerlike opinie kry. Ek gaan jou mis Schalk, ek gaan die kuiers mis en die bier by News Cafe en ons gaan jou veral mis as die Boedies kuier en julle nie daar kan wees nie. Ons gaan julle mis, maar die Boedies weet hoekom jy die besluit geneem het en ons weet dit was nie 'n vinnige besluit nie. Ons het saam met jou geredeneer oor London en so ons verstaan jou redes. Daarom bid ons dat die Here julle sal sëen, dat hy julle sal lei en dat julle drome in London sal waar word. Mag julle 'n suksesvolle en gelukkige tyd daar deurbing en mag julle elke oomblik daarvan geniet.
Eending kan jy verseker weet, die Boedies is en sal altyd 100% agter julle staan. Sterkte in London, Boet!


Boedies voor met Currie Beker Superbru.


Die spanning raak net al groter in die Currie Beker Superbru kompetisie, veral na die Boedies die naweek 'n goeie vertoning gelewer het wat hulle voor geplaas het in vanjaar se kompetisie. Meeste van die Boedies het "Grand Slam" punte gekry en 'n paar goeie voorspellings het hulle die nodige hupstoot gegee om die voortou the neem.

Die drama loop hoog en groot druk heers nou op die Boedies om hulle nuutgewone eersteplek te behou. Kyk volgende week om te sien of die manne die naweek hulle voorsprong kon behou.

26 July 2007

Jagfoto neem critici op hol

Die Boedies het in Julie gaan jag. Soos dit enige aspirant fotograaf betaam, was veral twee van die Boedies gereeld soek na die volgende fotogeleentheid.

Een van die geleenthede het hom voorgedoen nadat ons almal so paar skote geskiet het om weer gewoond te raak aan die geweer. Dit is altyd nodig voor die grootwildjagters die bos vat.

Hier is die foto:



Ons het 'n gerespekteerde fotokenner en fotonemer van formaat gevra om sy opinie uit te spreek oor wat hy in die bostaande foto alles kan waarneem. Sy naam kan ongelukkig nie hier bekend gemaak word nie uit vrees vir 'n vloedgolf van versoeke wat defnitief na sy kant toe sal kom na die onderstaande woorde.

Hier volg sy weldeurdagte, goed bewoorde antwoord:

Mooi abstrakte tipe skoot met 'n storie. Ek hou daarvan. Tegnies? Sy diepte van veld is ietwat uit, aangesien die voorste dop effens "sag" is. Ek hou van sy komposisie - begin in 'n sterk hoek, links onder en lei die oog in die foto in na regs bo (mense lees oor die algemeen van links na regs). Ek hou ook van die lang skaduwees en die tekstuur op die tafel. Na my mening 'n geslaagde foto!

Mooi so manne, hou aan met die goeie werk!

24 July 2007

Boedies eindig derde in internasionale 3 Nasies Superbru.


Ek het vroeër berig dat die Boedies kookwater spel lewer in die 3 Nasies Superbru kompetisie by http://www.superbru.com/ en die afgelope naweek was dit dan ook die finaal van die 3 Nasies. Al het die Springbokke nie met di beker weggeloop nie, het dit nie die Boedies gekeer om skitterend te eindig met 'n globale derde plek nie. Om derde te eindig in 'n kompetisie waaraan daar 1041 spanne deelgeneem het is voorwaar eerste klas.

Tans is die Boedies juis hard besig om mekaar die stryd aan te sê in die Currie Beker Superbru kompetisie. Intern is dit 'n vuurwarm stryd wat gelei word deur Skalla met 22.5, gevolg deur Mila wat staan op 20.5. Kort op hulle hakke is Stella met 18.5 punte in die sakkie en hard aan die werk Attie 16 punte. As ek my somme reg pomp dan is die verskil tussen die voorloper en die agter os op die oomblik 'n noue 6.5 punte en enige iets is nog moontlik. Deelnemers kry 1 punt as hulle kan raai watter spen 'n wedstryd wen, 0.5 punte as hulle binne 5 punte van die telling kan raai en die deelnemer wat die naaste aan reg is loop weg met die bonus punt. Daar is ook "Grand Slam Punte" wat 1 punt ekstra is vir spelers wat al die spanne wat gaan wen oor 'n naweek reg raai.


Buiten vir die interne stryd is daar dan ook die globale stryd wat die Boedies as span teen die res van die wêreld se spanne speel en verbasend goed vaar. Huidiglik beset die Boedies die 4de plek op die Currie Beker Superbru ranglys waar hulle teen 724 ander spanne kompiteer. Die spanning neem toe soos wat die Currie Beker kompetisie al nader aan die finaal kom en ons kan maar net wag en sien wat die Boedies met die een sal maak.